SMS'e vir 5 Oktober 2017
SMS'e vir 5 Oktober 2017

SMS'e vir 5 Oktober 2017

“. . .bang vir die toekoms.”
Mandy Rittmann
Kyk nou na die koerantberig "Kopskoot tydens huisbraak in Eros", maar die polisie moet TV-lisensiebetalings opvolg. Hoe kan ons sulke misplaasde prioriteite hê. Ek sê maar net.

40 miljoen vir meer lig in die kantoor? Ek is bitter spyt ek het vir hierdie president gestem. Hy het baie planne vir ander mense gegee en niks vir homself gehou nie.

Government stop with the bailouts of SOEs. You are killing our already bankrupt country! Anyone with a pea sized brain can see what is going on. Zimbabwe and South-Africa here we come! Cry the beloved country.

Dié Chinese is besig met Namibië. Olifante, renosters, donkies en nog wat? Ek word so bang vir die toekoms, ek vertrou niks meer nie.

Mans bank account (Walvis Bay) was cleaned out within a day. Money withdrawn in France. He had a daily limit. How is this possible? Know of two cases where people also had daily limits yet N$5 000 vanished from their bank accounts. Banks do not take responsibility! You have no choice but to use their secure systems to do your internet/cellphone banking, so they should by law be held responsible and refund your losses. Could someone give a legal opinion please?

Swakopmund court report: Man charged with murder gets N$3 000 bail, another charged with murder out on N$2 000 bail, another man charged with murder gets a warning? Did these magistrates miss the one day refresher course on dishing out bail last month? Justice system is sick, pathetic. How sick is our country?

Die persoon wat so opkom vir Mouton. Wonder of jy nog so sal opkom vir hom as dit een van jou kinders of familie was wat in die ongeluk dood is.

Wil net graag weet hoekom kan ’n mens nie meer die CoW se rekening by Nampost betaal nie? Doen dit al jare, maar nou moet mens ingaan om te betaal. Kan hulle vir ons in die media sê hoekom. (Die munisipaliteit het volgens 'n nuusvrystelling kontrakte vir die lewering van hierdie diens met Mobipay en Nampost beëindig. - Redakteur)

Boesmanland se staatsambulanse is vol met "staff" einde van die maand. Geen ambulans beskikbaar vir ernstige pasiënte. Tsumkwe en Gum.

Ek stem saam. NBC moet rekeninge stuur of pos vir hulle kliënte, dis tog ’n basiese beginsel.

Bekommerde pendelaar. Ons ry vanoggend 2 Oktober 2017 om 06:20. Voor Omeya steek Quantum (N5499R) vyf motors op ’n dubbele sperstreep verby voor die brug in ’n suid-noord rigting. Die bus is vol passasiers. Ek ry 100 kilometer per uur. Wat ry die bestuurder van hierdie bussie? 140 kilometer per uur? Hy gee definitief nie om vir sy passasiers nie. Gaan hy enigsins die bus kan hanteer as hy ’n bandbars gaan kry?

Baie dankie aan Romano by First National Bank Hyper Khomasdal vir jou goeie diens, wat altyd respek toon aan die bejaardes en altyd behulpsaam is. Hy is regtig ’n staatmaker!

Is ek nou die enigste wat wil weet wat in Lubango aangegaan het. Of was ek iewers heen terwyl die res van Namibië ingelig is, of maak dit nie saak nie?

Viva, viva TCL ex workers! We were waiting our money so long. It's pay back time. Ministers must get involved, this is also corruption. President spoke up, we lost millions and poverty became our home. Let’s get on like the Ex-Rössing workers.

Nog watermorsers. Kyk daarna munisipaliteit. Julle fokus net op ons rekeninge, maar ons kan nie byhou nie. Eto! Die geldjies wat ons kry, vat julle alles. Ons lewe nie! Word wakker!

Wanneer sê Donald Trompet se robot iets, na sy Michelle Obama se toespraak nageaap het? Ek is so nuuskierig!

TCL myn, Rössing myn: ou werkers wat die myn opgebou het se geld is gesteel, laat die kriminele toegesluit word.

Kan ons dalk ’n nommer kry van die sandaalman in Otjomuise.

Hi ek wil net vir die mans baie dankie sê, wat my gehelp het Sondag 1 Oktober 2017 toe my kêrel omgeval het. Mag julle geseënd wees. Dankie.

Ek dink NBC kan weer amnestie toestaan. Dit sal beter werk as die nuwe plan wat hulle wil implementeer. Dit sal net meer chaos veroorsaak. Ek sê maar net.

Kan iemand dalk verduidelik wat in Genenis 4:16 staan. Kain vlug na die land Nod. Was daar dan nog mense wat voor Adam geskape was?

Die persoon van Rehoboth wat mense so sleg maak op Facebook: As jy ’n man is, gaan na die persoon en gaan stel jou saak. Moenie mense so sleg maak nie. Jy is beslis nog in die groeistadium.

Ek sien die kleinadvertensies is nie meer deel van die elektroniese koerant nie. (Druk op die skakel "Weeklikse uitgawe-boekrak" en daarna op Market Watch se boekrak, waarin die kleinadvertensies nou verskyn. - Redakteur)

Ek lees die SMS van die leser wat sê Joos Platt doen niks vir die gemeenskap nie. Hy het baie gedoen en beteken. Wat het die leser al vir gemeenskap gedoen? Vee altyd eers voor jou eie deur.

Kyk nou na die artikel in die Sun rakende aanstellings van die Namibian Statistiekagentskap en ek vra die volgende. Waar is die ander jongmense van Namibië, hoekom net een groep? Ons president sê niemand moet uitgesluit word nie. Ek sê maar net.

Ek dink Namibië het sy balans en orde verloor. Buitelanders kom en gaan en maak geld soos hulle wil en ons boorlinge kan niks vir ons kinders nalaat nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!