SMS'e vir 7 Julie 2016
Dit is vir my baie moeilik as ervare onderwyseres om te verneem dat die nuwe kurrikulum die 9 vakke behou het vir graad 8 en 9. Dit strook nie met die kindgesentreerde onderwys wat die ministerie voorstaan nie. Menigte kinders val uit die bus vanweë swak voorbereiding vir sy junior sekondêre onderrig. Dit is definitief nie weens verstandelike vermoëns nie. Gee dan die kind ’n regverdige kans om minder vakke te neem en dus meer voorbereid te wees vir sy senior sekondêre fase.
Dankie Vader Oscar is klaar gestraf. Verstaan my goed, ek praat sy daad nie goed nie. Het almal gesien hoe agteruit hy gegaan het? Hy toon liggaamlik en geestelik berou. Hoe dink u waar kom sy depressie vandaan? Hier loop so baie moordenaars rond wat nie gestraf is nie. Ek praat uit ’n moederhart. Dit kon my seun ook gewees het. Wie is ons as mens om te oordeel? Hy sal altyd onthou wat hy gedoen het. Kom laat ons berus by Masipa se besluit en sluit hierdie hoofstuk nou eens en vir altyd af. Laat ons andere ons lewens regruk.
My mense, die lewe is sleg in Keetmans. Ek as pensioenaris pay in KHP. Ek is gister geroof op die hike pad van N$1 400 en ’n ouma wat saam met my was se N$700 is ook afgevat. Ook my ID 700319 0034 8 Josef Ludwig Mouton is gevat. As iemand miskien my ID en papiere optel, gee dit tog asb. by Chris Willemse af vir my, of bel my by 081 303 9839.
Salini-staking: Is daar nie êrens ’n onafhanklike arbeidskenner wat vakbondstigters en -leiers kan leer dat sulke organisasies eintlik vir die belange van die werkers en nie vir die geldmaakskema vir die leiers moet werk nie? Die Neckartal-kontrak is ’n tydelike werkskepper en werkers moes dus vooraf deur die unies ingelig gewees het dat stakings eintlik net vir werkers nadelig is. Geen wonder dat soveel maatskappye eerder hul mense " invoer" - lees Koreane bv. - as om met " wil vir alles staak Namibiërs" te sukkel nie. Ons sit liewers en hand vashou as ’n dag se arbeid te verrig.
Dis maklik om te sê die Duitse buitelanders sit met 620 000 hektaar grond. Kyk die anderkant van die munt: Ovamboland = 8 000 000 hektaar. Okavango = 4 500 000 hektaar. Zambezi = 2 000 000 hektaar. Kunene = 11 000 000 hektaar. Erongo = 3 000 000 hektaar. Khomas = 3 000 000 hektaar. Otjozondjupa = 11 000 000 hektaar. Hardap = 8 000 000 hektaar. Omaheke = 10 000 000 hektaar. Karas = 12 000 000 hektaar. Wat wil jy op 620 000 hektaar doen wat jy nie op 72 500 000 hektaar vir die afgelope 26 jaar kan doen nie?
Ek wil net vir Swapo-regering inlig dat dit nooit in wêreldorde goed was om in ander se streek ander te resettle nie, want met tyd raak dit ’n probleem. Elke Namibiër het sy streek. Ek sal nog vorendag kom met baie wyse en geskiedenis. Tot dan.
Kan die media in die toekoms wanneer verhogings soos die van die krag aangekondig word, net asb. spesifiseer en sê dis net op die 9,8% belastingbetalers van toepassing. - Sias
Het 2009 aansoek gedoen vir 'n NHE-huis in Rehoboth. 2016 Mei word ek gebel om my huis in ontvangs te neem en ek word gevra hoe oud is jy en jou vrou nou en ek antwoord 60 jaar en op dit word ek gesê nee, dit sal nie meer kan toegestaan word aan ons nie, en geen verdere vrae nie.
Ontvanger van inkomste, stop asb. die briewe en SMS’e wat julle vir die mense stuur omtrent uitstaande belastingbetaling waar julle alles ontvang het. Kry asb. julle huis in orde, want julle is pateties verby.
Die 1 400 000 hektaar wat deur buitelanders besit word, is maar 2% van die totale 72 500 000 hektaar beskikbaar in Namibië. Saak het altyd twee kante. Maak jou oë oop en kyk die anderkant.
Dit het nou hoog tyd geraak dat die GRN die private sektor moet aanspreek. Ons anderkleuriges word swak betaal ten bate van die wit Namibiërs. Jy werk al 3 jaar plus dan word mense met geen ondervinding in dieselfde veld aangestel met dubbeld die salaris en voordele. Waar’s die AA wat na die dinge moet omsien? Die rede blyk te wees GRN kyk nie na die wittes nie. Hoekom moet ons anders daaronder ly?
Rössing oudmynwerkers, ons het komiteelede wat sit en vir ons besluit, nou kom buitelanders om vir ons opdrag te gee. Ons weet wat aangaan, ons is nie zombies nie. Moet nie ons se land se minerale steel as jy weet hoeveel daar uit open pit gehaal is nie. Dis biljoene! Wil julle nog altyd steel? Ons is moeg vir julle skelms.
Katutura Hospitaal se muisprobleem: sal Rattax moontlik die probleem oplos? Probeer is die beste geweer. Katte is skoon diere. Dis ’n ander opsie.
Kan iemand vir my meer inligting gee oor die skip wat in Walvis gaan wees volgende naweek? Die een met die boeke? Ek wil baie graag gaan!
Vir die mamma wat vra oor die pa's van vandag wat soveel regte het maar weier om te onderhou. Die storie van my lewe! Dan is hulle nog belangrike besigheidsmanne. Maar die Here slaap of sluimer nie en kinders raak groot. Alle sterkte.
Wil net aan FNB dankie sê vir jare se uitmuntende diens. Mnr. Beukes en sy span van Rehoboth-tak is tops. Dankie vir jul goeie diens.
Ek is op soek na die stel van 10 Kinderbybels. (Afr of Eng) deur Arthur Maxwell, skrywer van die bekende Slaaptydstories. As iemand kan help, skakel asb. 081 241 7744.
ITC sake: Is daar iewers ’n instansie wat behulpsaam kan wees om iemand van ITC af te haal? Sal ’n nommer waardeer. Dankie, oumatjie S
Kan Paul Brits van die NBC Afrikaanse Diens asb. dalk aangewend word as 'n " konsultant" om al die Afrikaanssprekende personeel die ware tegniek, taalgebruik, dissipline, etiket, woord- en sinsgebruik so ook die fynere kuns van 'n ware uitsaaier te leer? – Amen
Ontstelde veewagter Rehoboth, wil u asb. u nommer SMS. Ek soek dringend inligting i.v.m. veewagters asb. Ek is ook van Rehoboth. Kom ons help mekaar. Dinge sal regkom.
Tannie wat kla oor sleg pa, hoekom het jy vir hom gaan lê? Was dit om geld te kry vir kinders? It takes two to tango!
Laas het ek gepraat oor ons hoërskool in Gibeon van die anties wie se manne so kos wegdra. Hulle doen dit nog steeds. Gaan kyk hulle se yskaste, moenie die matrones uitlos nie. Dis juis hulle. En ons wat betaal, kry honger en min kos.
Rössing en TCL se ou werkers wat die land se myne opgebou het, moet nou hulle uitbetalings kry. Baie is oorlede weens die vuil stof van die minerale wat hulle ingeasem het.
NBC, wat het geword van THIS TV? Word dit nie meer aangebied nie?
Ek is op soek na kefir-saad. Kan iemand asb. vir my sê waar kan ek dit koop. Ek het verstaan dit word by gesondheidswinkels verkoop.
Kan Telecom Namibia asb. e-mails lees of hulle werk reg doen en my betalings allokeer teen my rekening. Ek skuld julle beslis nie so baie geld soos op julle staat nie.
Waar in Windhoek kan ek die bussies van Gobabis vind asb. - 081 808 9734
Hoe mag 2 jaar terug se graad 12 vir graad 0 en graad 1 klas gee? Onderwysers is veronderstel om geleerd te wees dan nie? Dit gebeur in Oranjemund.
Kan die verkeersafdeling in Windhoek my asseblief antwoord. Twee keer word my dogter se motor gestamp en albei kere het die ander partye nie hul lisensies by hulle nie, maar geen boete vir hierdie partye nie. Hoe werk dit?
Ek is op soek na sleutels wat ek +- 4 weke terug by Maerua Mall verloor het. Die 2 sleutels was aan 'n groen, plastiese sleutelhouer. As iemand dit dalk opgetel het, bel my asb. by 081 124 9366.
Stem saam met SMS’e dat ex-SWAGM en Koevoet die regering moet hof toe vat, maar hoekom kan die MPs van verskillende opposisieparty nie vir die vegters ’n prokureur aanstel nie? Hulle pay mos vet tjeks. - Great uncle, Rehoboth

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie