SMS'e vir 7 April 2020
SMS'e vir 7 April 2020

SMS'e vir 7 April 2020

". . . niks skool gemis nie."
Mandy Rittmann
Regtig! Ons skoolvakansie is 'n maand lank. Ons het nog niks skool gemis nie. Ons is nou eers in ons derde week. Waarom is dit nou 'n probleem? Die skole het 16 Maart toegemaak en begin 14 April soos wat ons verstaan. Dis 'n maand? Soos wat ons vakansie sou wees. (Weens inperkingsregulasies is skole gesluit tot 17 April 2020. Skole sal waarskynlik nie op 20 April heropen nie en klasse sal met elektroniese en aanlyn oplossings hervat. - Redakteur)

?Ek hoop die Namibiese regering gaan vennootskappe aan met medisynevervaardigers sodat ons ou landjie kan begin om ons eie medisyne te vervaardig. Ook mediese maskers en handskoene kan in Namibië vervaardig word. Waar is die politieke wil?

?Hoekom het regering toestemming gegee dat SU 1 000 werkers in 'n kamp hou en omkoop om te werk onder valse verpligting dat hulle retrench gaan word as hulle weier? Die lockdown geld vir almal en om uraan te ontgin, is nie 'n essential service nie. Hoekom, hoekom, hoekom! Skei die Chinese en geldgierige Namibiërs wat ander vertrap. Vrot!

?Gelukkig is ek vyf jaar gewoond aan lockdown, want as pensioenaris kon ek slegs een keer per week kos gaan koop. Pas aan, dis maklik!

?The alcohol-free lockdown is impacting negatively on the enjoyable yet unhealthy alcohol abuse practices of some. I need an alcoholic drink now! Fanatics. Their hands are shaking frantically and they are dehydrating as sweat drops are falling like a waterfall from their foreheads. - |Awebahe Johannes ||Hoeseb

?Hierdie alkoholvrye inperking het 'n negatiewe uitwerking op die genotvolle, maar ongesonde gebruik van oormatige alkoholmisbruik. Veral op sommige gewoontesuipers wat alewig praat van ek smag nou na 'n alkoholiese drankie. Onttrekkingsimptome maak dat alkoholiste se hande die ene bewerasie is en sweet van hulle voorkoppe af stroom soos rivierwaters van 'n waterval. - |Awebahe Johannes ||HOESEB, 0812524882

?

Economic Stimulus Payments should have been done regularly and on time. Government however purposefully withheld at least 3 billion N$ in VAT claims and N$800 million in invoices due to Namibian businesses. This crippled Namibian businesses, resulted in jobs losses and stifled the economy at large. Mr. Shiimi please confirm what will the payment period be for future VAT claims, Income Tax claims as well as invoices payable by Government?

?Geliefde oompie Salmon loop uit sy jaart die straat in. Hy verdwyn spoorloos! Die familie is raadop, hartseer en die afknypgeld word spandeer op pamflette, petrol en telefoon. Polisie het net een kar, geen saaknommer nie en gee geen terugvoering nie. Maak mooi beloftes, maar kom dit nie na nie. Vrae word ook nie gevra om verdagtes te identifiseer nie. So trek ons al by dag 30 hier op Keetmanshoop. Dis hopeloos! Geen hoop nie! Help!

?Baie dankie vir Ronelle Rademeyer se baie insiggewende artikel oor die Spaanse Griep in 3 April se koerant. Wel gedaan!

?Thanks to Ronelle Rademeyer who brought the 1918 Spanish flu/pandemic up. I believe in comparison to the Covid-19. It was so disastrous that the Ovaherero who mostly name years to a national event that took place in that particular year called it "ombura ja kaapito hanga". Translated this means "the year when the impact of that flu surpassed a gun-bullet".

?Ek vra maar net. Gaan die polisie ook ontplooi word by kerke en begrafnisse om mense te arresteer wat te veel is?

?Wil graag weet is handelaars soos Shoprite, Woermann Brock en Pick n Pay nie op Lüderitz nie. Die mense krepeer onder die prysspelings en dit gaan al vir jare so. Lüderitz is tog deel van Namibië of hoe verstaan ek dit?

?Hoop die WHO erken een of ander tyd die groot foute wat hulle begaan het met riglyne aan lande, veral aan Afrika.



Ek wil net graag met my vriende iets deel. Ek het nie minder as N$300 'n week uitgesuip. Nou spaar ek dit vandat ek agt jaar gelede die drank gelos het. Baie geld - probeer dit.

?Hoe is dit moontlik? Die sjebeens mag drank verkoop en ander nie. Dit is mos nog nie verkiesingstyd nie. Pateties verby!

?Wanneer gaan die ministers in die government verminder word? Hulle is te veel en doen niks. Eet net ons belastinggeld wat ons betaal op.

?Dis weer Paastyd. Geen openbare byeenkomste nie as gevolg van Covid-19. Die oordeel tref daai landjie met alle geweld. Sy kop word die ergste getref. Dis 'n onmenslike verwoesting. Groete van die Profeet.

?Minister Shiimi, betaal asseblief ons pensioenarisse se belasting van 2018/2019 ook. Ons het die geld ook nodig. Sal dit baie waardeer.

?Help asseblief! Dit word gesê bly in julle se jaartse. Ons het nie toilette nie en die hout moet in die veld gemaak word.

?Die redakteur. Kan u nie asseblief vir ons 'n uiteensetting gee wat die Covid-19 inperking alles behels nie. Wat mag en wat mag nie, wat moet en wat moet nie en vir wie geld dit en tot wanneer. Ons kry net sulke stukkies-stukkies en nie mooi die hele prentjie nie. Sal baie waardeer. Baie dankie. (Ons skenk aandag aan u versoek. - Redakteur)

?Met Covid-19 het baie mense nie geld vir kos op hul tafels nie, maar hul word beveel om geld by banke te gaan leen om hul belasting te betaal. Hoe betaal hul daarna die skuld by hul banke?

?Waarom kan die mense nie by hulle huise bly? Vir wat is hulle so onrustig? Wag tot die tyd om is.

?Minister van onderwys, moenie toegee aan druk om skole vroeër oop te maak nie. Laat die virus homself eers uitwoed.

?Ons kyk nuus en sien hoe kry die ander plekke se mense kos en ons op Mariental vergaan van honger. Moet nou nog by ashope krap vir iets om te eet. President, kyk ook na ons. Dis 'n ou storie dat ons in Hardapstreek afgeskeep word. Vra asseblief, kyk na ons.

?Dis nou herlewingstyd. God openbaar Sy heerlikheid. Ná die droogte het Hy reën en lewe gegee. Ek dink die inperking maak ons nou rustig en ook so dat ons nie meer geld en plesier so verafgod en najaag nie. God sal voorsien, ons moet net gehoorsaam wees aan Hom.

?Mag die regering se oë oopgaan. Ons oorlog is nie meer konvensioneel nie, maar biologies. Bestee meer aan gesondheid, hospitale, klinieke, medisyneverkryging, opleiding en navorsing. Minder aan die weermag.

?Die militêr-magtige VSA is broek op die knieë betrap deur 'n onsigbare vyand, Covid-19. Sy magtige konvensionele wapens kan hierdie vyand nie vernietig nie. Vandag se oorlog is biologies.

?Namibië kan altyd nog met Indiese kundigheid eie medisyne vervaardig.

?Dit is nou 22:00 Sondagaand te Elisenheim. Bokant my woonstel vind 'n dronknes plaas. Veiligheidspersoneel stap so pas verby, sonder om iets te doen. Ek is bang om te kla. Ons is oor die 80 jaar oud. Is hier iets soos 'n eienaarsvereniging?

?First National Bank en Wesbank. Graag wil ek julle inlig dat 'n persoon soos Dustin Januarie 'n blink diamant in die donker tyd is. Sy diens is van die beste wat ek nog ontvang het. Pas hom mooi op. Baie dankie. Dustin hou so aan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!