SMS'e vir 7 Maart 2017
“ . . . onderwysers het ook kinders!"
Dis hartsverskeurend om te sien hoeveel water uit die Hardapdam gelaat word om die dam se vlak op 70% te hou. In 'n droogtegeteisterde land soos Namibië behoort die vlak myns insiens na 80% opgeskuif te word. As in ag geneem word dat daar geen vloed in Hardap in sig is nie. In groot dele van die land, veral in die Suide, is daar plekke wat ondergemiddelde reën gehad het vir dié tyd van die jaar.
Maak die ouers hulle nou nog wys dat vraestelle verkeerd gemerk word en as die kind druip dit nou hulle skuld is? As jy alles insit die hele jaar, sal hermerk nie nodig wees nie. Nou is daai mense skielik onbevoeg? Dit is onderwysers wat merk, nie Jan Publiek nie. Kyk mooi na jul kinders voor jy kritiseer.
Die hermerk van antwoordstelle: Ek weet van drie kinders. Almal 22 gekry ná hul vraestelle weer gemerk is, toe is hul “results” 24, 25 en 28. So, waar lê die probleem?
Government, stop dishing out contracts/tenders to chronies, family and companies who have absolutely no knowledge, expertise or equipment to fulfil such tender/contract and sub-contract to others – each wanting to make millions along the way, bloating the prices to hell and gone!
Ag, oom! Rêrig? Waar in jou lewe was drank, bier ingesluit, al ooit gesond? Dit bevat alkohol en maak dronk. Kyk maar na almal wat kamstig net bier drink hoe blaas daai middellywe op. Vroue en mans. As jy só lyk is niks van “net bier drink” gesond nie. Dan gee jy nog sulke raad in die koerant? Hou asseblief op en haal jou plankbril af.
Ek het my weer eens Vrydagmiddag verstom op die Okahandja-pad vir GRN 81677. Was weer jaagduiwel nr. 1.
Dankie Coetzee van Zyl. Praat dan daar met Oom Calle dat hy 'n pensioenaris wat nog werk op 65 se PAYE minder maak. Ek kan dit nie meer hou nie. Elke maand N$4 000 - N$5 000 aftrek vir PAYE? Terwyl jy nie meer bydra tot 'n pensioenfonds nie?
Die leser wat sê onnies kan om 07:15 begin en kinders om 07:30, onderwysers het ook kinders! Waarnatoe moet hul kinders dan gaan?
SA crime stats: 52 murders daily, 110 rapes daily. Population 55,6 million. I wonder what Namibian stats are?
Foto van polisiekar voor Spar op Hentiesbaai. Die beampte van Nampol gebruik die kar baie lank al vir private sake en die kar staan dag en nag by haar huis. – Inwoner
Republikein: Die Omdeldam kry water. Dis geskiedenis! Sit tog foto's in jul koerant, asseblief.
Kan iemand my dalk inlig hoekom het Windhoek Sentraal-hospitaal so agteruitgegaan?
Dagsê aan ons banke wat so 'n getroue diens aan ons in Okahandja lewer. Die hele naweek kan ons geen transaksies doen nie, niks onttrekkings of “swipe” nie. Dit is nou puik diens met rente wat afgetrek word. Hoop maar ons kry dit terug.
Mooi so, Blitzbokke! Trots op julle. – Oudvaalpens
My meisiekind speel van o/13 af vir Namibiese netbalspan. Elke jaar moet ons nuwe sweetpak self koop. Hulle moet in hostelle bly waar koue kos voorgesit word. Baie ouers is arm en kan nie netbalskoene bekostig nie. Ons Namibiese atlete verdien nasionale kleure vir hul talent en akkommodasie en etes van standaard om hulle aan te spoor.
Amper die hele werkerspan van RTC lê in die hospitaal, so ACC, trek julle sokkies op. Daar is nog baie sake, soos byvoorbeeld die N$58 miljoen en N$13 miljoen wat verdwyn het. Groetnis, Great Uncle, Rehoboth
How is it possible that so many unconstitutional bills are brought to parliament? Our available resources are depleted by unqualified leaders who do not even realise their draft bills for debate and approval is not compliant with the supreme law of the country. Is that perhaps not supposed to be one of the checks and balances before the bills are tabled at parliament? We shall never succeed at this rate of performance, period!
PSEMAS: Dit sal uitgeput raak en dis al. Ek wil julle bewus maak, “government medical aid”, die ”main members” haal nie die kinders af nie en vir daai kinders word nog elke dag op PSEMAS geëis. Hoekom? Dit is dan oumense wat in die private sektor werk. “Government”, begin om te herregistreer vir PSEMAS, dan sal julle sien hoe sal die geld in die staatskluis bly. PSEMAS word gevreet van mense wat staan en werk en groot salarisse kry. PSEMAS word misbruik, daai is die waarheid.
Rössing-werkers, laat ons Windhoek toe gaan vir ons surplusgeld. Kry 'n datum, mense. Voor ons weer ander stories hoor.
Wat is die kans dat ons die gewig per persoon van ons parlementslede kan sien om te sien hoe hard hulle werk?
Chinese airport deal abandoned – Confidante last week revealed that there was actually another bid for this tender by a Turkish company for N$3 billion (N$4 billion less than the Chinese. Why was this kept quiet?!) But ex-Namibian Airports Company board rejected it in favour of the Chinese deal. Why? Reeks of corruption? Not enough kickbacks offered? Sick!
Ek is 'nn pensioenaris en kry my maandelikse pensioen. Dan word N$4 000 vir mediese fonds afgetrek, maar ek moet belasting betaal op die hoofbedrag. Is dit nie 'n skande nie! In SA kan jy jou mediese fonds by jou inkomste aftrek.
'n Ding wat pla. Waarom skryf mense Engels in Republikein en nie in The Namibian nie? Hou die Republikein Afrikaans vir my wat nie Engels ken nie, hoeka!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie