SMS'e vir 5 November 2021
SMS'e vir 5 November 2021

SMS'e vir 5 November 2021

"...jy sprak geen sprook..."
Mandy Rittmann
Hoe is dit moontlik dat 229 staatsvoertuie weg is? Al wat ek kan sê, is as daar geen kontrole is nie, is daar mos ook geen kontrole oor die land se finansies en my en jou belastinggeld nie.

Topbestuur, staatsamptenare se salarisse, huisvoordele, kar- en petroltoelae het astronomiese uitgawes geword vir belastingbetalers. Die land kan dit nie meer bekostig nie.

Onse president. Jy bedel miljarde dollar by Cop26, maar jy sprak geen sprook oor ReconAfrica se gemors en die uraansoekers se besoedeling nie. Hoe nou, of is dit jou bydrae tot aardverwarming?

Die berig oor Sikanjabuka Community Forest in Market Watch, 04 November 2021: Nêrens word daar verduidelik waar is hierdie plek nie. Lesers sal waarskynlik belangstel om te weet. [Jammer vir die oorsig. Die gemeenskapswoud is in die Zambezistreek. - Redakteur]

Peet Venter Snr, myns insiens gaan Covid met alle geweld terug wees die komende winter. Ons moet die rustyd gebruik om voorsorg te tref. Laat jou so lank inent. Anders moet ons weer toustaan of toulê voor die ICU’s.

Bankkostes maak vir ons dood. Uit 1 000 kry jy net 800 terug, dis hopeloos.

Arme borge word nou by NRU en klubs se sage betrek. Ook ongevraagd.

Skrywer van gister wat sê NRU “moet goed pak” is reg, maar eers na die saak. Paar jaar terug was een van Khomasdal se spanne geskors vir ’n jaar en beboet omdat hulle dieselfde gedoen het. So NRU-span, doen julle beste en laat die geregtigheid deurkom.

Persepsie bly ’n persepsie, totdat jy die teendeel kan bewys. NRU het nog ’n lang paadjie.

Die Swapo-regering en Paulus Noa. Daar is ’n Lewende God wat die waarheid ken. Hou op bedrieg en besteel, want rekenskap sal God vereis van julle. Blatant lieg sonder om te dink dat God weet wat is reg en verkeerd.

MTC, please improve your quality of service. SMS’s are not arriving on time, but only like 3 days later. MTC became very unreliable nowadays while the public is paying heavy fees for your service. Shape up or ship out.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!