SMS'e vir 4 November 2016
“Waar anders kry jy beter diens . . .?”
Waarom is dit oraait om ’n jakkals te skiet wat jou skape en bokke vang, maar ’n luiperd is kroonwild net omdat Marlice en Rudie ge-“sponsor” word en op TV wys hoe oulik die ou katjies en bobbejaantjies is. As iemand in jou huis of besigheid inbreek en skade veroorsaak, kan jy dit beskerm, maar ’n boer mag nie sy boerdery beskerm nie? Hy moet die oulike katjies kos gee.
Ek dink ons moet ’n petisie begin teen die moordenaar van die luiperd. Die arme diere was eerste daar, maar jou besigheid en geldgierigheid ignoreer dit blykbaar. Walglik!
Ek sien die geagte adjunkminister van sport het mnr. Solly Duiker van die NSSU berispe. Dis hoog tyd aangesien hy al jare maak asof hyself die minister van skolesport in Namibië is. Hy trek ook sy witbroodjiesport nl. atletiek, onbeskaamd voor en jaarliks moet alle ander kodes aan die kortste end trek.
Walvis se krag is minder werd as Rehoboth s''n. N$200 = 94,4 “units”
Ag nee wat my volkie. As oompie Sam toe hy nog aan bewind was vir my laat weet het hy kan niks aan die saak doen toe my pa in ’n plaasaanval vermoor is nie, dan kan Geingob seker maar sê ons Grondwet is net ’n stuk papier. Afrika-politiek is in elk geval een groot lagwekkende patetiese klug.
Rehoboth is leierloos. Die ekumeniese raad van kerke, die Pinkster-broederbond, wanneer wil die kerk sy stem laat hoor oor die grootskaalse bedrog en korrupsie binne die dorpsraad? Opposisiepartye roep die kerkleiers op om hul stem te laat hoor. Kyk die toestand van ons eens pragtige dorp, ons eens pragtige REHO SPA is “down the drain”. As die kerk nie optree nie, sal ons die wet in eie hande neem en die klomp mafias uit ons kantore verwyder. Die vuurvreter
Mooi so mnr. Van Rensburg, jy moet nou daai halsband aan Van Vuuren verkoop vir N$40 000. Hulle word ryk uit jagluiperds en die boere waar hulle die goed loslaat, moet die gelag betaal. As Van Vuuren dan so lief is vir die luiperds, dan kan hy maar daai miljoene gebruik wat hy oorsee kry vir bewaring en koop vleis vir hulle.
Nog ’n halwe skande. President (en die “advisors”) logika sê ons moet ICC bly en ondersteun. Apart. Hoe lank skryf ek oor “African Refugees”? Dit is ’n “sick matter”. Nie eens die AU probeer om iets te sê nie. Zimbabwe, sterkte met julle “currency issue”. Zuma, sterkte met wat nou kom. RWD
Pres. Geingob, graag wil ek weet. Op 17 Januarie 1990 het die eerste minister, mnr. Nahas Angula, in ’n vergadering van ’n subkomitee gesê dat GELYKE GELEENTHEDE een van die hoekstene behoort te wees vir regstellende aksie. Gelyke geleenthede beteken ook gelyke resultate. 26 jaar na onafhanklikwording is dit nie tyd dat diskriminasie moet stop nie?
Insake DStv wat beweer hulle het nie hierdie jaar hulle premies verhoog nie! Spul snert wat hulle verkondig. Daar is beter opsies beskikbaar teen slegs +- N$450 per maand. 24/7 HD “streaming” met alle sport, vermaak, ens. Te veel om te noem.
Hoe siek. Die moordenaar van die luiperd blameer dr. Van Vuuren vir sy probleme. Jammer ou, jy het net jouself te blameer en verdien alles wat na jou kant toe kom!
DIENS. Waar anders kry jy beter diens as by die “Municipality of Swakopmund”. En dit NA URE. Ek gee erkenning aan Justice en David vir die werk wat julle doen. Vele kan by julle leer.
Munisipaliteit, hoekom is mense wat water mors nie van begin van besparings vasgevat nie? Nou word baie minder bespaar en kyk/luister na klagtes in koerant? Nou wil hul stappe doen! Hoe werk dit?
En toe praat hulle oor die radio oor lugbesoedeling waaronder kinders wêreldwyd ly, maar in Groot Aub ly nie net die kinders nie, maar die ganse gemeenskap onder stofwolk besoedeling van Windhoek Sandworks. Etse, was daar ooit omgewingstoets voor die sandwerke toegelaat is en deur wie nogal? Help ons, die gemeenskap van Groot Aub. Hoeka dros nou die stof dag en nag.
Multichoice: Waarom het julle opgehou om Suid-Afrikaanse toetskrieket uit te saai?
Hou op met Facebook CEO van Gibeon en gaan terug en gaan maak jou goed reg asb.
Ek wil net aan die voormalige werkers van die Rössingsurplus sê moenie ophou bid nie. Rössing het die saak klaar verloor. Ons weet vir seker dat Rössing tyd wil win omdat Rössing sien dat die saak by ons vasstaan. Moenie moed opgee nie, God slaap nie.
Multi Choice Namibia. Dit is uiters teleurstellend dat DStv Namibia nie die beeldsendregte kon kry vir die reeks tussen SA en Australië nie. Dit sal ’n skryende skande wees indien daar geen korrespondensie met die intekenare in hierdie verband was nie? Dalk het ek dit gemis? Enige reaksie?
“Traffic officers assaulted” in Kuisebmond. Na die voorval is lede van die publiek voorgekeer, deur polisielede geskud en is hulle knipmesse afgevat as gevaarlike wapens. Is dit reg? Sover ek weet, is daar ’n lengte bepaling van die lem. Is ek reg of is die publiek weer onregverdig behandel en hanteer deur Nampol?
Herrie oor luiperd. Mens-dier-konflik. Na die doodmaak van die luiperd met die GPS-nekband, het dr. Van Vuuren gesê hy het ’n klag by die polisie teen mnr. Van Rensburg gemaak. ’n Luiperd het 6 van my kalwers gevang in die distrik Kamanjab. Gaan dr. Van Vuuren my koste uitbetaal? 6 x N$3 000? Of moet ek maar die luiperd doodmaak. Vra maar net.
Munisipale verkeer Swakopmund. Werk julle nog of betaal die belastingbetaler maar elke maand julle salaris sodat julle kan mooi lyk, koffie drink in die kantoor of privaat “shopping” doen met amptelike voertuie? Elke jaar stel die raad nuwe verkeersbeamptes aan met nuwe motors, maar daar word minder gewerk en in die nagte glad nie. Mense jaag soos mal hase rond, word oor eilande gery, padtekens, lamppale word omgery en ons verkeersmag rus.
State capture report in SA: What a triumph for the people, the president and many ministers/officials implicated in horrendous corruption! That is what happens when they forget that they are supposed to serve the people and not enrich themselves. Namibia is rife with corruption. Where/who is our Thuli Madonsela/public protector to protect us?
Die luiperdstorie. Moet die boer nou wag tot ’n luiperd nou sy bok vang en hom dan gaan soek en mooi vra om dit nie weer te doen nie? Verduidelik asb. hoe ’n GPS kan wys waar en wanneer ’n luiperd geëet het. As jy ’n luiperd wil oppas, moet hy seker nie op ’n ander mens se plaas rondloop nie. Moet mens nie liewer 100 x N$41 000 spandeer om mense te bemagtig en op te lei of op kinders wat ondervoed is uit te gee as om nuttelose diere soos luiperds en bobbejane op te pas nie?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie