SMS'e vir 7 Augustus 2020
". . . bang om te vra . . ."
Die Deputy Minister, Derick Klazen, jy fokus seker nie om van woonsteleienaars te verwag om mense gratis te laat bly terwyl dit hul inkomste is nie? Wat van dienste en instandhouding? Banke verstaan nie, maar jy rig pleidooie.
In Republikein, bladsy 2 van Woensdag 5 Augustus. Die militêre voertuie op die trailer is nie ’n Chinese militêre voertuig nie! Dit is een Mercedes, Unimog-voertuig van uit Duitsland! Mooi te herken aan die Mercedes-ster voor op die Unimog.
Ek kan nie die regering en Covid-taakspan se beheptheid met kerkdienste, begrafnisse en troues verstaan nie. Sedert inperking was daar tientalle indien nie honderde sulke dienste. Om dit nou as sondebok vir Covid uit te sonder oor die 10 bevestigde gevalle in die Herero-nedersetting is absurd en in swak smaak. Waar is die nedersetting hoeka en presies wie bly daar? Seker nie net Herero's nie. Dr. Shangula en sy span moet versigtig wees met hulle aanbieding van feite. – Robbie Thompson
Godfrey Kleinhans, jy praat soos iemand wat onvergenoeg is. Iemand wat nog lewe in ’n tyd voor onafhanklikheid. Kry die feite reg. Die Education Act van 2020, soos die ou Education Act, stipuleer nog steeds dat primêre onderwys gratis moet wees. Dit alleen verplig die staat om ten minste aan alle primêre kinders gratis onderwys te gee. Dit kan dus ’n verpligte subsidie aan privaatskole insluit gereken op dieselfde skaal soos by ’n staatskool.
Die joernalis Edward Mumbuu behoort ’n prys te wen vir sy vraag aan President Geingob. Hy het gevra wat almal wil weet, maar almal is te bang om te vra. Ons het meer Edwards nodig.
Wens ek kan dit verstaan. Ons is ’n bed en ontbyt met geen gaste van April af nie, maar my water- en ligterekeninge kom glad nie af nie. Kan iemand in Swakopmund dit vir my verduidelik. - Hester
Ek wonder maar net: N$750 vir Namibiërs, maar nie vir Khomas Rural East nie. Alle Afrikaanse vanne zero, stemtyd mooi beloftes en julle sit en vergaan van ellende. Sê iets of doen iets, asseblief verlig ook hulle nood asseblief.
Sal die taxi-eienaars van Rehoboth asseblief vir ons die regte bedrag vir pensioenarisse deurgee. Ek is 80 plus en moes veertien dollars betaal. Dankie.
Wat is fout met MTC? Gisternag na 12 uur stuur hulle 86 SMS’e om te sê my data is klaar. Regtig? Wat is die nut om 86 boodskappe te stuur. is julle mal?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie