SMS'e vir 6 Januarie 2015
Ek kry vanoggend my vriendin so jammer. Ek sit hier by my huis en wonder waarom sommige mans sulke swakkelinge is! Hy doen klein werkies vanni huis af om die eenvoudige rede hy wil nie vir ‘n baas werk nie, of hy werk geheel en al glad nie, want Maandag is hy babelaas en kan begin werk wanneer hy wil, sy inkomste is so pateties hy kan nie eens vir sy familie sorg nie, hy is arrogant en net plein ongesik. Vloek lelik en het geen respek vir ‘n volgende persoon ni. Hy is selfsugtig, dink net aan wat hy nodig het! Sy vrou hou di huis aan di gang en om als te kroon sy vriende dink di wêreld van hom want hy ht 4 karre en ‘n groot huis, als met sy vrou geld gekoop oor di jare, naweke drink hy met geld wat net hy weet waar hy dit kry, of lê hy in sy maatjies se sakke? Mans wat ni werk ni dis 2015, begin om te sorg vr julle families, jy is mos di hoof vanni huis, of hoe?
?By Gambling House Mariental moet jy wag vir uitbetaling, want die dame is in die lokasie. Sy kry nie taxi nie.?
Ek soek werk as n 'mechanic/handyman op plaas of lodge. 081 247 4806.
?Alle voorspoed vir 2015. Hier volg ‘n dringende beroep op almal wat familie is van die volgende persone wat op ou Stampriet begrawe is se familie: Oupa Bock, oupa en ouma Kubersky, ouma en oupa Van Rensburg en die wat ek vergeet het is ook welkom. Kom ons hou ‘n re-unie asb. Ons mense is nie so gelukkig mt baie dinge daar op Stampriet nie. Dis dié mense wat ou Stampriet opgebou ht. U kan my bel sodat ons kan besluit wanneer: 081 763 7783. Martha Both Claasen.
?Soek asb antwoord van polisie of beeseienaars! Amper kar gerol 4 uur die oggend oor klomp beeste op teerpad tussen Windhoek en Rehoboth. Hoekom skiet polisie nie die beeste en voorsien die outehuis met vleis nie etc.? By ongeluk kan daar nooit ‘n skuldige eienaar gevind word nie. Dit is ‘n daaglikse probleem op die pad!
?Almal wat kla oor MTC, is julle eie skuld TN Mobile is daar en lewer beter diens. Hou op kla en doen iets. ?As jy sê die Here het al die struikelblokke in ELK uitgevee sonder versoening, dan is jy sekerlik besig om die Here vals te beskuldig. Is jy seker dat die Here tevrede is met wat in ELK gebeur het? Wat sê die woord van God. Vergewe mekaar en moet nie my gesalfdes aanraak nie, want Ek sal jou straf.
?Ek's op soek na Simon Munjenja wat by TransNamib op Aus werk, skakel dringend 081 724 7595 of 081 564 2758.
?Wanneer kry ons ook die DTT-dekoder se signal in Groot Aub, ons het die dekoder, maar kan dit ni gebruik ni. NBC ons soek antwoorde.
?Fiets buite- en binnebande is van ‘n hopelose swak gehalte. Kry jy een lekplek, kan jy maar die binneband weggooi, want die lekplek skeur langwerpig onder die lap al met die lengte langs. Die buitebande is in minder as ‘n maand toiingrig in die binnekant en vol krake langs die sye. Die remblokkies raak ook gou kliphard en kan gevolglik nie meer rem nie. Van Wise Guy.
?Is daar iemand wat die 2 rekords kan breek? In 1964 het my ouma ‘n English Electric-yskas gekoop. 4/1/2015 begin Mariental (NamPower) se krag fluktueer. Ek hoor my buurman se aircon klink nie reg. Net daarna is my 51 jaar oue yskas oorlede, binne halfuur, danksy munisipaliteit en NamPower!
?Het vrydag my kinders vir pizza gestuur na welbekende pizzaplek in Walvis, waar die kinders besluit hulle gaan apart betaal en die kassier sommer ou slip vir die een seun gee, datum 13/12/14 tyd 18h36, en die ander slip die regte een. Ek wil weet hoe doen mens dit, hulle bestel toe M1 en M12, en die ander bestel M12 en C6. Wat die slip sê, is nie wat die box sê. Dink so besteel hulle die arme werkgewers. Juffroutjie, ander kliënte kom nie agter nie, maar jy sal nie ver loop met bedrog nie. A.THYS
?Kan diegene wat vir mense se dood op paaie verantwoordelik is, se lisensies nie PERMANENT afgevat word nie.
?Aan Godfrey Kleynhans, u private dokter het ‘n goed toegeruste praktyk met eie verpleegster/s. Hoekom hospitaal toe kom? Dis mos netjies en goed toegerus daar. U het seker gesien daar is tot 2 verpleegsters per besige afdeling/s. Bid vir die personeel, daar is ‘n baie goeie werksverhouding tussen dokters en verpleegsters. Staatspasiënt.
?Op Dinsdag 30 Des 2014 na 10:00 was ek per kar op pad van Rietfontein SA, deur Klein-Manasse grenspos, met die grondpad op pad Keetmanshoop toe. Omdat my kar se brandstof genoeg was en brandstof heelwat goedkoper in Namibië is, wou ek op Aroab gaan volmaak. Tot my grootste teleurstelling word ek deur die petroljoggie van die enigste vulstasie op Aroab meegedeel dat hulle geen petrol het nie. Mense! Is dit nie swak beplanning van die vulstasie-eienaar wetend dat dit ’n baie besige tyd van die jaar is. GJ Jansen Windhoek.
?Kan NBC se sportafdeling vir ons sê waarom hul die WWE nie meer wys nie? Ek is diep ongelukkig! Waarom, waarom ha? Verduidelik asb.
?Kom ons bid vir reën, ons benodig dit dringend, stuur aan na soveel as wat jy kan. Gebed verander sake. Want dan roep ons na die een van wie ons van afhanlik is. Jesus is ons Vader.
Meeste van ons voel saam met familie van die gru-ongeluk op die Hentiespad. Ek hoop die skuldige word net so meedoënloos vervolg soos met Harry Simon se geval.
?
Skoonmakers en ander personeel van Olympia munisipale swembad. Baie dankie vir julle onbaatsutige en harde werk om die plek elke dag so skoon en netjies te hou. Ten spyte van groot getalle mense wat elke dag kom afkoel weens die warm weer. Ons waardeer julle insette om dit vir ons as publiek so aangenaam moontlik te maak. Opregte waardering daarvoor. ‘n Mooi 2015 vir julle toegewens. HS.
?Wil net steun verleen aan die SMS in Vrydag se Republikein i.v.m. dwelmsmokkelary op plase in Reheboth-gebied. Gewetenlose smokkelaars teiken plaaswerkers en gesinne om swaarverdiende salaris te verkwis op dwelms en drank. Ironies dat gegoede en bekendes hul ook skuldig maak aan hierdie gewetenlose vergryp. Polisie en dwelmeenheid, wil u ons nie help om die meedoënlose smokkelaars vas te vat nie? Onmiddellike reaksie op klagtes en patrolliedienste sal baie pyn en hartseer verhoed. Moet ons nie aan gewetenloses oorlaat.
?Jy wat Saterdag 3 Januarie 12:15 tussen Swakop en Usakos waar dubbele sperstrepe is by ‘n string motors en vragmotor verby is, jy is ‘n idioot om behalwe jou eie lewe waarvoor ek vere voel, ook medepadgebruikers se lewes in gevaar stel. Wonder waar het jy leer bestuur?
?Die Nuwejaar se kerkdienste het geëindig met die Lutherse kerk wat NBC Damara/Nama-radiostasie domineer. Die eerste Sondag in die nuwe jaar is dit weer Lutherse kerk. Is daar nie ander kerke wat geregtig is op regstreekse uitsendings is nie? Ek kan dit nie glo nie en wil net weet wie laat sulke goed toe. Onthou ons wil ook onse kerke hoor.
?Olieprys vs brandstofpompprys. In Namibië het dit duidelik niks met mekaar te doen nie. Hoekom ons regering wil voorgee dit hou verband weet ek nie. Die staatskoffers kan nie meer bekostig om die petrol- en dieselpryse te sak in ooreenstemming met die ruolieprys nie. Die geld is "spoken for", soos die Engelse sê. Die heffings het ons in ‘n stywe lyfklem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie