SMS'e vir 7 November 2018
SMS'e vir 7 November 2018

SMS'e vir 7 November 2018

". . .nie een keer nie. . ."
Mandy Rittmann
Petrolprys mik na N$14? Kyk die "government" nie nuus nie? Die olieprys het die laaste weke met amper US$10 afgekom en wisselkoerse het meer of min dieselfde gebly, so waar kom die prysverhoging in? Sluit liewer die korruptes op en kry die geld daar terug!

?Dankie Vader vir iemand soos meneer Lammert! Die Duitsers bou Namibië op, wat doen die Chinese? Roei al ons wild uit, pleeg bedrog en mislei die regering. Laat iemand na Lammert luister asseblief!

?Die staatshoof verloor sy humeur toe dr. Lammert sy kommer opper? Wat maak my president kwaad? Die waarheid?

?President Geingob, u moet ook glad nie die publiek se intellegensie onderskat nie! Ook nie “stupid” nie.

?Bring die doodstraf terug! As 'n persoon weet hy of sy kry die doodstraf, sal daardie persoon nie iemand anders se lewe neem nie! Steek kers op by Botswana. Veilige land, min of glad nie misdaad.

?Die polisie was veronderstel om die moordhuis 24 uur te bewaak indien die moordenaar sou terugkom, wat hy wel gedoen het, en vreemdelinge die huis betree. Dit is immers 'n misdaadtoneel, maar dit is Nampol.

?Katrina Hanse-saak: Mnr. Thaniseb, sterkte en hou vol met die waarheid. God het dit lief. Leuens verafsku Hy. Sisa moet maar uithaal en wys vir die groot geld wat hy vra.

?Hoeveel respek en vertroue moet ek as onderwyser in die stelsel en minister hê as daar aanklagte van korrupsie teen haar is? As sy so optree of oortree, wat verwag jy van die huidige onderwysstelsel? Vra maar net.

?Meneer die President. Jou mense is kwaad. Sien jy dit nie? Hulle is kwaad omdat hul dink u doen niks om hul te help nie. Hul is kwaad omdat hul u vertrou om na hul om te sien en u doen dit nie. 'n Kind word verkrag op die afskuwelikste manier deur iemand wat nie een keer nie, nie twee keer nie, maar drie keer voorheen dieselfde daad gepleeg het, en wat het u gedoen om hierdie kind veilig te hou? Niks. In ons land kan diewe, swendelaars, korrupte staatsamptenare, verkragters, moordenaars en dies meer eenvoudig doen wat hul wil, want u doen niks nie. Verander die wette, maak dit 'n straf as iemand iets doen wat hy nie moet doen nie. Ons weet tog almal wat reg en verkeerd is, maar nee meneer, julle almal doen niks nie.

?President Geingob veroordeel altyd rassisme. Wat noem jy hierdie “struggle kid”-ding? Dis heilige rassisme daai! President Geingob, julle is besig om 'n tydbom te stel met hierdie “struggle kid”-ding van julle. Wat dink die GRN van die ander duisende werklose jeugdiges van Namibië? Moet hulle nie ook so behandel word nie? Wat maak die “struggle kids” na 28 jaar so spesiaal dat poste vir hulle dwars oor die land gereserveer word? Ons jeug moet nou begin om dieselfde te doen, laat hulle ook gesien word. GRN stop die rassisme nou! Daar het al aksies teen hierdie “struggle kid”-sagebegin. Moenie die vrede wat ons in ons land het onnodig met die “struggle kids” versteur nie.

?Where can we as the people of Namibia get a voice to complain regarding these constant fuel hikes? Everybody is struggling and the prices just keep going up to feed the governments corruption? Where can we have a say? Where can we have a voice?

?Ek lees Katrina Hanse-Himarwa het sopas nog iemand se respek verloor. Sy het lankal baie van ons se respek verloor. “Down with corruption, down with expensive court cases to protect corrupt people. We ordinary Namibians can use and need the money spent on this type of enrichment of already rich people. She is not above the law (hopefully)”.

?Ek voel dat die gratis skole vir ons meer laat uithaal, want as hulle sê dat my twee kinders elk N$660 skuld, wonder ek maar net. Dit nadat ek hulle verlede jaar vroeg in Desember betaal het vir die nuwe jaar (2018) is hulle nie op datum met hulle kwitansieboek nie. Ek stuur elke keer 'n afdruk vir hulle, maar dan word die kind reguit gesê dit is nie betaal nie. Moet die kinders straat toe, wil hulle so hê? Dit is bietjie erg Namibië! My kind was op laerskool by 'n privaat skool en ek weet hoe om te betaal! Dit is waar kinders ledig is en drank, moord en verkrag in gedagte het.

?Ons as onderwysers is uiters ongelukkig en gefrustreerd met die behandeling wat ons huidiglik by ons privaat skool verduur. Ons het na bykans ses maande weereens nie ons salarisse aan die einde van Oktober ontvang nie. Boonop het niemand tot dusver na ons toe gekom om te verduidelik hoekom ons nie salarisse ontvang het nie. “We are of the opinion that we are being taken for a ride.” Daarom het ons tot verdere kennisgewing besluit om ons te distansieer van die eindeksamen, wat eerskomende Donderdag begin. Ons vra om verskoning vir die ongerief. Ons kan nie meer nie! Wat moet ons as ouers doen?

?Gaan luister of praat met die ­Namibiëse langafstandvoertuigbestuurders as jy werklik wil weet hoe dit in Afrika gaan. Korrupsie het 'n gewone middel tot 'n doel en vereiste geword vir besigheid. Jy moet daarvoor “budget” soos vir enige ander uitgawe. Afrika my Afrika! - SAP&H

?Ons ondersteun ds. Zack Pienaar in die verskil wat hy maak met die stigting van Voice for the Voiceless. Ons moet almal saamstaan en die euwel uitwis wat besig is om ons kinders te vernietig. Gee asseblief details deur oor optog vir 5 Desember, dominee.

?Die persoon wat boodskappe stuur oor my "tyre"-besigheid op Mariental by die NDC "stalls", as jy probleme het met my, of die besigheid wat ek doen, nader die NDC, Hardap Region, Property se bestuurder se kantoor sodat daar ondersoek ingestel word eerder as om sleg te praat van ­iemand. Dit is pure afguns.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!