SMS'e vir 5 Julie 2019
SMS'e vir 5 Julie 2019

SMS'e vir 5 Julie 2019

"Ek voel toffie . . ."
Mandy Rittmann
Mnr. Muyunda, dit is baie maklik. Julle het die wet oortree deur Voortrekker te laat skiet. Ek voel toffie vir julle sogenaamde beleid. Die verantwoordelikes moet vervolg en gestraf word.



Die regering het weer lekker geld gemors. 270 miljoen vir Padowerheid se gebou met Transnet se kantore wat feitlik leeg staan nou dat treine uit die mode geraak het. Loop die Owamboland-trein nog?



Interessant dat Namibië saam met Zimbabwe paspoortprobleme het. Het Namibië nou tot Zim se vlak gedaal? Is Namibië se tekort aan paspoortboekies ook te wyte aan geldelike probleme van die Nam-regering?



Police will flush out all criminals to make Namibia a safer place? What a joke! Hard criminals and repeat criminals are let out on bail all the time, fines are a joke, cases take years and years to get to court and many are taken off the role because of lack of evidence which conveniently gets lost, AG decides not to prosecute cases which scream of corruption. The list is endless!



Dis hoog tyd dat daar 'n kommissie soos die Zondo-kommissie in Suid-Afrika drasties ingestel word soos dit nou in ons land aangaan. Dit raak net erger by die dag.



Vanaf 1 Julie moet Windhoekers water spaar, maar wat van al die bouery spesifiek in Academia uitbreiding 1 waar water gemors word? Geen gryswater word daar gebruik en die huise groei soos paddastoele uit die grond!



Wat verstaan die staatsamptenare nie? Baie mense is werkloos, baie besighede maak toe of sukkel aan as gevolg van die resessie, die regering is bankrot en die ekonomie in flarde. Die staatsdiens is tot barstens toe vol amptenare wat lekker salarisse, subsidies, medies ens. kry en dit terwyl hulle so min as moontlik doen! Wees dankbaar julle het werk en doen wat die res geforseer word om te doen. Trek die belt stywer, kom met minder klaar en verloor gewig in die proses. - Pierre



Hiermee nooi ons, die LPM, die hele Rehoboth-gemeenskap uit na 'n baie belangrike vergadering op Sondag 15:00 in Kawuki by die 2 Mei-boom of skietboom. Mense, hierdie vergadering is van kardinale belang. Sien u daar. - Die Vuurvreter



Ons koshuiswerkers skrik as ons hoor hoeveel pay sommige mense, terwyl ons vir meer as 20 jaar net N$3 800 kry en dit is die basies. Kyk tog asseblief na ons koshuiswerkers se salarisse ook. Asseblief.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!