SMS'e vir 6 Desember 2021
SMS'e vir 6 Desember 2021

SMS'e vir 6 Desember 2021

"...waarom sukkel ons so..."
Mandy Rittmann
Myns insiens. Dr. Obholzer, waarom sukkel ons so met die anti-vaxxers? Dit gaan nie meer vir hulle oor die land se gesondheid nie, maar oor openlike sabotasie op social media ongeag hoeveel lewens in die slag bly. In Junie het baie mense voortydig in Namibië gesterf, omdat hulle nie ingeënt was nie. Sommige mense het drie maande in die hospitaal deurgebring, waar dokters geveg het vir hul lewens. U is tog ’n dokter van invloed en welbekend. Kan die skroewe nie teen anti-vaxxers aangedraai word nie? Die saboteurs begin ’n oorhand kry op social media deur hul onwetenskaplike snert te versprei.

Dr. AC Oberholzer wie? Nog nooit van gehoor nie. Kyk asseblief na Geert van den Bossche. Ons het almal verstand.

Dit lyk my as jy enigsins iewers in die lewe wil kom soos byvoorbeeld om ’n Oscar-benoeming te verkry, moet jy bereid wees om jou eersgeboorte reg vir ’n potlensiesop te verruil.

As die Covid-vax so wonderlik en skadeloos is, hoekom moet mens ’n vrywaringsvorm onderteken? Hoekom word gevalle van newe-effekte verswyg? Wees tog net eerlik met die bevolking.

Die ou wat Walvis se mayor dare. Jy vergeet gou die stukkende paaie is van die vorige lot geërf, dieselfde lot wie vir hulself eerder reusesalarisse en -voordele toegeken het in plaas daarvan om infrastruktuur te onderhou. Mens kan nie in een jaar, 27 jaar se rot regmaak nie.

Bravo aan die persoon wat die munisipaliteit van Walvis in vandag se Republikein aanvat oor die toestand van ons dorp. Die swakste munisipaliteit langs die kus.

Waarom by ’n Kersmark toegangsgeld betaal? Regtig mense, ek dink nie dis ’n slim idee nie. Hoe gierig wil die mensdom nog wees? Geld, geld, geld! Mense wat nóg die Kersmark wou bywoon, het dit eerder gelos.

Wil net ons dank uitspreek met die goeie diens wat Nambob Katutura (Francina) en span aan ons gelewer het. Dit was ’n baie uitstekende dienslewering dat jy vergeet dat jy iemand aan die doodafgestaan het. En ons wil ook ons dank uitspreek aan Beth-el Kerk en Tanidare se ouderlinge met hul troosvolle boodskappe en aan ons pastoor Gunter Swartz vir die troosvolle woord waar daar ’n donker wolk was, het hy vir ons ’n silwer rand laat sien met sy woord. Baie baie dankie. Van die Jagger- en Januarie-families.

Kommentaar

Republikein 2025-04-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer