SMS'e vir 6 September 2021
"...vinnig en roekeloos."
Bernardus Swartbooi, jou doring! Ek sal vir jou stem as die volgende president. Viva viva LPM. Die erfporsie van 31 jaar kan ons teruggee aan hulle, die Swapo Party. - Mogamat Salie Saban Taliban Vrede
Die dame in die wit Audi wat Saterdagmiddag op die Westelike verbypad die motorfietsryers en hul passasiers in gevaar gestel het deur reg agter hulle te ry en op die geelstreep links verbygesteek het. Jy ry te vinnig en roekeloos. Ons het 20 km bo die spoedperk gery en steeds was ons vir jou te stadig. Ek was lus en rapporteer jou aan die verkeersowerhede, maar ongelukkig is hulle so treurig dat dit niks sal help nie. Hou jou in asseblief. Jy is ’n dodelike gevaar op die pad.
Die mensdom lewe van die wat meer doen as hulle plig, want 99% doen niks vir die gemeenskappe waarin hulle lewe nie.
Aan dié persoon wat so baie te sê het oor waningeligte, onkundige, agtergeblewe Afrikaanssprekendes wil ek goeie raad gee. Leë pyp hou toe jou kraan, dalk sien hulle jou vir ’n volle aan.
Lente wys. Grys en swaar die verdwyn. Blou skakeuring het verskyn. Warm son se geel. Winter het met lente gedeel. Bloeisel geel gestreel. Rooi tapyt sal die kollig deel. Skimme groen geboeë bly. Grasvlakte droog is ylversprei. Oor berge en dale sal ons deel. Namib-vlakte toneel speel. Visrivier diep geskeur. Droog ja, dankbaar Heer. Oos, wes en tuis bes. Oggendmis sal my dors les. So by die 23 grade suid. Veld vrolik en jolyt. - Mogamat Salie Saban
Baie geluk, Brian Katjaerua met jou voorsitterskap by die paaieowerheid. ’n Mens kan sien jy is ’n man wat kan voor vat as ’n mens na al die nuwe paaie kyk. Wil jy nie asseblief staan vir President van Namibia nie?
Maar selfs nou nog, spreek die Here, bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklag. En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die Here julle God, want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid en Een wat berou het oor die onheil. Wie weet of dit Hom nie weer sal berou nie, sodat Hy ’n seun sal agterlaat? ’n Spysoffer en ’n drankoffer aan die Here julle God. Blaas die basuin op Sion, heilig ’n vasdag, roep ’n vergadering saam! Versamel die volk, heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die kinders en die suiglinge! Laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek. Joël 2:12 - 16 AFR53.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie