SMS'e vir 7 Mei 2021
SMS'e vir 7 Mei 2021

SMS'e vir 7 Mei 2021

"... vrot in die vis ..."
Mandy Rittmann
Daar is vrot in die vis van Namport. In hierdie stadium bestaan daar geen verhouding tussen ons nie, so sê mnr. Andrew Kanime. Maar dit net gesê dan probeer hy die vrotvis-storie regverdig. Dit is ’n wêreldwye neiging om konsessiehouer-terminale te gebruik. Die sogenaamde slim vennootskap klink vir my eerder na ’n skelm vennootskap wat slegs tot die nadeel van Namibië se mense sal wees. Presies hoe sal die konsessie die land baat?

Stadig met die hand op die Bybel (voorblad Republikein 5 Mei). Die president het by sy inhuldiging dit ook gedoen en kyk hoe dit tans daar uitsien. So ook Trump, Biden en ander. Blote wêreldse protokol. Ons moenie met God en sy Woord lukraak omgaan nie. - Peet Venter Snr

My mede-burgers, ek soek tog dringend ’n rolstoel vir ’n enkelma wie se een been onlangs geamputeer is. Asseblief, as enigiemand kan help sal dit hoogs waardeer word. - Anita, 081 811 1135

Dankie vir ons regering en die mense wat ons sop en brood gee in Usakos op pay dag. Ons in Usakos seën julle.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer