SMS'e vir 5 Julie 2021
SMS'e vir 5 Julie 2021

SMS'e vir 5 Julie 2021

"...dankie NBL..."
Mandy Rittmann
Hoekom moet die private sektor altyd vir ons onafhanklikke regering uit die moeilikheid help? Maar baie dankie NBL vir die Feldlazarett (veldhospitaal) wat julle gee om te help met ons huidige krisis.

Government moet toestemming gee dat Covid-pasiënte of mense met Covid-simptome medisyne sonder voorskrif kry soos antibiotics, omdat mense lank wag vir dokters en die meeste dokters vol geboek is.

Is daar rêrig niks so belangrik in hierdie tyd as om geld uit te gee om die hawe in Walvis Bay ‘n ander naam te gee nie?

Willem de Wet, so ‘n bek moet jam kry! Fantasties geskryf.

Veeartsenyrooilyn. Stuur vir boeta Job om wydsbeen en met uitgestrekte arms by Mururani te gaan staan, om die huidige uitbreking van bek-en-klouseer te verhoed, want hy klink asof hy weet waarvan hy praat. – Marlene

Daar word elke dag ná 17:00 kontaksport beoefen op die ou TransNamib-sportvelde in Pionierspark. Die president het dit duidelik verbied tydens die corona-tydperk. Kan die polisie nie elke dag kom ondersoek instel en die mense aankla nie.

Vandag die staatshospitaal op Tsumeb besoek vir Covid-ent. Arriveer 14:50, twee mense voor my in ry. Ek in om dokumente te voltooi 15:15. Dokumente klaar om 15:25. Wag buite. Spuit toegedien 15:52. Moet by toediener sit tot 16:15. Moet weer 15 minute buite wag en dan gaan. Almal is baie vriendelik en alles, maar 1 uur per persoon? Is dit hoekom die inentingsyfers so laag is teenoor Brittanje, wat al meer as 44 miljoen mense gespuit het?

Met deesdae se dinge kan ons maar positief wees wanneer ons negatief is.

Kry jy nog steeds mense wat dit nie ernstig opneem of selfs ‘n masker dra nie. My innige simpatie met jou verlies, maar waarom kry mense wat maskers dra steeds die siekte? Omdat daar geen logiese rede is vir maskers om effektief te wees nie.

Gestel die Covid-virus maak jou binne 8 dae dood soos beweer. Hoe gebruik die man op straat sy kosbare 8 dae van lewe. Hier volg die gebruik van die denkbeeldige 8 dae van die gewone man op straat: Vir 4 dae voel ek goor. Op dag 5 gaan ek dokter toe. Dokter gee voorkomend Covid-medisyne. Op dag 6 laat toets ek my vir Covid. Op dag 10 ontvang ek my positiewe uitslag. Op dag 11 ondervind ek asemnood en word gehospitaliseer as daar ‘n bed oop is. Ek kry dadelik suurstof, maar die suster kla ek is baie laat. Op dag 12 sê ek koebaai vir my aardse lewe en word ek ingewag deur my Hemelse Vader.

Niemand sal my dwing of verplig nie. Kyk wat sê afgetreede spesialisdokters in dieselfde koerant. Duiwel van Outjo/Walvisbaai, dis my reg.

Jammer, die regering sal nie oor my gesondheid ‘n besluit neem nie en dit oor om ‘n vaccine te neem wat nie eens betroubaar is nie. Nee wat, dan kan ek maar op die royal phone bel en met Liewe Jesus praat en die antwoord kry. Nee dankie, dis net ek wat daaroor sal besluit. Aangesien Hy my tot by my genadejare gespaar het, sal elk maar liewer na Sy stem luister. Dankbare Ouma

Ons bevind ons in ‘n benarde posisie omrede die presidensie dinge doen wat inwoners negatief raak. Hoe kry grootman dit reg om grondgebied wat eie aan Zambezi is af te teken aan Botswana sonder om landsburgers in ag te neem? En dan die gepaardgaande arrogansie van magsmisbruik wat volg oor wanneer was die deal aangegaan? Als het mos ‘n rede? Jare lank was die Choberivier die lewensaar en voedingsbron van die mense als ongedaan gemaak deur ‘n presidensie en sy skewe regering wat anti-inwoners is (genocide). Grootman sal onthou word vir skade berokken aan vredeliewende mense. Selfrespek?

Ek sien in Geingob se laaste persverklaring vra hy kerke om steeds teen Covid te bid en verwys hy na Psalm 121:1. As Geingob sy Bybel ken sal hy weet daar staan ’n fontein kan nie brak en vars water voortbring nie, dit beteken jy kan nie korrupsie en bedrog en aborsie en plaasmoorde ens. toelaat en as God begin geregtigheid toepas, dan vra jy die kerke moet bid nie. Ek en baie soos ek het al in 2018 vir Geingob gewaarsku om nie vir God te tart nie. Eers kom die droogte, toe ‘n bankrot land en toe Covid. Kom ek sê jou, daar gaan nog erger dinge gebeur tot God se orde in die regering en land herstel is.

Kommentaar

Republikein 2025-04-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer