SMS'e vir 7 November 2017
SMS'e vir 7 November 2017

SMS'e vir 7 November 2017

“...met belasting geld gemelk...”
Mandy Rittmann
Trompop botsing eis vier. Die oortreder behoort vier lewenslange tronkstrawwe te kry! Maar hy sal seker weer net drie jaar hoef te sit.

?Mnr. Venaani, PDM moet hul kleure ook verander, asseblief. Waarvoor is rooi, blou en wit? Laat u nuwe kleure betekenis hê byvoorbeeld: wit – vrede, groen - groen grasvelde van ons land, blou - die see van ons land. Dink daaroor.

?Sies vir Namibië! Vrou alleen se reis word 'n nagmerrie weens 'n vuil draak. Doen iets aan die land se regstelsel.

?Onsinnige moord, doodslag en boewery deesdae in Namibië, maak my drie kinders baie, baie bang en hulle is al in hul dertigs. - SOS

?As senior leerkrag by Senior Sekondere skool M & K Gertze doen ek 'n dringende beroep op al ons ouers en ouers in die algemeen om alle maatreëls in plek te plaas ten einde te verseker dat ons leerlinge in die tyd gefokus is op die voorbereiding vir hul eindeksamen. Niks anders is nou belangriker nie, veral ook met die nuwe leerplan en verhoogde slaagvereistes in graad agt.

?Teaching Posts 2018 bulletin. Front page: Categories for Grade 10 and 12 school leavers to apply for posts. They are unqualified. Why must they teach our kids? Minister rather then take retired, qualified teachers. Please.

?Aan die Suid-Afrikaanse wildhandelaar wat jong, mak diere soek om besigheid mee te doen en ryk wil word, of al is. Draai die storie bietjie om. Ook diere, veral leeus en olifante, het hegte familiebande. Hoe sal jy daarvan hou as iemand jou kinders koop en verkoop? Net oor geldgier en rykdom? Jy behoort jou te skaam.

?Ongelooflik en skandelik! Duitse toeris het Afrika van Egipte af vrou alleen veilig op haar fiets deurkruis, tot sy in Namibië aangekom het, waar sy verkrag is deur 'n man wat op twee aanklagte uit is op borg. Wat het van ons land geword? Hoe siek is ons mense en regstelsel wat kriminele slag na slag op borg uitlos, om weer toe te slaan?

?Die Russiese miljardêr wat nog drie plase in Namibië wil koop en so gaaf is om in ruil vir goedkeuring miljoene aan ons regering te skenk, haal niks anders as 'n Gupta omkoopslenter uit nie. Word wakker! Die grond is vir Namibiërs bedoel!

?Ek het voorheen 'n boodskap ingestuur oor "dashboard"-kameras. Kan Republikein nie 'n opname doen om te kyk wat die lesers se gevoel is daaroor as 'n oplossing vir padongelukke?

?As a matter of interest to all Village, Town and City Councils: I have reported a water leak on Thursday afternoon (council side of the meter). Before 12:00 Friday it was fixed. No excuses of workshops, missions retreats etc. This is Arandis. The streets are swept and rubbish removed weekly, street lights work. I pay my rates with a smile!

?Moenie jou teesit teen boewe nie. God sal jou beskerm. Bid vir die skurke. Hulle weet nie wat hulle doen nie. Bid vir reën, vir die haglike ekonomiese tyd, vir die regering en sommer vir alles wat moet regkom. Los dit in God se hande. Hy sal voorsien en help. Daar is egter net een ou probleempie met dit, soos in die geval van Jan Brand. Hy het nie gesê wanneer nie! - SAS&H

?Keetmanshoop, dis 'n hopelose besigheid wat mens begroet na jy die Wimpy verby is op pad dorp toe. Regtig, dis tragies! Rioolrivier wat konstant loop, vullis so ver die oog kan sien, geplunderde nuwe huise wat hoe lank al leeg staan. Wat gaan van hul oorbly en al daardie geld moet weer betaal word om dit reg te maak. Die mense sonder huise kan dan mos maar intrek as dit so lank leeg staan.

?Op 2 November het ek met dié dag se bestuurder van Woermann Brock, Eros gepraat in verband met die groen inkoopmandjies wat elke dag vuil is. Vandag 3 November is alle mandjies skoon gewas! Dankie, Lukas. (Ook vandag se bestuurder by Woermann Brock, Eros.)

?Help, hlp! Ons wag op ons salaris van RCC. Daar is geen waarheid nie, ons weet nie of die bank die geld gesluk het nie, was eerste, die 31ste, toe die 2de, 4de en so word ons net belieg. So staan ons diep in die skuld en die base met die duur karre belieg vir ons. Vind vir ons uit, asseblief. - Mr Zeke

?City of Windhoek as far as I am informed. Loud music at public festivals etc is only allowed to be played until 24:00. This is especially on a Saturday night. The Windhoek Jazz Festival took place at the Independence Stadion and the surrounding residential areas even up to the most northern part of Suiderhof were forced to listen to that music. Although so far away this could only be considered a noise. We could hear it although our TVs were on. This also did not stop at 24:00 but went on until at least 02:00 robbing us of our sleep. Why was this allowed?

?Op 30 September 2017 staan die GIPF-fonds reeds op N$106,3 miljard, maar pensioenlede het nog nooit eers 'n 10% verhoging gesien nie, maar word steeds met belastinggeld gemelk na jare van diens.

?Edelagbare president Geingob. U het die nuwe bulletin met onderwysposte vir 2018. Die kategorieë dui aan dat leerlinge wie graad 10 en 12 geslaag het sonder onderwyskwalifikasies mag aansoek doen vir poste. Mnr. die President, dan kan u mos ook die afgetrede, gesonde onderwysers kans gee om aansoek te doen (dié wie wil). Asseblief. Ons wag op u besluit.

?Die persoon wat sy nommerplaat, “Junille NA”, verloor het, kan 'n SMS met sy telefoonnommer in die Republikein plaas. Ek het die nommerplaat opgetel. Sal jou kontak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!