SMSu2019e vir 5 Mei 2021
SMSu2019e vir 5 Mei 2021

SMS’e vir 5 Mei 2021

Dani Booysen
Interessant wat prof. Herman Beyer oor die N$6 pannekoek en pensioenaris skryf. Wat die prof egter nie noem nie is dat pragmatiek net verstaan en interpreteer kan word deur iemand met begrip. Dit is soos om tussen die lyne te kan lees, wat nooit deur die massa verstaan sal word nie. – Tioon

Mense, ons as landgenote bevind ons in ‘n doolhof met g’n uitkoms. Ons is gedoem met leierskap wat ontspoor het en beeldpoetsers wat ‘n fiktiewe sprokiesprent van Namibië skilder wyl ons ‘n treurmare beleef. Vision 2030 is niks anders as visioene van ‘n nagmerrie op hande en drogbeelde van die toekoms met Namibiërs wat die hoofrolle vertolk met die draaiboek geskryf deur diegene wat die land binne 31 jaar deur aambeielaan getrek het. – Namalander.

Geen wonder aarde word die planeet van sonde en selfsug genoem nie. Ons sit op die plaas sonder om nuus te hoor. Afgesny van alles! Dis verregaande!

‘n Mens gevoel vir die NBC-werkers wat nou staak weens al die genoemde redes. Belasting afgetrek en nie oorbetaal aan Jan Taks. Word die polisse, mediese fonds, pensioene wat verhaal word met die werkgewer se bydrae oorbetaal? Indien die oorbetalings soms nie gedoen was nie, dan is pensioene mos swakker as wat dit moes wees of hoe? Indien dit so is, word die werkers ‘n onreg aangedoen. Hoe wil die grootkoppe dit beredder? Dis mos nie die werkers wat die septer swaai? Te veel politieke spiere word gebult met sterk gegeurde wie is wie in die bedryf. Dan gaan die goete so na die gate. – Kristalbal

Die motorskou of wat jy dit ookal noem wat Saterdag op Okahandja gehou is, was net een groot geraas. Dit was ‘n gewroem-wroem van karre en harde doef-doef musiek die hele dag. Ek voel dat ‘n venue buite die dorp gebruik moet word en nie die een langs die aftreeoord nie. Ek hoop die borge en organiseerders neem kennis.

Hierdie vaccine inspuiting gaan nie maak dat jy langer lewe nie. Jou dae is klaar getel. As die dag wat die Here besluit het is jou dag aanbreek, dan gaan jy. Daai dag is al bepaal voor jou geboorte.

Ons was die naweek Noorde toe. Wie op dees aarde op Otjiwarongo het die opdrag gegee vir die gooi van spoedwalle waar mens die dorp uitgaan, beide na Otavi en na Okahandja toe?

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!