SMS'e vir 7 Mei
". . . groot verliese . . ."
Hoekom ons nie vir Covid-maskers moet betaal nie: Reg op lewe en gesondheid, onbekostigbaarheid vir sommige en die 8,1 miljard. Wie slaan weer munt daaruit?
Ja ek stem, wat word van ons arme pensioenarisse? Met N$1 300 gaan ons regtig dood van die honger. Almal word gehelp, maar wat van ons?
Maak alle publieke vakansiedae in 2020 werksdae. Hierdie nasie word al weke met leeglê bederf. Laat die werksweek vir almal Saterdae insluit. Kanselleer langnaweke. Ons kan ons ekonomie net red met harde werk.
Wel, wel! So daar stem Rugby Afrika vir Billy Boy. Het ons unie hulle sodanig mandaat gegee? Wonder net. - Robbie Thompson
Die jaar is al ver gevorder en 'n nasionale begroting is nog nie op die tafel nie. Kan mnr. Shiimi asseblief vir ons 'n speech gee.
Ek is so bly ons onderwysers kan terug skool toe. Wens die kinders kon ook nou begin het, maar wat ek eintlik wil vra, is: ons mag nie meer as 10 in 'n groep wees nie? Mense wat meer as 10 in 'n groep is, kry moeilikheid, maar wat van ons onderwysers wat so 30 op die personeel of dalk meer is?
Ek kan nie glo die kettingwinkels het nog nie trollies waarin 'n mens voedsel kan sit vir ons mense wat honger ly nie. Dit kan dan aan van die instansies geskenk word wat verspreiding hanteer. As jy daagliks kos op tafel het, is jy skatryk deur die genade van God. (Sekere winkels het sulke skenkpunte. - Redakteur)
Ons sit in lockdown fase 2. Ja, mense is honger. Hulle ly groot verliese. Hierdie is nie die tyd vir politiek of jou politiek kleure vertoon nie. Nee! Wanneer daar kos uitgedeel word, is dit "ons". Los daardie kleinlikheid. Ons in Namibië is boorlinge, ons staan saam teen die karonavirus. Ons bid en God luister na ons smeking, daarom is ons tevrede hoe ons president en ministers die werk doen. Los waarmee u staan en doen goed, sodat die Seën van God oor ons rus. Amen!
Ken sommige personeel van dié land se staatsinstellings nie van korrekte, hoflike en hulpvaardige dienslewering nie? Die kortaf, bombastiese en arrogante diens wat ek al ontvang het, is genoeg om jou keel dik te maak en jou maag te laat draai. MD's en CEO's, dit is tyd dat jul personeel hoflikheid én korrekte dienslewering leer.
Is sekere mense verhewe bo die wet? Op Okahandja word begrafnis gehou met ongeveer 150 mense, terwyl dit net 10 moet wees. Polisie was daar, maar doen niks. Ek eis 'n antwoord.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie