SMS'e vir 5 Februarie 2020
". . . mal gelag vir antie . . ."
Miskien is dit goed dat die vissermanne op Walvisbaai nou sonder werk is. Miskien sal hulle nou begin om iets te doen aan korrupsie en diefstal in die land. Ander werkers moet ag slaan op wat gebeur het en vroegtydig begin optree, sodat dieselfde lot hulle nie tref nie. Ek voel net baie jammer vir die vissermanne en hul gesinne. Hulle behoort hul salarisse nou van die regering te eis, omdat die regering niks doen om korrupsie te beveg nie.
Geweld teen vroue: Geweldenaars gaan net eenvoudig voort met geweld teen vroue. Myns insiens kan ons 'n slag 'n referendum hou om die doodstraf terug te bring. Die vroue moet die geleentheid kry om te stem oor die saak. So kan dit nie aangaan nie!
Ai-jai-jai! Ek het nou so vreeslik, lekker, histeries, mal gelag vir antie Katrina Hanse-Himarwa wat in gister se Republikein sê sy is van nature eerlik. Wel, liewe antie, dan het jy seker onnatuurlik, kunsmatig jou bedroggie gepleeg. Asseblief. - Adriaan
Peet Venter. Ai man, jy gaan geslag word oor die jaar van president Geingob se inhuldiging as die 3de president van Namibië. Sterkte, ou maat. (Ons moes tydens redigering en proeflees die fout raakgesien het. Die korrekte jaartal is 2015. - Redakteur)
NRU se sake. So gaan dit as mens kundigheid, borge en visie vervang met dieselfde spul wat nog 'n jaar gelede van bogenoemde ontslae geraak het.
Ná 5 jaar moet rugby weer van voor af bou. Die rugbymaatskappy is toe. Senior nasionale spelers met ervaring stel nie meer belang nie. Bevoegde beamptes loop of word uitgestoot, borge word beledig. Boetie-boetie coaches word aangestel. Dis mos nie hoe dinge moet wees nie.
Die onnodige SMS'e oor die NRU grens aan óf jaloesie, óf weerwraak of is net blatant oningelig. Verbeel jou ons het die Iere en Italia gewen. Jare terug ja, maar nou is hulle professioneel en ons nog amateurs. Die huidige bestuur verstaan ek moet nog net skuld van die vorige klomp (maatskappye) betaal. Die vorige klomp het klubrugby absoluut vernalatig. Kom ons gee kans. Al die ander het tyd gekry.
Die Purperblikein vandag (Dinsdag) is iets besonders!
Graag wil ek die ACC inlig en vra of dit reg is dat die GRN verantwoordelik is, nadat die regering die private kontrakteur betaal het vir die tender om sy werkstoerusting met 'n GRN-voertuig aan te ry, nogal op 'n naweek. Dit vra ek omdat ek gesien het dat 'n wit lorrie van die DWSSC-kantoor van ||Kharas Region te Keetmanshoop, Saterdag die 1ste Februarie 2020 op die plaas 'n windpomptoring gaan afhaal en op Spitskop, waar die kontrakteur besig is met die rehabilitasiewerk, gaan aflaai het. Dalk het hulle ook nog die toring gaan opsit met die lorrie?
Oor die debat aangaande vergifnis van sonde net die volgende: Geen sonde is ooit te groot of te veel dat die Here jou nie male sonder tal dit sal vergewe nie. Jy moet dit net elke keer opreg vra. Gaan lees jou Bybel as jy dit nie glo nie.
Keetmanshoop Town Council. Why do you allow and still keep general workers after they have reached retirement age of 60 years? You know very well unemployment is rife in your town, but still you add more woes to the current problems. Some received their pensions from RFLAUN already. Let those workers please make way for others and enjoy retirement. Thanks.
Dit is tyd dat Concerned Group 3 in die lewe geroep word!
Minibussies jaag Dinsdagoggend soos besetenes op die verbypad.
Kan ons die persoon wat kruiemedisyne maak se nommer kry? – 081 422 8181
Die nommer van Siele vir Jesus Restorasiesentrum wat werk met depressie, dwelms, verwerping, drank ens. is 081 213 7088.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie