SMS'e vir 5 Mei 2020
"...mag nie deel in die voordele."
Hoe op aarde kan ons skooljaar van 2020 se Augustus na 2021 se Mei toe oorgaan? Dis nie ’n opsie nie. Daar is geweldig baie wat in ag geneem moet word.
SSC is ’n klug! Ons moet bydra tot die fonds, maar mag nie deel in die voordele.
Gaan die hongersnood-pandemie wat Covid-19 gaan volg nie ernstiger gevolge vir ons bevolking inhou nie? Die regering moet met Salomo se wysheid ’n balans handhaaf tussen inperkingsmaatreëls en die oopstelling van die ekonomie!
Ek vra maar weer vir vyfde keer (4 keer al gevra, 3 keer geïgnoreer, 1 keer beloof), wanneer besluit is oor die inperking, kan die krant ons nie help en sê wat mag ons doen en nie mag doen nie. Weer groot asseblief. Dankie.
Ons is besig met ’n storm in ’n teekoppie. Ons land se ekonomie gaan onder, ons mense kry honger, ons besighede maak nie geld nie, ons toerisme is daarmee heen wat miljoene vir ons land beteken. Ons onderwys en kinders ly daaronder. Werkloosheid is aan die orde van die dag. Misdaad gaan toeneem? Besef ons regtig wat hierdie lockdown aan ons land doen. ’n Pragtige land met ongelooflike inwoners, moet ons sien swaar kry.
Wil net weet ons wat in Hans Dietrich Gentcherstraat en Franckstraat, Khomasdal bly se name is 15 April 2020 opgeskryf vir kospakkies, maar het nog niks ontvang nie. Wil net weet wat het gebeur.
Dit is die boodskap wat ons kry, nadat my seun aansoek gedoen het vir die N$750.00 by MoF. Hy is werkloos. Wat ek nie kan verstaan nie, alles wat ons ingestuur het is presies soos dit op sy ID verskyn. Maak nie sin nie. En bel jy is dit verniet, na honderde probeerslae kom jy deur en dan antwoord niemand tot die foon uitsny. Dear 26481xxxxxxx your EIG application for 812xxxxxxxx and ID 95xxxxxxx has been rejected. Reason: ID and or Name not correct. MoF0612092467/62. Hoe nou?
As die liewe regering maar net die werkgewers gevra het om aan te meld watter personeel hul werk verloor het, dan was daar nie nou bedrog met die N$750 nie! Maar nee, werkgewers word mos as vyande beskou wat gewurg moet word. Hierdie ekonomie word nie gedryf deur staatsamptenare nie, maar deur entrepreneurs! GRN word wakker. Werkgewers hoort jul bondgenote te wees, maar Utoni se wet en NEEEF is van die wa af.
Neckartal Dam: Hoeveel boere is deur hierdie dam die water afgesny? Hoeveel bome gaan nou dood in die veld onderkant die dam, omdat hulle nie meer water kry nie?
Swapo was al die jare meesters van fopnuus. Hulle het in duur hotelle se sitkamers oorsee gesit en nuus verkondig wat hulle wens in Namibië moet gebeur, asof dit reeds gebeur het. Cassinga wat op Hemelvaart aangeval is het loopgrawe gehad, asook lugafweer met gewapende soldate! Hulle noem dit a civilian base! Hulle het vyf dae geneem om die plek te rangskik en al die bewyse te verwyder voor die pers daar toegelaat is. 5 Dae.
Dankie mnr. die President dat u nog die drankverkope bietjie uitstel. Sommige van ons kan sommer nou ophou drink, of probeer ten minste.
Ek as Namibiese burger voel dis ’n klug die N$750 wat ons nie ontvang. Wat word van die gelde wat nie uitbetaal word nie.
Op 30 April 2020 kondig die president die fases af rakende die coronavirus, vandag word ’n SMS versprei in Walvisbaai, dat van môre 2 Mei 2020 maskers by die mall gedra moet word en kinders in die mall verbied word, indien ’n masker nie gedra word nie. Kan ’n mens vervolg word volgens die president se aankondiging faseer die bestaande fase op 4 Mei 2020 uit en op 5 Mei 2020 begin die volgende fase. Waar kom hierdie stelsel oor ’n lang naweek vandaan en waar kry die publiek so vinnig oor ’n naweek die maskers te koop om te dra.
Ek soek tog iemand wat brei met ’n breimasjien. Kontak 081 245 2377.
Baie dankie aan ons President vir die wyse besluit wat u geneem het aangaande die drankwinkels wat steeds toe is. Daar is net iets wat my pla, daar is steeds mense wat dronk gesien word. Ek hoop nie daar is mense wat skelm drank verkoop nie. Onthou ons probeer om die corona virus te beveg, as u drank aan mense voorsien is dit net so goed u pleeg moord. Dink twee keer voor u dit doen, u sal eendag rekenskap moet gee.
Ja, hoe wil ons ’n nasie bou as ons voortdurend onder die invloed van drank is. Dis moord, verkragting, inbrake, kinders wat in shebeens grootgemaak word. Die arme kinders hulle dink dit moet so wees, dat ouers tot voordag ure nog by shebeens is, daarom gaan hulle ook maar soontoe. Dis tyd om te vra waarheen is ons oppad.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie