SMS’e vir 7 Oktober 2019
“Lekker korrupsievrye land . . .”
Sopas gelees ons buurstaat hier kort anderkant het die hoogste inflasiekoers ter wêreld. Is dit net so aansteeklik soos bv. ebola? Want hier duskant slaat nou oral tekens van rommelkoors uit. Moet die hele geldministerie nie in isolasie geplaas word nie?
Nuwe wiele? Wat ‘n grap! Die land vergaan in ‘n ellende van misdaad en agt nuwe, vinnige voertuie word gekoop om die wat alles orkestreer vinniger te vervoer na hul bestemmings van rykdom en plesier?
Snaaks hoe Lands and Resettlement Keetmanshoop werk. Ryk besigheidsmanne kry plase en armes sukkel. Dan steel begunstigdes ook skaap, maar bly aan op grond. Lekker korrupsievrye land die van ons. Viva vooruitgang. Rommelstatus is die korrekte spieëlbeeld van ons regeringsamptenare.
Ek wil graag ‘n vraag stel aan NamPower. Hoeveel betaal hulle die tegnikuste wat elke dag ‘n fuse gaan in-plug op Groot Aub? Kan die kragonderbrekings nie uitgesorteer word? Elke dag om 19:30 dan trip die krag by ‘n gedeelte van Oshakati-area. My yskas werk ook nie meer as gevolg van die krag wat trip. Kan iemand tog raad gee in die geval? Dankie.
Keep it up Honourable Shifeta! At least we have a few ministers with resolve. Those so-called farmers who did so-called harvesting of Rosewood timber were allocated those tracts for farming not looting what they have not sowed!
Water crisis in Namibia and SA - can govt explain why all toilets and most gardens run clean drinking water? Why? Surely this should be grey water or whatever it is called. If all were forced to do this a lot of drinking water would be saved?
Sien weer in koerant van 3/10/19 oor lyfstraf. Kyk toevallig in die Pansergrouw Makro Blokraaiselwoordeboek onder “duiwel” ‘n baie interessante naam daar gekry. Nou wonder ek maar net. – JJ van die Noorde
Op kykNET word die dokumentêr oor die SAUK se ontstaan en opbloei tot ‘n werêldklasuitsaaier vertoon in die Oppie Kassie-reeks. Op die nuus word nou gesê die voormalige vlagskip van SA is op sy knieë, bankrot geplunder en finansiëel vernietig soos Eskom en ander. As reddingsboei sal die reeds vuisvoos belastingbetaler maar weer gespan en uitgemelk word. – SAP&H
Graag wil ek die volgende insident onder mede-Namibiërs se aandag bring. Gister (Vrydag) was ek by Walvisbaai se kliniek vir ‘n spesifieke medisyne wat chronies is. Die dokter skryf dit voor en dit moet by die hospitaalapteek gaan haal word. Daar was nie voorraad nie en ek word gesê om dit te koop as pensioenaris. Waar kry ‘n mens geld om dit te koop? Hoe die saak hanteer word, steek ‘n mens dwars in die krop. Om pensioenarissse so te behandel . . .
Ek lees die SMS oor lyfstraf en Joos Platt wat jou ‘n keuse gegee het. Hy het polisiemanne ook kanse gegee. Hy het ons gedril en voetpatrollie laat doen, maar nooit departementeel aangekla nie. Hy was ‘n militaris en perfeksionis.
Ek is uiters geskok dat die Windhoek Skouvereniging ‘n vuurwerkvertoning hou terwyl boere nie weet waar hul brood môre vandaan gaan kom nie en geen hoop het dat hul diere sal oorleef nie. Ek daag julle uit om vir die publiek te sê hoeveel geld het dit gekos en hoeveel voer daarmee gekoop kan word. Ek boikot julle nou vir die res van my lewe.
Skokkend wat die Rössing Chinese nou aan die pensioenarisse doen. Hulle het die mediesefondsbydraes met meer as 100% verhoog. Die pensioen is N$6 000 en die medies nou N$4 000. Hoe kan soiets toegelaat word?
Ek wil net graag vir almal se hulp en bystand sê baie dankie vir julle mooi gebaar. City Pets, Sandra wat my arm skoon gemaak het, die sekuriteitspersoneel en alle ander mense wat ek nie eers ken en my gehelp het met die insident by Baines-inkoopsentrum. In besonder vir die dames by Sandra’s en die sekuriteitswag wat my heeltyd opgepas het en na my motor geneem het. Ek waardeer elkeen van julle. Baie dankie. – Herman Minnie
MultiChoice, julle speel met ons kat en muis, ons wat nie die duur kanaal kan bekostig nie. Ons wil ook rugby kyk. Los julle se streke. Julle borg dan net sokker. Gee ons kanaal 221 asb.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie