SMS'e vir 6 Desember 2018
SMS'e vir 6 Desember 2018

SMS'e vir 6 Desember 2018

". . . nies almal."
Mandy Rittmann
Wanneer Swapo hoes, nies almal. Arme sekretaris-generaal van Swapo, raak wakker uit jou droomwêreld. Ons is by die werklikheid. Foeitog!



Does the president live in the same Namibia we did? He praises cabinet ministers for good governance, unquestionable work ethics, accountability, ethical leadership and a job well done? Seriously? Nine months after he promised to hold them accountable for various allegations of maladministration, incompetency and corruption? All SOEs and ministries are in shambles and he praises them? Then there is no hope for Namibia! Shocking and very, very sad!



Regbank: Staat staan nie pa vir traes. Nou hoekom word die Dippenaar-saak kort-kort vir jare uitgestel? Kan die taakgroep nie ondersoek instel nie?



Dit is waar! Cenored Okahandja se dienslewering is pateties. Waar­skynlik 'n gebrek aan leierskap, insig, kennis en vaardigheid. Absurde uitlatings om onregmatige optrede te regverdig is aan die orde van die dag. Drastiese ingryping is nood­saaklik!



Sal Amerika asseblief ophou om Namibië finansiël te ondersteun. Namibië is vrot van korrupsie en Daniel Zaire is die nuutste voorbeeld. Hoe gaan Afrika leer as hulle heeltyd aan die tietiebottel drink?



Suid-Afrika gaan 'n swart (donker) Kerstyd tegemoed, vanwee Eskom se verwoesting. Met dit gaan misdaad wat reeds hemel hoog is tien maal vererger. Wat 'n skandelike gemors! Ek dink aan my familie daar. - Piet de Beer



Karasburg-distrik, Gabis. Nou sit net die pale in, van Gabis af tot by die Dounaib 2, dan kan ons maar ons eie krag insit. Verlang om krag te hê.



Liewe meneer. Ek en my familie gaan Dinsdag en Donderdag see toe. Sal jy wat sommer verby stringe motors verby jaag, motors verbysteek op blinde hoogtes, jaag asof jy nie omgee nie, asseblief op 'n ander dag see toe ry. Baie dankie.



Ek wil weereens aan die oom by Gibeon Hoërskool se koshuis sê baie, baie dankie vir jou diens vir hierdie jaar by die koshuis. Ons waardeer regtig wat jy gedoen het vir ons kinders. Ons kinders praat baie goed van jou, hulle kom vertel ons dat die ander opsigters kinders klap en selfs baklei met die koshuisvader, maar jy nie. Stel hom aan as 'n koshuisvader, want hy respekteer ons kinders en vir ons as ouers. Mag die Here jou seën.



Ek is toe baie verveeld en neem deel aan MTC se megakompetisie. Al my regte antwoorde is toe “incorrect”. Wat nou? Ek lag maar liewer. Probeer weer.



As jy wil ophou drink, is dit jou probleem. As jy wil aanhou, dis ons plesier! – KWV



My pyp, my pyp, my daggapyp, jy is my maat, jy is by my van smôrens vroeg tot sawens laat. – Jointbou



Alle dank en eer aan broer Aupapa Kaula. Hy het ons huwelike gered deur sy leringe by die onthaal van Justice en Delline. God seën u.



Memory en Imelda wat by die ministerie van finansies in Keetmanshoop werk. Baie dankie vir vriendelike diens en dat jul werk vir jul 'n passie is.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer