SMS'e vir 6 Junie 2018
". . .ons het nie 'n oorlog. . ."
Mev. Laura McLoud-Katjirua, goewerneur van die Khomasstreek, u wat kla oor die toenemende misdaad in die Khomasstreek, veral gewapende roof. Ek het vir u ’n goeie oplossing - vervang die te min polisiemanne met weermaglede. In hierdie stadium eet hulle ons belasting op. Ons het nie ’n oorlog in ons land nie. Gebruik hulle om ons stad en dorpe te patrolleer. Ek hoop dit sal u probleem oplos.
Ek lees klagtes oor ons regering en die instandhouding van staatseiendomme, oor die Etosha-heining en so kan ons aangaan. Weet u hoe hartseer dit is om nog met onbevoegdes ook aan dieselfde wa te trek? Alles gaan tot niet. Wat bly oor vir my kinders na ’n paar jaar? Ai, ek het beter dae geken toe pa nog gelewe het.
Die spotprent in die Republikein van 4 Junie was uitstekend! ’n "Catch 22"-vraagstuk in ’n enkele vraag aangespreek.
Air Namibia, teleurstellend. My "pocket plier" van 3 000 dollar word uit my bagasie gesteel. Air Namibia wil my 150 dollar "refund". Wat ’n grap!
Ek is verstom, Colette Rieckert. Windhoek Gimnasium werf die beste spelers in al die ouderdomsgroepe van alle sportkodes, veral rugby. As ’n kind net 'n Grandcomo- of Cravenweek-span haal van ander skole, dan wil hulle daardie kinders met alle mag by Windhoek Gimnasium kry. Hulle bied dan gratis sportbeurse aan vir daardie kinders.
Soos gewoonlik het geld weereens die oorwinning gekoop in skolerugby 2018. Gimmies koop die beste spelers orals in die land by ander skole. Geen verdiende oorwinning. Geld het die wen gekoop.
Die vroulike renjaer van Petuniastraat se dwelmhuis is weer losgelaat. ’n Omstander het probeer om van een van die episodes ’n video te maak. Die "butlers" wat die dwelms verkoop, het op hom toegesak en hom geslaan. Die polisie was daar en het die tolmerke in die teerpad gesien, maar hulle het niks gedoen nie. Vir hoe lank nog behoort die straat aan die dwelmsmouse?
Ek wil vra. Indien ’n persoon oorlede is en die inkomstekantoor stuur nog ’n opgawe uit, wat staan ’n mens te doen? Laat weet asseblief.
Jy wat praat van vuil dorpe het in die huis gesit terwyl ons die dorpe skoonmaak saam met die president.
Why must Swakopmund's new Mayor have to own a vehicle costing N$700 000.00, when thousands live in shacks, many streets are still mud and no running water for government buildings, schools and hostels? A car can only take you from A to B. Does it have to be in absolute luxury?
These so-called traditional authories (purposely not capitalised) are simply archaic remnants adding nothing to future generations. They prostitute national resources for immediate gains, such as the teak "harvesting" granted by the Mafwe. - F vd Merwe
Sowaar as wragtag! Die Chinese voer nie net hul burgers na Namibië toe uit na, maar dra ook als weg waarop hulle hul hande kan lê. Nou is dit weer ons kiaathout. Hulle het geen respek vir 'n ander land nie en kry twee pond per pond terug vir als wat hulle hier insteek.
Ek wil net ’n sakie regstel in my SMS op Donderdag 31 Mei 2018 in die Republikein. Dit is Metro Mariental se drankafdeling se personeel en mense wat wonderlike, vriendelike en die behulpsaamste mense is wat ’n mens kan kry. - Magda en Trudie van Gibeon

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie