SMS'e vir 4 Maart 2021
SMS'e vir 4 Maart 2021

SMS'e vir 4 Maart 2021

". . . harde bene gekou . . ."
Mandy Rittmann
Republikein, 2 Maart 2021: NamPower het nie genoeg krag vir Namibië nie, maar wil ’n 440 KV roete na SA bou pleks van om die geld te gebruik om kragstasies in Namibië op te rig. SA het nie vir homself krag nie. Sal graag wil weet wat die CEO van NamPower te sê het.

Almal van ons het harde bene gekou weens Covid-19 en dit was moeilik om vol te hou om ons mediesefondspremies te betaal, want die verhoging het 1 Januarie 2020 in werking getree en dit was ’n helse verhoging. Dankbaar dat dit nie in 2021 weer verhoog het nie. Operasies- en hospitaalvoordele is ook baie laag vir pensioenarisse. Ek wonder ook net hoekom daar so baie mediese fondse is. Kan almal nie onder een saambreel werk nie en die premies so laag as moontlik hou vir die oumensies? – Bejaarde

Dit is baie duidelik dat die Katima-brand direk teen Shoprite gemik was. Trouens, een van die mense is aangehaal dat hy eintlik nie simpatie het nie. Die brandweer se poging was ook power en Shoprite behoort sterk te oorweeg om daar te onttrek.

Iemand weet nie wat anders om met sy misrabele lewe te doen behalwe om die NRU af te kraak. Ek verstaan hy en sy seun het aansoek gedoen vir poste en albei was onsuksesvol. Nou het hy ’n vete met die NRU. Ons wil nie persoonlik raak, maar rêrig meneer, kry ’n lewe!

Kyk julle, in die twaalf jaar wat ek in Olympia bly het ek nog nooit gesien dat die Namibiese polisie in my straat of enige straat in die aand patrollie ry nie, maar nou met Covid word daar baie moeite gedoen om tog seker te maak mense bly in hul huise, en so word daar ook baie moeite en geld gemors om die verkeerde mense aan te keer. Eintlik is dit lagwekkend!

Aan Rehoboth-dorpsraad: Sien per ongeluk iemand se munisipale rekening. Ek begin dit met myne vergelyk. Ek betaal N$19,32 en ander verbruiker N$16,25 per unit vir water. Ek betaal N$101,90 vir water service, ander persoon niks. Ek betaal N$99,00 vir sewerage ander persoon niks. Op 10 units water betaal ek N$231,60 meer per maand. Nou gaan mense sê die ander persoon is ’n pensioenaris. Ongelukkig lyk dit of daar geen samewerking tussen dorpsraad en aktes is. Hierdie eiendom, en ek glo baie ander, is oorgedra na kinders of ander erfgename wat nie afsluiting en aansluiting op hul name doen nie. Ek hoop die dorpsraad gaan ’n volle ondersoek saam met aktes doen en een of ander tyd u bevinding bekend maak. Ons gemeenskap kla so baie, maar ons doen nooit die regte ding deur goed wat nie reg is nie, onder die aandag van ons owerhede te bring. - Karl Rittmann

Ek wil net vir die munisipaliteit van Okahandja vra wat het van ons ander vulliswa geword, want vullis staan dae voor dit uitgegooi word? Ons betaal ’n helse bedrag daarvoor. Ek hoop die nuwe munisipale raad sal dinge nou ’n slag regruk. Kyk ook ons paaie, vol gate en grondpaaie is erg verspoel. Dankie byvoorbaat.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!