SMS'e vir 7 April 2021
SMS'e vir 7 April 2021

SMS'e vir 7 April 2021

". . . ou plaasdam met krake . . ."
Mandy Rittmann
Die Swapo-party het geword soos 'n ou plaasdam met krake in. Hulle is besig om 'n lekkasie toe te stop, dan sypel water by 'n ander plek uit. Hulle kan net nie byhou met damage control nie. So ook is hul politieke omgewing een waar geraamtes uit verborge kaste te voorskyn kom om te spook. En die beeldpoetsers kan net nie byhou om te probeer red wat te redde is nie. So ook hul sosialemediakrygers, wyl die ander skuil agter onskuldig tot skuldig bewys - 'n towergesegde. Ingegrawe in hul fort / vesting wag Swapo, met die saakmakende arms van hul regering op die borswering by hul uitkyktorings, om te waak oor hulle alles, want as die een vou, vou hul almal. Jy krap my rug, ek krap joune soort van. – Namalander



Regtig, die korrupsie in die land is 'n skande. So word skuld al meer, maar wat gee president Hage tog om vir sy mense? Niks! Dan word dit goedgepraat. Die jong mense sien al meer reg deur julle. Swapo moet uit.



Baie geluk aan Krieket Namibië om die NBC sovêr te kry om Saterdag en vandag (Maandag) wedstryde van die Namibiese Eagles-krieketspan regstreeks te beeldsend. Net jammer die NBC-uitsendings het laat begin; vir lang tye was daar nie klank nie en die kameramanne het geen benul van hoe om 'n krieketbal te volg nie.



Weet julle wat, Rehoboth se manne wat so sleg is, kan ook met 'n hond vergelyk word, 'n kat ook. Hulle dra hul kleintjies rond. Onthou: kids wat jy vandag so sleg behandel, sal soos 'n muur by jou wees. Die Here is nie tevrede nie. Bely reg en bekeer reg. God straf.



Ek voel uit my hart uit jammer vir die arme mense wat langs mense bly wat geen respek het vir ander nie en dag en nag lawaai. Ongelukkig is die enigste uitweg om maar 'n prokureur te gaan sien en 'n interdik teen hulle te kry. Sal ongelukkig 'n paar dollars kos, maar dis al wat gaan werk.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer