SMS'e vir 6 Februarie 2020
". . . nie krag betaal . . ."
Hier loop gerugte rond die Walvisbaaiers sê as Fishrot moet begunstig word van wat in vandag (Woensdag) se koerant staan, dan keer hulle die wêreld onderstebo, want dis hulle skuld dat hulle nie werk het nie. Ons het dan die hele verhaal op YouTube gesien hoe hulle besigheid maak met Ysland se ouens en hoe die miljoene inrol aan hulle kant. So waar as vet . . .
Hoekom doen die regering niks omtrent die twee vissersbote wat net so verdwyn het nie? Hoekom is daar geen soektog gelas nie?
Ja, Ethel Pupkewitz (nee Meyerovich), die eggenoot van die ontslape biljoener-sakereus van Namibië, Harold Pupkewitz is ook Sondag oor die groot rivier. So het nog ’n era in die geskiedenis van die pioniers van ou Duitswes-Afrika aangebreek. Soos broeder Pupkewitz was sy ook uit beeshoring gekerf, ideal vir ons dorsland. Mag dit so wees. - Ollie Joubert
Ek is bevrees die coronavirus breek in Asblom- en Frankstraat, Khomasdal uit. Die riooldrein 2de links vanaf afdraai Frank- na Asblomstraat vanaf sokkerveld. Dit vrot, geen lewende mens en dier kan dit uithou nie.
Stem saam met gister se lesers. Ons rugby kon al baie verder gewees het. Inmeng het veroorsaak dat ons steeds amateuragtig is. Net ’n baie klein groepie wat dink hulle is op die regte pad.
Volgens die wet moet wilddiewe swaar strawwe opgelê word, maar sommige landdroste gee graag borg met ’n lagwekkende bedrag betaalbaar. Lyk meer na ’n klug!
Eto, die welsynkantoor by die Mall in Okahandja het nie krag betaal waar hulle huur nie julle.
Wat het van Dippenaar se saak geword? (Die verhoor hervat op 1 Junie 2020. - Redakteur)
Okahandja. Het julle geweet dat by ’n sekere supermark broodkrummels N$19,99 per kilo kos? Duurder as vars brood en mieliemeel. Skande!
Sien in die koerant Brain Jaftha van GUN en Andrew Naunyango Asst. Prok. takel (weer) die wettigheid van groenblare gebruik in die hof. Dink net die twee here moet onderskeid tref tussen CBD en THC. – OJ
Dit is goed en reg om vergifnis te vra en natuurlik, as jy dit opreg bedoel, gaan God jou vergewe, maar om dit weer en weer te doen, is ook nie reg nie. Die sogenaamde debat gaan oor om te steel is nie ’n sonde nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie