SMS'e vir 7 April 2017
SMS'e vir 7 April 2017

SMS'e vir 7 April 2017

“...sit nou nog in laslap sinkhuise...”
Mandy Rittmann
Twee Chinese uit op N$300 000 borgtog vir besit van renosterhorings? Hoe kan ’n landdros so 'n uitspraak maak? Hoe naïef kan ’n mens wees? Dis peanuts teen waarvoor hulle die horings kan verkoop. Natuurlik gaan hulle vlug! Slang in die gras? Strawwe tronkstraf is die enigste afskrikmiddel.

Graag wil ek net die Namibiese nasie bedag maak op die feit dat hulle moet nooit dink dat die skenkings van die Chinese regering verniet is nie, maar dit kom teen ’n prys: Groot tenders word aan hulle toegeken, mynregte van 100 jaar word aan hulle gegee. Dit beteken dat ons huidige regering ons land se hulpmiddele aan Chinese verkoop vir byvoorbeeld rys. Ons betaal indirek vir hierdie skenkings. Ek sê maar net.

Miskien kan iemand dit vir my verduidelik, want my brein is blykbaar te vlak. Ons regering het nie geld nie. Daar word belangrike goed soos Psemas se krediteure nie betaal nie, omdat daar nie geld is nie. Maar daar is geld vir ’n hawe in die middel van nêrens, sodat die handjievol Chinese hul myne se yster kan verskeep? Daar kom tog nou regtig niks na die welsyn van ons landburgers toe nie. Wie is nou weer wat belowe? En staatshuis se opknapping! Liewe aarde, waar is ons finansies se prioriteite? Besef hulle dat hier mense honger gaan slaap?

Dringende waarskuwing aan alle voertuigeienaars: my broer en ek was vandag by die verkeersafdeling om seker te maak oor uitstaande boetes. Ons het volgens rekord ses boetes uitstaande met ons registrasie op ander voertuie. Al ses drywers het verskillende name, woonadresse en selfoonnommers. Ons moet nou bewys lewer dat die nie ons voertuie is nie. Verkeersafdeling, word wakker en doen julle werk! Waar is julle in die dag of naweke? Vir wat kry julle salarisse? Dis hoekom dit so gaan soos dit gaan!

Psemas: My huishulp se dogter is op ’n oom se naam lid van Psemas. Haar ouers leef albei nog en hulle is ’n gelukkige gesin, dus nie ’n weeskind wat deur die oom aangeneem is nie. So kry jy dertien afhanlikes.

Three MPs (amongst others) Petrina Haingura, Alexia Manombe-Ncube and Agnes Limbo, who went to New York to attend International Parliamentary Womens' Bureau meeting from 13 - 24 March reportedly ended up not attending, but reportedly did personal business/other activities including shopping instead. Goverment or rather taxpayers spent N$650 000 on these three and their support staff. We have a right to know the full travel costs of whole delegation! Read the article in Informante. This is scandelous and heads must roll!

Wintertyd. Meerderheid het gestem en is teen wintertyd. Parlement vas aan die slaap!

Het weer na aanleiding van klagtes oor wintertyd met ’n suksesvolle sakeman wat anoniem wil bly gepraat, hy meen as jy ’n horlosie kan lees, speel tydsones geen rol. Hoe dink jy doen ek sake met Japan, VSA, Australië, ens? Wat van lande met drie en meer tydsones? Hulle verloor dan nie besigheid of geld nie!

Toilet tender in //Kharas, four million for 74 toilets (N$54 000 per toilet), awarded to a company who failed to meet requirements and will subcontract to another company inflating the tender. When will this blatant corruption be stopped and people persecuted?

If China is really serious about condemming poaching by its nationals, why don't they recall them/their criminals?

My goeie aarde. Hoe sal ek kan lewe as ek nog moet huur betaal, water en dan nog ook kos koop? Die kerk soek sy onderhoud, maar ek moet elke dag krag koop uit ’n salaris van N$2 000, en dit vir 20 jaar. Ons sit nou nog in laslap sinkhuise in Ariamsvlei en Build Together Program se geld net stil. Streekkantoor, mnr. Ucham, kom af en sien die lewe in Ariamsvlei. Raadslid Dennis Goetzee, hoe is dit dat ons in die ellendeput gedruk word? Ariamsvlei het u daar geplaas, luister en hoor ons kreet? Waarheen dan nou?

"My droom op te gee", aag wat, so sal jy maar net weer en weer Swapo stem? Sien jy nie dat Geingob soos al die ander nie doen wat hulle belowe nie? Ek voel vir jou, en ek is wit. Kom nie sy beloftes na nie. Verkoop maar al jou goedjies in die Suide en raak gewoond aan die leë beloftes.

In early 1990 a full submission was done to the president, giving him the full advantages of a state lotery. He and MPs refused. Now an enlighted minister realises those advantages. Thanks Minister Shifeta.

Aan die hoof van NaTIS en Roads Authority: Wat is die rede dat ons ’n motorfietslisensie-toetsafspraak kry vir 07h45, om dan eers na 12h00 of na middagete eers getoets te word, omdat die karlisensies eers gedoen word? Is daar diskriminasie teen motorfietsryers?

Keetmans polisie, hoekom patrolleer julle nie die besigheidsomgewings nie? Die dag as julle dit doen, stap al 8-10 almal saam in ’n bondel. Hoekom nie twee twee nie? En die alewige vuil zula-boys wat toeriste en andere verpes met hul gebedel en gesuip, nogal buite die groot winkels? Dis hul rondhangplekke daar. Is ene wat altyd so onnet is en baie lank gelede gewas het wat wanneer hy dronk is sommer langbeen op die pavement sit. Die ander moet maar ompad loop, want daai ou vloek lelik. En ten laaste, kan die munisipaliteit nie plan maak met die honger rondloperhonde in die dorp nie? - Keetmans

Soos almal gesien het by die laaste twee begrafnisse in Maltahöhe, is ons /Khowese volksmense onder Gaob Salomon en J Witbooi. Hier in Maltahöhe is ons solid SWAPO and solid /Khowese. Julle kan mense inry en julleself bedrieg, maar Maltahöhe is nie 'n stam- en politieke speelveld nie.

Graag wil ons weet hoe lank nog voor ons ons retensiegeld kry. Dit word vier jaar sedert die NHE-huise in Rehoboth klaar is. Asseblief, meneer, maak los. Ons het dit nodig. Daie dankie.

Ek kon dit self nie beter gestel het nie, Ettebab, "Lesse aan die vleisvreters". Wens meer mense wil dit oorweeg om vegetariërs te raak.

Wanneer is Tsumeb munisipaliteit van plan om hul werk te begin doen deur die slaggate reg te maak en spoedhobbels te verf? Swak, Tsumeb!

Ek is so bly nog iemand kla oor Usakos so vuil is. Niemand doen iets daaraan, mens kry skaam.

In Rehoboth is net kleuterskole waar jy kyk. Elkeen het sy eie prys. Maklike manier om gou ryk te word? Help asseblief.

Cruelty to animals: I agree with Ghandi. God maid Earth and all living beings that includes animals. A dog is your best friend so please look after him, and the donkey is always there when you need a ride. Please don't take him out of your life by selling him to be slaughtered.

Noudat Suid-Afrika na rommelstatus afgegradeer is, kan ons nou ons eie Namchin dollar maak. Natuurlik met Jack Huang se kop daarop wat in hofsaak van miljardee N$ betrokke is.

Ek as ’n fanatiese Springbok-rugbyondersteuner vanaf 1943, maar het my lus vir Springbok rugby in 2014 finaal opgehang, soos ’n Frik du Preez van ouds sy boots. By SA rugby sou rommelstatus ook pas. - SAP&H

Sjoe! Daar is mense wat regtig help. Dankie mnr. Van Zyl van Swakopmund vir die rolstoel vir die pensioenaris. Opreg waardeer. Net goedheid en guns vir u.

Ons Afrikaners soek wet en orde! Ons is ook geelvol vir alewig se wit, wit, wit. Kyk om jou, open jou oë: verkragting, aanvalle, rooftogte, plundery, straatkinders wat almal treiter, messtekery, moorde en geen geregtigheid. Maak jou oë oop. Na wie toe gaan jy eerste hardloop?

Ek was 11 jaar in ’n verhouding met ’n geskeide vrou, en na al die jare toe begin sy stry soek met als wat ek doen en sê. Ek was toe nie goed genoeg nie, want ek's ’n bruin man en sy ’n blanke. Nou is ek uitgeskop en sy weer met verskillende blanke mans. Is liefde rêrig blind?

O my gosh! To expect of the shop owners to pay for the car guards? It is your car they are looking after!

Rehoboth polisie, kyk tog asseblief vir Blok E. Die dwelms loop met voete rond soos dit laas in die koerant was, en die 2de straat - onse hele goed word daar gaan verkoop vir dwelms. Groot asseblief, polisie. Help vir Blok E.

Mense! Ek kyk ook vir "Suid Ooster" die verhaal, maar my hart kan dit nie meer vat nie. Eers is Jerome oorlede, waaroor my hart in stukke is, nou moet julle my help bid dat Moona uit die koma gesond wakker word. Die woord sê dra mekaar se laste. - Ouma

Ek stem saam met die mense wat sê, die meeste van ons sjefs weet nie hoe om ’n “rare”, of “medium rare steak” te maak nie, en “rare” beteken nie rou nie. Dis of “well done” of rou.

Soek raad vir omlope wat baie pla, asseblief – 081 203 1685

Kan iemand vir my help met kopluise asseblief? My dogter het van Omaruru af met die Windhoek toe teruggekom. Dankie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!