SMS'e vir 6 Junie 2017
“...gruwelike doendinge...”
Volgens ons Grondwet mág ons onsself en ons eiendom beskerm. Hoekom word mens dan in die tronk gestop as jy dit doen? Hoekom word die krimineel vrygelaat? Eerlike prokureurs help tog dié sulkes asseblief.
Verwys na Derick Daniels se skrywe ten opsigte van slange in die waterpype. Hoe de duiwel kon dit in die waterpyp beland? Is daar ’n moontlike uitleg?
Die voorval van beesdiefstal rondom Karibib: Die sersant, medepolisieman en staatsamptenaar, maak ’n voorbeeld van hulle as hulle skuldig bevind word in die hof. Smyt hulle in die tronk en gooi die sleutels in die see. Ek dink Namibië (publiek) het nou genoeg gehad van korrupte polisie. Dit is hoekom ons land so lyk van misdaad. Ons het nou genoeg gehad!
Ons het Sondag vir Ouma Katrina (Anna Waterboer) begrawe. Ons wil alle instansies en individuele mense bedank wat ‘n bydrae gelewer het om ons Ouma Harambee ter ruste te lê, veral die koerant en Kaisames radiostasie. God seën Namibië. – Benjamin Isaacks
“All roads lead to Swakop”. Graag sou ons dit wil ondersteun, maar die modderpaaie in die stad laat ‘n mens se kop in skaamte sak. Swakop het beslis nie my stem nie.
My seun is op Rehoboth baie lelik aangerand. Hy het dit by die polisie aangemeld. Hy was deur ’n dokter aan diens by die hospitaal ondersoek. Die polisie het dit geregistreer as Assault GBH. Die twee booswigte is gearresteer, maar na 15 minute was hulle deur ’n vrouesersant op borgtog vrygelaat.
Naand almal, Kalkrand polisie help net mense wat in Kalkrand bly. Jy wat buite Kalkrand is, is niks. Al word jy gedreig met die dood wil Kalkrand polisie jou nie help nie. Ons wat op die plase bly, moet maar doodgemaak word. Ons is nie mense wat iets beteken nie, in Kalkrand is ons niks. Jy kan bel en bel, as hulle hoor dit is buite Kalkrand moet jy maar gaan. Help asseblief vir ons wat hier bly.
Graag wil ek hoor of daar nog verkeersbeamptes in ons land is wat ons Suid-Afrikaanse lorriedrywers vloek oor op plekke stop waar daar nie borde is wat se “no parking”. Hier in Walvisbaai is ’n nuwe beampte wat vir ons drywers sê “julle f. . .n Suid-Afrikaanse lorrydrywers park net waar julle wil!”
Windhoek residents watch out for a white BMW hatchback with 5 very neat young men. Driving around looking for vehicles to break into. The driver was wearing a white T-shirt. They tried to break into our vehicle at 11:00 Sunday morning right in front of our house.
HTS-skoolsaal is nie al wat verwaarloos en tot niet gaan nie. Ons hele land gaan agteruit. Daar is een van die dae niks meer waarop ons kan terugkyk en sê daai is nog net so mooi soos vroeër se dae nie. Bewaar ons land vir ons nageslag asseblief.
Voorbladberig in Rehoboth-koerant Vrydag om oortreders te waarsku hoe polisie naweek gaan optree. Inwoners bly maar teleurstellend. Geen polisie sigbaar, nie eens ’n verkeersbeampte. Meneer die hoof van polisie in dorp, “practise what you preach”. Dink nie inwoners weet wie jy is nie.
Otjiwarongo dorp van die jaar? Skande. Die plek is vuil. Bokke, skape en beeste loop in strate rond. Moet maar wag tot die TV-mense kom en hul na die regte plekke toe vat dat hul dit vir land kan wys. Die munisipaliteit kyk net na hulself.
Kan nie Suid-Afrika vergelyk met Namibië? Die misdaad het daar net so begin soos nou hier by ons.
Ek wil weet wanneer die regering ons wil betaal vir werk wat ons reeds gedoen het - die kapitaalprojekte.
Zim goverment bans all golden handshakes! Now Mr President here is something sensible you can learn from Mugabe and stop the looting of taxpayers money for already overpaid officials/executives.
Hoekom moet die vrouens so sleg praat oor mans? Selfs die kinders ook. Hoekom word hulle op die lug toe gelaat om so sleg te praat van anner? En vroumense se gruwelike doendinge word met die dik kombers toe gemaak, maar pas op, die Here sal alles wat in duisternis gedoen word in die lig openbaar.
Wie in Windhoek sal my “bless” met ’n bed, al is dit ook net ’n bed wat rondstaan en nie gebruik word nie. Ek lê al jare op die vloer, kan dit nie meer hanteer nie. Ek sal dit hoog waardeer!
Ons stuur ons kinders na Aus omdat daar ’n rehabilitasiesentrum is sodat hulle kan herstel van hulle dwelmgewoontes. Hulle onkunde word egter uitgebuit en hulle ondergaan nou die groot doop. Nou word hulle ondergedompel. Is dit reg dat so dat met ouers se gevoelens so gespeel word en dat mense wat eintlik siek is, misbruik word? Dit het nou ’n geldmaakbesigheid geword en mense word nuwe leerstellings ingepomp. Los asseblief hierdie speletjie en rehabiliteer mense op ’n eerlike en opregte manier en stuur aan ons gesonde mense terug sodat hulle weer hulle regmatige plek in die samelewing kan inneem.
Ex-members of the Rössing pension fund only want their fair and legal share of the surplus. Rössing has no legal right to any of it, a pension fund must go to the members. In 1993 the surplus was around 750 million. It should be exposed that Rössing has been taking/depleting the surplus by taking their company contributions plus member contribution (145/month) out of the surplus which belongs to the members since 1993 which cannot be legal and should be paid back into the fund prior to fair distribution. They also in 1993 took the amalgamated 75 million surplus of the Rössing external pension fund in SA instead of paying it out to the rightful beneficiaries.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie