SMS'e vir 4 Maart 2019
SMS'e vir 4 Maart 2019

SMS'e vir 4 Maart 2019

". . . werk aan die toekoms."
Mandy Rittmann
Meme Soufie van Swapo hou nie van kaalgeit(a) nie. Soos al haar kaders wil sy bedek wat sy kan. Maar die naakte waarheid kan nie onder comradesrokgoed versteek word nie. Danksy mediadekking sien Namibiërs hoe wetgewers graag moraal mooi wil poseer, maar dan heel reg as Playboy-prentjies realiseer. Miesta Caal(e) $ollar probeer so hard om hom te bedek met stukkies Tjainies lap as die Fitsche Ratings se kamera op hom fokus. By Truth Textiles kan mens die regte lap teen naaktheid koop. - Pietrossi

Waterrekening: So, ons as inwoners moet nou betaal vir Namibia Diaries se oil spill? Dankie Stadsvaders, ons voel soos jul swartskaap!

Die opening van die kontantsaal by Rehoboth se dorpsraad op die eerste en laaste Saterdag van die maand was ’n instelling van mevrou Farmer, die voormalige finansiële bestuurderes. Vandat sy weg is, is chaos aan die orde van die dag. In haar tyd het daar darem reg en geregtigheid geseëvier. Dit is ’n jammerte dat sy moes gaan. Mevrou Nathalia moes net voortbou op wat sy agtergelaat het. Wat ’n verlies vir Rehoboth.

Wil net graag weet of daar nie iets gedoen kan word aan die karre wat so deur Kavukiland in Rehoboth jaag nie? Spesifiek blitspatrollie. Asseblief help!

Delano Muller is ons kampioen. Nie geweet hy doen die jujutsu nie. Jy is ons mense se hero. Khorixas staan agter jou.

Mag ek die Engelse opskroef omdat my ouma Froneman in 'n konsentrasiekamp was, net 9 jaar oud. Ai, ouens,vergeet van die verlede en werk aan die toekoms.

Alleen meer reën, gesinsbeplanning, beter onderwys en harde werk sal die armoede verlig en uitroei in Namibië.

Ek wil tog net vra wie se goeie, deurdagte besluit was dit gewees om die speed humps by BP Puma Rehoboth te verwyder? Alles was wel met dit of soek hulle vir iets om te gebeur?

Die navorsers is regtig snaaks met hul nuwe studies. Die metaangas wat verygestel word, is dieselfde as wat die mens vrystel as hul lekker of te veel geëet het en almal in die huis is kwaad oor die reuk in die huis . . . So waar moet ons miljarde mense gaan met ons metaangas, meneer navorsers? Mars seker. Ek wonner wie het die navorsing betaal? Die klimaatgasse is holrug gery. Hou op vlieg, dan sal jul baie meer gasvry wees!

Your Excelency Mr President. Do you know that the Ministry of Education has a policy to give the Namibian child poor quality education? When they have an unfilled vacancy they may not take retired qualified teachers. They must take Gr.10/12 school leavers.

Town Counsil van Karasburg. Dit het seker amper 'n maand gelede gereën. Liewe hemel, julle kan mos ten minste al die ou stukkie pad geskraap het? Dit is 'n skreiende skande dat mense se karre so moet uitmekaar skud. Mors liewer diesel om daai paaie net gelyk te krap. Sommige plekke lê die spoelsand nog op die teerpad. Wat doen julle???????

Dokters, hospitale e.a. waar mense se name uitgeroep word: leer jul personeel dít asb. Wanneer die persoon ouer as jy is, sê tog meneer/mevrou/juffrou asb. Baie dankie.

Namibië en SA is nou in 'n gemors onder die huidige Swapo- en ANC-regerings. Hendrik Witbooi en Nelson Mandela, die Ware Helde sal uit hul grafte opstaan as hulle kon sien wat nou aangaan. Die huidige klomp is maar net te onbevoeg om 'n land te regeer. Sies, wat 'n skande.

Verneem ontsteld dat wapenvervaardigers en -handelaars begin kyk na minder gevaarlike ammunisie soos rubberpatrone, peperpatrone en donshael. Dis nou gemik op wettige wapeneienaars. Op die menseregtetrant gaan ons wettige wapeneienaars nog eindig met 'n kettie. Watter wonderlike nuus is dit egter nie vir die kriminele element nie! - SAP&H

CoW, kap maar die privaat watervermorsers flou met die hoogste watertariewe wat julle kan asb! Dit is al wat sal help tesame met wettige waterlesings. Maak dit duurder as whisky-suipgoed! - Pietrossi

Met alle respek gesê. Wanneer het God in "Gad" verander as Afrikaanssprekende mense in Engels bid of preek? Weet nie hoekom dit my so pla nie. - Outannie

Help ons asseblief. By ons skool was 'n dogter betrap terwyl sy hubbly rook op die koshuisperseel. Twee is gekors, maar die seun wie dronk was by die kroeg en baklei het, is nie gekors nie omdat die meisie met wie hy uitgaan die skoolhoof se familie is.

MTC still rob poor people's money with Twitter massages nobody cares about.

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!