SMS'e vir 7 November 2016
SMS'e vir 7 November 2016

SMS'e vir 7 November 2016

“Jy word net weggehelp. . .”
Gerine Hoff
Sterke aan egpaar wat babadogtertjie verloor het. Mense, staatsklinieke en hospitale is pateties. Jy word net weggehelp, personeel is nie lief vir wat hul doen of vir hul medemens nie.

Mense van Rehoboth. Ek voel ons moet iets doen aan Town Council. Hulle gebruik krag geld om water skuld te betaal. Nou word die koste van krag opgestootom krag geld terug te kry. Wat het geraak van die N$13 miljoen wat ingekry was van die erwe wat verkoop was? Getroue inwoner

Dit sal ’n swak besluit wees om aan ICC te onttrek!

Watter saak het mens as ’n boer sy vee beskerm en ’n roofdier skiet op sy eie plaas? As jy wil katte oppas doen dit dan op jou eie plaas waar hulle jou eie vee kan eet soos jou oulike katjies honger raak. Komaan.

Ongelooflik! Sien verskriklik uit na die toetskrieket tussen Australië en Suid-Afrika net om vanoggend 3 November te sien dit word nie in Namibië uitgesaai nie. Volgens Multichoice Namibië het Australië nie die regte vir Sub Sahara Afrika beskikbaar gestel nie. Onlangs is die subskripsie fooie in ander Afrika-lande verlaag en verskoning is deur Multichoice/DSTV gegee dat Namibië dieselfde inhoud as Suid-Afrika kry dus kon dit nie verlaag word nie. Wat nou? Hoekom kry ons nie dieselfde inhoud nie, maar julle gee ons die patetiese NBC 2 alias China TV. Dit het tyd geraak vir kompetisie.

Baie dankie past. Mentos April. U het rev. WS Hanse tot orde geroep wat ’n goeie gebaar is. Geestelike leiers moet mediators wees in konflikte hetsy in die kerk of gemeenskap.

My vrou is ook verslaaf in Facebook. Lê en chat hele nag. Ek skei nou oor Facebook.

Are building companies not supposed to supply toilets for their workers? The bush near the new buildings at Gamsa Street in Kleine Kuppe is a disgrace! Workers go into the bush to relieve themselves and the place is full of human faeces and toilet paper. Where is the health department of COW? This is a health hazard and environmental pollution. Totally disgusting! When the rain comes all this will be washed into the ground water and flies will breed there. Do something about it COW!

Agbare president, gee vir ons dokters vir Keetmans staatshospitaal. Ons kan dit nie meer uithou nie. Die arme ou mense moet vir 2 dae loop en wag en wag.

Het ’n musiekinstrument, ’n soprano baroque, in Arebbuschstraat in Cimbebacia opgetel. Bel my by 081 293 4768.

Ons is almal in ’n vrye, onafhanklike land. Waarom moet arme vrouens spesifiek ook net in Amperbo betaal om werk te kry? Hou tog op man, julle is groot mense.

Ag nee wat, onnies het nie die reg om jou kind te dissiplineer nie so hoekom moet hulle die responsibility dra en pa-staan as jou kind druip?

RCC, die mense kry honger. As julle nie kan nie, betaal die werkers uit.

All expenses paid trip... Ag man, hulle is te papbroekig vir jou uitdaging!

Multichoice Namibia, waarom word die SA Australië krieket toets nie op DSTV uitgesaai nie. Dis een van die top sport events tans in die wêreld en SS word adverteer as een van die top sportkanale. Dis misleidende reklame.

Kan mnr. Theart wat die slange vang asb. vir ons sy selnommer gee? Mens weet nooit wanneer kom kuier die slang by jou huis nie.

Mense van Groot Aub, die komitee wat julle sake moet behartig lyk maar baie onbevoeg. Boonop het daai orige meneer die waterpompwerk oorgevat! Stig ’n kerngroep wat een of meer Swapos insluit en staan op vir jul regte voor dit te laat is!

Ek hoop N/aan ku sê het nou sy les geleer. Boere is moeg vir mense wat luiperds en ander ongediertes op hul plase los laat.

Dis opvallend, in u koerant wemel dit daagliks van talle skenkings en welwillendheid. In ruil natuurlik vir mynaandele en grond. Net ’n terugploeg van skyn. Geagte president, kyk tog na die oues van die land wat met N$1000 oor die weg moet kom. Dis nie menswaardig nie. Die oues gooi nie klip nie, staak nie, brand nie af nie, lewer nog ’n positiewe bydrae tot Namibië. Kanaliseer van die skenkings na pensioen.

God het Namibië baie lief. Hy gaan u seën met baie reën en nuwe dinge gaan hier gebore word! Dit het God aan my as sy dienares bekendgemaak amen! OKH

Republikein van 4/11/2016. Ontsouting duur maar noodsaaklik. Of Willem Venter of Elvira Hattingh is deurmekaar. N$ 1.50 per liter water beteken N$1 500.00 per m? Maak asb. seker voordat julle sulke bog publiseer. Julle maak die publiek deurmekaar. Reynard Steynberg

Ek is baie ongelukkig hoe ons op Usib behandel word van die goverment met die kragbokse se inbou. Ons word jaar vir jaar belieg. Nou wat het van ons geld geword? Dit is my kinders se kosgeld wat julle gevat het. Julle het ook kinders! Gemeenskap van Usib stem tog oor asb.

Die Quantum Toyota bussies ry ’n spoed van 120 tot 140 km/h op die nasionale paaie maar op die spoed sticker agter op die bus se hy mag net 100km/h ry. Dis hoekom die pad sterftes so hoog is want ons pas nie die pad reëls toe nie.

Governor Esme Isaacs, die skoolhoof van Mukorob en die so called kaptein van Amperbo, raak persoonlik met die gemeenskap van Amperbo as die gemeenskap verkeerde dinge sien en praat. Die skoolhoof en die so called kaptein maak en breek net so hulle wil by Amperbo. Die skoolhoof laat gaan die skool agteruit en die so called kaptein laat gaan die gemeenskap agteruit. Dis hoekom Amperbo so agter is met alles. Amperbo sal nooit develope solank David Posman Hanse ’n kaptein is sowel ook die skoolhoof. Governor Esme Isaacs we from Amperbo community need your attention.

Ai hene mense kan tog ’n slag hul oë oopmaak en sien hoe ander hardwerkende mense die ding doen en gedoen het en ook so maak. Ons is onafhanklik so los tog die boelie-taktiek en/of die dreigemente om by ons vrees en of afhanklikheid te kweek. Los die luiheid ook en die shortcuts want dit het nog nooit gewerk nie. Mag God ons genade gee.

Rehoboth Town Council, word julle nie betaal om die gemeenskap te dien nie? Dis nou al 7 maande en julle het nog nie vergaarder om aansoeke vir Rezoning te bespreek nie. Dis baie erg om vir 7 maande nie te sit nie. Dis hoekom dinge so agteruit gaan. Wil julle nie maar bedank nie?

Hoe kan ek my GOtv kanselleer of stop? Ek net my betaling want dis die grootste gemors wat hulle nou speel. Die beste het hulle mos af gehaal.

Heavens Ark komitee, dis einde van jaar. Kan ons iets hoor voor ons met verlof gaan ASB.

Daar’s BAIE mense nog met integriteit, werkstrots, stiptelikheid, netheid, eerlikheid, wil die ekstra myl loop sonder bohaai, kortom dat AL die ratte in staatsmasjien foutloos kan funksioneer, hou alle ander faktore uit aanstellings, al wat die masjien sal laat werk is kundigheid, orde en dissipline. Geen huishouding kan sonder die toepassing hiervan reg loop nie. Hoe te meer in landsbestuur? Moenie in die ANC se voetspore volg nie. Laat ons in gehoorsaamheid optree en bestuur.

Kommentaar

Republikein 2024-09-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano | Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce | Atalanta 2 vs 3 Como European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A