SMS'e vir 6 April 2020
SMS'e vir 6 April 2020

SMS'e vir 6 April 2020

". . . bedrag so klein . . ."
Mandy Rittmann
PLAAS DIE WOORD "LESERS" VOORAAN JOU BOODSKAP EN SMS NA 51500 (N$3/SMS)

’n Nuwe studie toon dat lande waar mense maskers dra die virus onder beheer het. Kan die minister van gesondheid die mense van maskers voorsien, assebblief?

NamPost vra pensioenarisse om nie almal op betaaldag hul pensioen af te haal nie, maar aangesien die bedrag so klein is, wil hulle miskien nie graag vir dae lank sonder kos vir hulself en hul kleinkinders sit nie. ("Pensioenarisse in stormloop op Walvisbaai", Vrydag 03 April 2020). – P B Pieterse

FishRot, please take their stolen money which they have taken from the public and use it wisely and feed the needy people during lockdown.

Minister of Finance please intervene and cancel the high interest rates for tax payers. We will pay what we owe if you just don’t add interest. It becomes a huge struggle.

Keetmanshoop munisipaliteit, die nuwe afrit is onwettig. Wonder of dit op jul dorpskaart verskyn en so aangedui is deur beplanner. Ongelukke is jul voorland. Alternatief kan daar na ander opsies gekyk word, solank dit net ten goede van alle padverbruikers sal wees. Stop dit onmiddelik asseblief!

Wil tog net hoor by die kinderwelsyn: hoekom word die kinders se toelae nooit gelig nie? Daardie N$250 help mos niks. Sommige kinders betaal nog skoolfonds ook en dit is N$250, so wat eet en drink die kind vir die res van die tyd?

Ek is kwaai vir MTC. Lockdown is afgekondig. Ek betaal gou geld in contract pre-payment, sodat ek genoeg krediet in dié tyd het om aanvullende data te kan koop. Hulle reserveer sommer gou die geld vir die rekening wat einde April moet betaal word en ek sit sonder krediet vir aanvullende data. Dwing my om winkel toe te gaan. Rêrig MTC?

DStv subskripsiegelde verlaag in ander Afrika-lande, maar verhoog in Namibië vanaf 1 April. Waarom moet Nambiërs opdok vir verlagings vir ander lande? Is dit dalk tyd en rede om my subskripsie te heroorweeg?

Die antwoord van DStv hou nie water nie. Sport is afgelas, so hulle betaal nie vir uitsaairegte nie. Ek het alle kanale. Hoekom moet ek ou programme relive? Dan kondig hulle nog verhogings aan. Wat het van prysbeheer geword? Ons is nie dom nie, die antwoord onderskat ons intelligensie. – David

Die profeet gee goeie raad. Covid 19: 3 x kelkies heuninglikeur, 4 kaneelstokkies. Trek kaneel af in kookwater, meng vloeistof met heuninglikeur. Volwassenes 1 eetlepel 3 x per dag, kinders 12 en jonger 1 x teelepel 3 keer per dag, babas kwartteelepel 3 keer per dag. Groete

Ek bly in Walvisbaai. Nou wil ek net hoor waarom ek nie mag gaan visvang vir my physical exercise nie. Government Gazette no. 7159 maak voorsiening dat ek my huis mag verlaat vir physical exercise.

Suid-Afrika teken ’n petisie dat hulle nie G5 wil hê nie. Wil ons dit ná al die dinge in Namibië hê?

Die Drotsky-familie wil graag die die staatshospitaal op Otjiwarongo se personeel bedank vir hul puik diens wat hulle gelewer op die 31ste Maart. Hulle is susters Rachel Kagolo, Nakashuna en Hifitikeko dit word opreg waardeer. Mag God jul altyd beskerm.

Die persoon wat oor ’n pub praat: is dit dan net die pub wat drank verkoop? Dis die huise wat nou verkoop en kom kyk tog of die pub wyn verkoop, want ek gaan koop elk dag my meatballs daar. Gaan kyk wat gaan in die informele nedersetting aan en hoe die mense daar dronk raak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!