SMS'e vir 5 Desember 2018
SMS'e vir 5 Desember 2018

SMS'e vir 5 Desember 2018

". . . vat die koek."
Mandy Rittmann
Ek dink die voorbladberig oor plaas koop vat die koek. Hoeveel is daar nog as die regering die hofsaak wil veto? - Johan v. H.

Is die hoës in ons regering nie wonderlike voorbeelde nie? Daniel Zaire van MME met waarborg van destydse minister van finansies het in 2002 'n plaas gekoop met 'n Agribank-lening en in 18 jaar nog nie 1 sent terugbetaal nie? Hoe het Agribank dit nie agtergekom nie? Ook interessant is dat Zaire een van 810 voorheen benadeelde grondeienaars is wat van betaling van grondbelasting vrygestel is? Hoekom? Hy verdien ’n reusesalaris as adjunkdirekteur? Weereens skandelike storie oor ons "officials"!

Wil graag weet hoekom Namibië padongelukke net in die koerante beveg, maar daar gebeur niks op die grond nie. Was die afgelope naweek tot by Khorixas via Otjiwarongo, maar geen verkeersbeampte waargeneem nie. “Actions speak louder than words.”

Dit is darem belaglik wat NWR hierdie jaar vir kamp-akkomodasie vra. By Jakkalsputz moet jy nou N$200 per persoon per dag betaal. Ek persoonlik dink dit is verregaande.

Telekom was bankrot ’n paar jaar gelede en nou dat dit uit die rooi is, moet die CEO gaan, net sodat dit weer terug in die rooi gevat moet word. Daar is geld wat in ’n paar sakke moet kom.

Wil graag aansluit by verlore in treinry-nostalgie. En het die ritme van die treinwiele se geluid jou nie gesus om heerlik te slaap nie! Soms het die stemme van mense jou eers die volgende dag wakker gemaak. Daar was ook geen vrese vir boewe, diewe of aanrandings. Die dae wat was . . .

Wanneer word Okahandja se vullis verwyder, maar ons moet elke maand betaal.

Investors into Namibia should note that it is a undeniable fact that the labour laws are specifically designed to benefit the employee with hardly any regard for the employers rights.

Erongo: Unbelievable . . . In Swakopmund hardly any events during the year, but on Saturday 1 December there were 4 or 5 Chrismas Markets. All on the same day? Ever heard of planning?

Aan al my maters wêreldwyd. Ons het die geveg gewen, maar die oorlog verloor. - Semper Fi

Mexico’s new president has cut his salary by 60 percent, put the presidential jet up for sale, eliminated the presidential security detail and forsaken the presidential residence opting to stay in his modest home. Now that is what I call a leader who thinks of his people and country first! The rest of the world should follow this example, including Namibia, instead of building one luxury project after the other with money they don’t have and squandering tax payers' money.

Rehoboth, o Rehoboth! Hoekom is jul dorp en omgewing so vuil en vol rommel? Waar is jul trots? Moenie wag vir munisipaliteit om iets te doen nie, begin by jouself.

MTC, MTC! Sooo kan julle maak, nee rêrig, wat word van my lugtyd as ek nie bel nie? Ek is bang om krediet op te laai. Please, please do something! Thank u.

Ek moet sê Khomasdal se buurtwag is die beste! Dankie julle.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer