SMS'e vir 7 Februarie 2018
“. . .kanker spaar niemand. . .”
Self confessed murderer of pensioner Hartmann wants bail because his leg hurts? Shame on you! What about the pain of the helpless old man you murdered? Suffer murderer suffer!
?Dis hoog tyd dat die NaDS reageer op Rukoro se haatspraak en dreigemente teenoor Duitsers in Namibië. Eintlik moet Duitsland die geldkraan toe draai, want dit land in elk geval nie waar dit moet nie en word net vermors.
?So ver my kennis strek het Polytechnic/Nust nog nooit drank op die kampus toegelaat nie. Danksy Tjama Tjivikua.
?Waarom word die saak van die plaasmoord op weerlose oumense uitgestel tot April vir ondersoek. Wat moet geondersoek word? Hulle was gierig en moordadig!
?Is daar werklik sulke slegte mense in Namibië? Steel eers die beeste, daarna steel hulle die beeswagter se laaste bietjie pap. Sleg, uiters sleg!
?MET het nog nie daardie Erongo-leeus kom vat! Hulle vreet ons vee hier by Tubusis! Shifeta, wat word van jou beloftes? Leë beloftes! Ons skiet die goed nou!
?Governor in Keetmanshoop. Watter plekke val onder jou? Ons sukkel omtrent in klein plekke om ons kinders wat gaan studeer beurse voor te kry.
?Net vir die ou wat die SMS gestuur het oor kanker. Ek het nooit gerook of alkohol gedrink of enige vark geëet, leef ook volgens Bybel en oefen elke dag en ek het kanker. Nee my vriend, kanker spaar niemand nie. Al oefen jy hoe hard, leef hoe gesond, rook nie, drink nie of lees elke dag jou Bybel. Dit sal jou niks help nie. As jy dit kry, is dit so bestem.
?Ja! Ek pie net soos ek wil. Omdat jy nie toilette in die dorpe se strate kry nie. Dis munisipaliteit se werk daardie!
?Ten opsigte van die “Gate-ondersoek”: Kan die kantoor van die ombudsman 'n leidende rol in hierdie aangeleentheid speel? Die kerke en organisasies vir burgerregtelike aangeleenthede sal dan meer gemaklik voel om die aaklige dade van die verlede tot 'n punt te dryf. Hoe sterk (in terme van outoriteit) staan die komitee wat die aangeleentheid hanteer? Dit bly 'n feit dat daar mense is wat seergekry het, geliefdes verloor het en voel dat dinge nie net so gelos kan word nie.
?Ek verstaan dit nie! As jy 'n dorp bestuur, moet jy tog trots wees hoe die dorp lyk, maar nie Okahandja nie. Die strate kan jy nie ry en dit is 'n vullishoop. Ry hulle nie rond en kyk hoe lyk hulle dorp?
?Swak, NBC, swak! Geen woord Saterdagaand op TV-nuus oor die moord op die Botma-egpaar van Koës Vrydagnag nie. Werk jul nie naweke nie of mag jul nie daaroor berig nie? Van Saterdagoggend het Facebook al daaroor berig, asook die Suid-Afrikaanse koerante. (Netwerk24). TV-lisensies betaal? Aikôna! Dis pateties!
?Asseblief, Usakos se dorpsraad! Julle ken Usakos se mense, wat in Usakos bly, wat in die huise bly wat nie werk nie, by wie ook nie op hulle ID's staan "Usakos" nie. Wat staan en sukkel om huise te bedel. Kyk en gee mense 'n regverdige kans, asseblief. Laat hulle werk, want die munisipaliteit vrot van skuld van huisrekeninge, terwyl ander plekke se mense werk. Kom kry mense in die huise met die skuld van die huise. Dankie.
?Met die afsterwe van hoofman D. Fredericks staan die !Aman-stam nou voor die deur van 'n verkiesing om 'n leier (hoofman) te kies. Hulle sal moet baie seker maak om nie weer 'n nie-!Ama hoofman te kies. Kies uit u eie stam deur te stem vir die !Ama-stam.
?Aandag Inkomste! Antwoord asseblief julle telefone. Dit is al drie weke wat ek bel, maar die telefoon lui net. Is daar niemand wat dit kan antwoord nie?
?Ek verstaan nie die logika daarin dat jongmense, groot mense wat werk vir 'n lewe, vermoor oor hul besittings en geregverdig voel, terwyl hulle self nie besef dat hul jonkheid 'n gawe van God is, om vir hulleself vir 'n lewe te werk. Dis nie onnosel mense nie, want in die tronk kan hulle hulself voorberei om hulle sinnelose dade voor die hof te probeer verdedig. Sies!
?Saak (95 kg perlemoensmokkel) teen J Wallace teruggetrek omdat sy Chinese "partner" uit die land gevlug het? Hoe kan die hof dit doen? Natuurlik sal Chinees nie terugkom nie en sommer spring al twee vry. Watter soort "justice" is dit? Wanneer gaan howe leer om nie borg te gee nie en hulle toe te sluit? Skandelike storie hierdie!?As enigiemand kan help. Ek soek hekelpatrone vir blommetjies, soos rosies ens., wat hoogte het om as versiering op materiaal vas te werk. Asseblief!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie