SMS'e vir 5 Junie 2018
SMS'e vir 5 Junie 2018

SMS'e vir 5 Junie 2018

"Drank verwoes. . ."
Mandy Rittmann
Kiaatwoud in Zambezi in gevaar! Ja nee, definitief! Google Nyepez Consultancy en volgens die bietjie wat jy vind, consult hulle oor alles behalwe omgewingstudies en orals behalwe in Namibië. Chinese se eie consultants? Hoe kan groen lig gegee word voor openbare konsultasie op 16 Junie gehou word? 12 000 hektaar se honderde jaar oue bome, wat Chinese dan nog uitvoer en verkoop? Hulle beroof ons land en verniel dit. Dit skreeu van korrupsie. ACC moet dringend ondersoek!



Hiermee my siening oor rook. Wil weet hoe rook agteruitgang van die omgewing beïnvloed? Dan wil ek weet hoe rook 'n impak het op armoede, maar drank word daagliks op TV, radio en in u koerant geadverteer. Drank het nie net 'n negatiewe invloed op mense nie, maar ook op die ekonomie. Drank verwoes mense en kinders. Orals word drankbottels neergegooi. Dit is 'n negatiewe impak op die omgewing. Ek rook nie in my huis of by mense wat nie rook nie, maar die drinkers doen dit oral en raak aggressief en "commin". So ek rook liewer. Los die rokers uit.



Die koerantberig "Bevolkingsgroei sit druk op bronne": Is dit nuus? Vir wie? Asseblief, vertel dit vir onintelligente persone wat ook nie 'n duit omgee nie. Die berig ondermyn my intelligensie totaal. - SAP&H



In verband met die aanval op die dokter en sy vrou in Olympia: Uiters laag en gemeen! Pap geslaan en beroof. Etse, as dit met sekere ander welgesteldes gebeur, dan is die hele weermag op call, kyk maar. Ook wil ek graag weet hoekom nie Sam Nujoma, Hifikepunye Pohamba of ons Hage Geingob al iets oor al die aanvalle gesê het nie? Etse, of is die drie musketiers dalk te bang?



Republikein, Dinsdag die 29ste Mei. Dit is pure jaloesie en afguns wat so praat oor die vroueprediker by die Nama-kultuurfees wat verlede Sondag gepreek het. Mense, waardeer goeie dinge en moet nie altyd net wil bevraagteken en kritiseer nie. Ogghh etoo titse!



Ons moet 'n slag begin opstaan, dit kan nie so aangaan nie. Weer eens deur kriminele aangerand. Vat die Windhoek-stadspolisie weg en die Namibiese polisie sal nie bestaan nie, hulle beteken absoluut niks. Die generaal van die Namibiese polisie, hy en sy polisie beteken niks, hulle is 'n ronde nul. Dit is waarom oorsese koerante Namibië as dangerous en violent beskou.



New 4.1 billion container terminal another white elephant? Finding cargo for the new terminal is Namibia's biggest headache? Why does government do things this way around? Billions (we do not have) wasted on luxury projects (corruption?) and afterwards looking for paying customers to utilise same? The typical nonsense, incompetent logic behind this boggles the mind. No wonder the country is going down the drain.



Die Nama-fees was 'n reusesukses. Die fees het niks met Swapo-mense in die Suide of met politieke partye te doen nie. As Swapo minderwaardig teenoor LPM voel, “then let them deal with it”. Die Nama-fees kan nie verantwoordelikheid gegee word vir Swapo se kinderagtigheid nie.



Baie geluk aan die Rooi Skool wat hierdie jaar se interhoër-krag­meting gewen het.



Dolphins Rugby: die Dollies het baljaar, maar die Fontein was groot. Dollies Supporters 1982 boys, dit was lekkerrr, al moes ons die knie buig. Salute!



Aan die mense wat sê hulle is sleg behandel tydens pastoor Jooste se begrafnis en het met seer harte weggegaan, is julle nie skaam of pla julle se gewete julle nie na julle die arme pastoor so lelik by daardie Luterse kerk op Outjo al hierdie jare behandel het. Waar was die kerkhoofde toe hy so swaar gehad het? Laat die arme jong man se siel in vrede rus.



For the government black sedan vehicle drivers, a question please. Today (Monday) no electricity and all robots are down. My question: If you put your hazard lights on and pass all us ordinary citizens on the oncoming traffic lane, do you have a sick person in your car or are you on your way to NamPower to fix the power problem? Or else why not wait like all of us, comrades?



Sal graag wou lees oor Anthony Jarmann, wat sy WBA teruggebring het? In elk geval. Veels geluk aan Anthony wat die bokstitel weer verower het.



Dwelms vernietig die jeug. Die verkopers moet lewenslank tronkstraf kry.



Rehoboth, Swartz moet skuld terugbetaal!



Old Mutual jul diens is uitstekend! Imeldha Janse, baie dankie vir jou vriendelike diens. Jy het absoluut 'n passie vir jou werk. Ek wens meer mense kan 'n diens lewer soos jy!



Wil tog weet waar kan ek kankerbos-saad koop?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!