SMS'e vir 5 Februarie 2021
". . .'n goeie land!"
7 miljard vir Air Namibia om 636 posisies te red, maar net ’n paar bladsye verder lees mens van duisendes sonder werk. Hoe baie word op hulle spandeer? Niks? En wanneer word mense verantwoordelik gehou vir hul dom besluite om kontrakte te teken wat miljarde kos? Onnodige korrupte besluite, net om weereens ’n paar handpalms te smeer. Almal wat by enige kontrak betrokke is se bankrekeninge moet ondersoek word.
Asiatiese lande koop ons olifante vir uitstal in hokke. Teofilus Nghitila van die ministerie sweep net soos sy groot boss of bosses Namibiërs op in sy verklarings.
Wie sê nie die 1ste Covid-19 vaccine deur brave heart in full view is nie maar net ’n gewone Panamore vaccine teen gout nie? Is dié maar nie net ’n politike stunt om ons leke te eye-blind nie? Is dit die ware doepa teen Covid-19? Vra is vry, so ek vra maar net of hoe? Ta-ta maatjies. – Vêrkyker
"Vrywilligers speel klaar met slaggate", Dinsdag 2 Februarie. Wat ’n wonderlik positiewe berig. Ons woon nog in ’n goeie land! Tròts Namibies! – Laetitia
Korrupsie kom lank aan, maar het erg geraak en die hoogste levels bereik na onafhanklikheid (1990). Ons het net van 'n paar van gesteelde miljoene gehoor. Ek glo daar is nog billions weg waarvan ons nie weet nie. Ek wonder net wat alles het gebeur by die diamante? Ryk land, ryk leiers en ’n arm nasie.
Die Namibiese Sportkommissie is tjoepstil oor die Annual Sport Expo wat in 2019 gehou is, en ook oor die fondse wat ingesamel is. Voorts wil hulle die sportkledingmark betree, om in hulle eie woorde geld te maak. Dis nou ’n tendens wat kop uitsteek dat daar hoegenaamd geen terugvoering gegee word nie. - Robbie Thompson
Okahandja laerskool, 1953 en verder. Die gras en onkruid is deur die leerlinge in toom gehou, dikwels onder toesig van mnr. Fritz Gaerdes en tot vandag toe het ek nog geen geknakte siel gevind wat met wrewel aan die werk of aan mnr. Gaerdes terugdink nie. Dit was deel van skoolgaan en groot word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie