SMS'e vir 6 September 2018
SMS'e vir 6 September 2018

SMS'e vir 6 September 2018

"...meer skuld, meer dooie renosters..."
Mandy Rittmann
Die verhoging in taxi-tariewe is seker regverdig vir ’n eienaar met een taxi, maar baie onregverdig vir die met twee en tot vyf! Dit is bloot gulsigheid! Dan is hul nog skelm ook. Registreer nie alle lisensies onder hul eie name nie.

Another fuel price hike and burden for the poor taxpayers. Time for the government to go and be replaced by a better one that respects the public's tax money.

Lyfstraf: Soveel mense kla oor ongedissiplineerde kinders. Republikein doen asseblief meningsopname onder lesers. Lyfstraf, ja of nee?

Absolutely shocking! NBC again subtracts pension and loan monies from their employees salaries and does not pay them over to pension fund and banks! Surely this is criminal and board should be prosecuted? Shocking Namibia is so corrupt and bankrupt mr. President. Open your eyes to the truth!

Absolutely shocking! State hospitals in Walvis Bay and Swakop cannot feed their patients since 1 September. Have no money? As usual when government fails its people miserably. Private sector now asked to donate food? Yet we build luxury trips, build luxury ministries, airports, white elephant harbours etc etc. Open your eyes to the real bankrupt, corrupt Namibia Mr President! Shamefull, shocking!

Ai eto! As dit ’n ware storie is oor grypery van kinders. Ontplooi polisie en ledige vet soldade in die hele Namibië, want die ding steek kop uit en WhatsApp lyk na grappe en voel nie ernstig nie. Ja man. – Outjie

Sê maar net, as die moordenaar(s) van kleine Avihe gekry word. Gee hom vir al die moeders met klein dogters en dit wat oor is, kan seker tronk toe, indien daar iets oor is!

Meer Chinese, meer skuld, meer dooie renosters en meer korrupsie. Stupidity rules!

Na aanleiding van ’n klag in Republikein, 4 September 2018, moet ek heelhartig saamstem met die klaer oor die toestand van die pad na Solitaire oor Walvisbaai en ek glo ander paaie ook. En die getal toeriste wat dit gebruik. . . dit is verskriklik hoe dit lyk! En ons wil meer toeriste lok na ons pragtige land. Dringende aandag word benodig. Asseblief!

Die waarheid moet uit, al moet die kraaie dit van die dak verkondig. Dankie is ’n klein woord, maar nogmaals dankie vir die blitsverkoper boek. Weet nou min of meer wat van sommige familie, klasmaats en kontreibekendes geword het. Die pen bly tog magtiger as die swaard en skrywer, jou entegriteit gedurende studente dae was en is steeds hoog aangeslaan!

Jy wat my en my familie se nagrus kom versteur het Saterdagnag, wat kom lieg het oor jou kind se siekte, wat geld uit ons kom kry het en wat sê jou naam is Enrico. Jy het seker lekker gekry, maar weet God slaap nie.

Kan CoW asseblief die karkasse van doodgeryde diere van die paaie af verwyder. Daar lê al vir drie dae ’n dooie bobbejaan op die Avisbrug en die karkas van ’n jakkals nog langer naby Finkenstein. Of waarheen gaan die belasting wat ons buitemense moet betaal?

Nam Rugby. Dis mooi, lekker sport wat met klomp liefde en broederskap gespeel was. Die broederskap bestaan steeds, alles is in plek vir nog ’n “World Cup”-deelname. Rassime is elke keer deel van die “World Cup”. Ons Hemelse Vader se seëninge is gepaard met geregtigheid, so laat geregtigheid seëvier. Laat ons hande vat en die gees van ongeregtigheid op die agterent uit skop in Rugby Nam. Laat ons die “World Cup” in ’n gees van geregtigheid bywoon en speel en kom ons kry reg waarna die land smag. Rugby is in ons bloed en dis bloedrooi bloed, want bloed het gevloei vir geregtigheid. Tommy Forbes. (Rugbynaam – Breker)

Oud-Namibiese speler. Nee wat! Jy sal nie verstaan nie, want jy lewe jou hele lewe in wit voorreg. NANRU het vir geregtigheid baklei en om vredeswil een Unie gevorm. Julle sit nog steeds in daardie voorregte posisie en het niks prysgegee of pyn en lyding ervaar nie. Vir daardie tweegatjakkals spelers wat dink hulle gaan WR toe, dink weer.

Pieter Welgemoed ek stem saam. Ek het ook twee weke terug met die eienaar se langslewende gepraat oor ons probleme met die buitetoilet. Swakop is die dorp in die land en Spar volgens my dié winkel. Dit sê baie, meneer Spar. - Lood 081 2166 167

Hi oud-administrateur. Los politiek uit sport en konsentreer op jou uittrede. Een ding is verseker ek is trots op jou! - Dave Viljoen

En so was die ander groot sonde dat Johan Diergaardt vyf spelers sou gekies het wat buite die HPP was. Hierdie selfde spelers het al die jaar CC onder Lyn Jones gespeel, sonder kontrakte vir wat dit werd is. Hoe sê hulle, as jy nie wit genoeg is, mag jy probleme kry? Ai, en die borge wat toe oor hierdie sinnelose redes onttrek en ons CC deelname sonder valskerm uit die lug laat val, het FNB dan nie goeie milage met dieselfde Johan Diergaardt se briljante uitslae met sy FNB Unam rugbyspan verkry?

Te hel met die CC en te hel met die Wêreldbeker. Ons nie-blankes sal niks mis nie. Ons is net goed genoeg om klubrugby en die ligavure aan die brand te hou. Wie is die sogenaamde PTY om rugby te kaap met ’n klomp buitelanders en hulle binnelandse lakeie.

Die voetesleep met besluite oor die skaapskema in die Suide is besig om die skaapbedryf ongekende skade te berokken. Suideboere veg nie net teen die droogte nie, maar om afset vir hulle skape te kry. As gevolg van die probleme beweeg boere weg van die geliefde Dorper na vetstertskape wat op veilings verkoop kan word. Dit bring nou armoede na die boere se voorstoep. In SA verkoop banke boere se plase vir ’n appel en ei om geleende geld terug te kry. Suideplase gaan binnekort dieselfde pad loop, as daar nie nou daadwerklik ingegryp word nie. Daar is nie meer tyd oor vir hana-hana nie!

En jy meneer wat sê Johan Diergaardt het sy beurt gehad? Phil Davies het ook 2015 sy beurt gehad, maar hy is mos ook wit!

Hokkie-moeilikheid. Vir jare kla die klubs by die Namibiese Sportkommissie oor rassisme in Namibiese rugby. Met vele insidente ook tydens Wêreldbekers. Toe ’n swart hooggeplaaste se hokkiekind betrokke is, skrik hulle wakker. “Too much too late. Sleep on clowns.”

Het klere vir seuns vanaf 9 jaar tot 12 jaar. Skakel 081 616 5755

Rugby Pty Ltd. Vat julle borge en vir Wessie Green, Basson, Lawyers, Walliesers en gekontrakteerde spelers en skoert. Ons kan maar weer Vlakkierugby speel. Die regering is net so hopeloos. Arme Mnr. Basson is ook maar net ’n pion in die hele sage.

Bakkie-kompetisie. Die kompetisie is verby, maar nêrens is daar wenners aangewys in nie. Dankie.

Mariental-skou. Jul vuurwerke was ongelooflike mooi.

Wie het gekla toe Henning Snyman en Cravenweek-afrigters vir eeue in beheer was en die wit voordeel ( white priviledge) beskerm het. So haal ons swart en gekleurde spelers skoolspanne, net om by die huis te bly as nasionale spanne gekies word. Ons is keelvol!

NRU en Pty Ltd. Kom ons reël ’n openbare debat of bespreking oor die saak en laat elkeen sy saak stel.

Ek dink Bradley Basson het die kat aan die stert beet as hy dink hy is nog steeds die baas van die NRU. Van wanneer af besluit borge wie rig ’n nasionale span af. FNB en Namibia Breweries moet sê of hulle vereiste vir borgskap ’n wit Suid-Afrikaner was. Ek wonder wie is hulle se kliënte, dat hulle blatant kant kan kies. Dus hoekom afrigters soos Jones die vermetelheid kon hê om deur middel van ’n e-pos te bedank, sonder om dit met hulle te bespreek. Dankie mnr. Mensah dat jy standpunt ingeneem het.

Net ’n pluimpie aan Michael van Erongo Auto Electric. Baie dankie vir al jou moeite en tyd om ons te help tydens ons toer deur Namibië. Dit word opreg waardeer. Johann en Ciceel Wentzel – Paarl

Al weer Joos Platt-stories. X-kollega het julle niks anders te doen. Nampol het nie poste vir oud-Swapol werkers nie. Soek iets anders, as julle kan. Bly uit die koerant.

Kommentaar

Republikein 2024-11-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!