SMS'e vir 7 Junie 2018
". . .werk vir hulle gedoen. . ."
Langs hierdie weg wil ek graag elke lid van die buurtwag, sekuriteitsfirmas en polisie bedank vir die tyd wat hulle opoffer om ons buurte te patrolleer. Dis eers wanneer jy self betrokke raak by die mense dat jy besef hoeveel ure, informasie en skelms daar buite is. As jy niks goed het om van die mense te sê nie, raak betrokke. Maak asseblief jou mond toe en jou beursie oop en help hulle om ons almal veilig te hou.
Met vier kwartale sal al Mei se vakansiedae in skooltyd val? Hou by drie termyne, ons het in elk geval 4 kwartale met die "midterm break" soos dit nou is.
Mnr. Vries, met alle respek gesê: Geen kwaliteit onderrig kan plaasvind in 'n klas met meer as 25 leerlinge nie, en daarom was klasse voor onafhanklikheid nie so groot gebou en volgeprop nie. - Oudonderwyser
Welgedaan Nico Ruiters. Jy het die stadspolisie se werk vir hulle gedoen, toe hul uitgeblink het in hul afwesigheid. Die stadspolisie kan jou gerus goeie opleiding gee, sodat jy hul kan help dat alles seepglad verloop in tye van verkeersknope. En nog 'n ding - hul behoort jou te bedank en nie uit te trap nie.
Reference to Republikein of 4 June 2018, “Kiaatwoud in die Zambesi in gevaar:” This is how our valuable natural resources are being sold to cover debt. The Chinese must have zero access to this valuable asset. It belongs to the people not to the government and unless there is a referendum authorising a foreign country to harvest a Namibian owned asset, then they must stay the hell away from what does not belong to them. Much needed capital can be earned if the harvest is done by Namibians and the produce is sold on the open market where the Chinese can then buy it. What has happened to our pride and sense of enterprise ? This is not the way to go!
Geluk, Anthony Jarmann! Weereens 'n bewys dat “form is temporary but class is permanent.”
Nanso and the repayment of taxpayers money for your studies: That dear children is the only honorable way of qualifying yourself to serve your country and its people - your commitment to be a responsible citizen paying your way and not being a drain on our resources. The accepted way to do it is by making peace with the fact that the only reprieve is a bursary awarded for diligent studies and performance. This country is in dire need of all kinds of responsible professionals but not professional students being a burden to the taxpayer.
Fuel price increase: Why must the public pay and suffer because of the governments incompetence and stupid excuses? They never lowered the price for the public to benefit from the very low price of less than 50 US$ per barrel. Again there were stupid excuses from the government why they did not lower the fuel price for the public. It is time for the public to stand together and vote for a new government. The public should also stand together and start to boicot fuel companies for a month long or so. It's our way as public to start hurting them back. Then you will see fuel prices dropping.
Etosha-heining: Ja nee, dit bewys maar weer my stelling dat sedert Namibië onafhanklik geword het, die woorde diens en instandhouding glad nie meer bestaan in sekere instansies se woordeboeke nie. Hulle sit net daar vir die vet salarisse! Daar is tog seker 'n parkbestuurder, wat sekerlik patrollie moet ry en kyk dat alles reg is en herstel moet word? Net so ook met die instandhouding in die kampe. Wat doen die kampbestuurder heeldag? Staan rond en kyk of ry heeldag rond in die voertuig en doen niks? Net weer 'n bewys, dat onbevoegde mense in die poste sit.
PDM moet nie vir die mense lieg nie, waar is die 14 karre?
Kan NDF nie ook diens doen nie, veral oor naweke met al die rooftogte en inbrake.
Windhoek Gim-werwing: Dis seker goed van enige pa om die beste vir sy seun te wil hê, wat egter die vraag laat ontstaan: kry die seun toe plek by Windhoek Gim oor akademiese of rugbyvermoëns? O ja, ook gratis "PR" vir Windhoek Gim! Go Gimmies!
Ek wonder as WHS sou gewen het of dit ook geld sou wees. Windhoek Gimnasium gee kinders met talent 'n beter geleentheid om hierdie talent te ontwikkel. Ja, hulle het ook maar hulle binnehuise probleme, maar ek is nie vandag spyt dat my kind destyds so 'n beurs ontvang het nie. Dankie Collette, dat julle die potentiaal van my kind kon raaksien en gehelp het op beide akademiese en sportvlak om hom te ontwikkel. Trots Gimmies.
"Gratis sportbeurs" is 'n groot taalfout, liewe leser, want die woord beurs beteken reeds dit is verniet. Het u gelees in Dinsdag se koerant dat die skool slegs 12 beskikbaar het? Dit is beskikbaar vir talentvolle sportmanne en -vroue wie se ouers nie die skoolgeld kan bekostig nie.
Wat 'n wonderlike geleentheid vir so 'n kind. Laastens, dit bly 'n ouer se keuse of hy sy kind wil skuif of nie. Los vir mev. Rieckert uit die geskinder. Daar is 'n topbestuur wat oor die goed besluit. - Trotse Windhoek Gim-ouer
Colette Riekert laat my lag met haar stellings oor die nie koop van sportkinders nie.
Elvira, 'n doktersgraad vir jou vir Woensdag se rubriek "Resep vir Geluk". - Norman Kotze
My vraag is. Waar is die vyftig dollar-pensioenverhoging wat die ou mense sou gekry het. “Empty promises!”
Op Groot Aub is die klomp onwettige smokkelhuise geen probleem in die oë van polisie. Op Groot Aub bedryf die polisie ook smokkelhuise.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie