SMS''e vir 7 September 2016
SMS''e vir 7 September 2016

SMS''e vir 7 September 2016

“Tendertyd in Gochas is konkeltyd.”
Gerine Hoff
NamWater kan maar Swakopmund se krane toedraai. Munisipaliteit kan nie betaal nie. Wat word van al die inwoners se geld? As ek nie my rekening betaal nie, dan sny hulle af. Munisipaliteit neem nie in ag dat water vir almal noodsaaklik is nie. So NamWater, maak toe tot volle rekening vereffen is. – Swakopmunder

Slagveld op Namibiese paaie – hierdie tendens sal voortgaan aangesien daar GEEN respek is vir basiese padreëls - kyk maar net hoe gaan dit in Windhoek. Wetstoepassers stel net belang om met ’n spoedkamera onder ’n boom te sit, boetes uit te reik en dan om die gebruiklike fooi te ontvang. Verdien ’n slag jou salaris en doen verkeerwetstoepassing deur die hoofpaaie te patrolleer en die cowboys stywe boetes op te lê - of is dit te veel gevra?

John Frederiks, kry jou feite reg voor jy koerantstories skryf.

Quinton du Preez aangekla vir strafbare manslag, roekelose bestuur en onder invloed van alkohol in ongeluk wat twee lewens gekos het, kry “bail” van N$10 000? En boer wat per ongeluk stroper raakgeskiet het, sit al maande en kry nie “bail” nie? Verstaan iemand die reg?

Dis duidelik dat die president en sy NRU-raad met vuur speel in die Wanderers/Unam Gold Cup sage. Kortliks, as mens berigte sien, help hulle (NRU) rassisme aan en veroorsaak skade aan klubverhoudinge. Sg. swart en bruin klubs wil hoeka al ’n Bosliga tot stand bring. Dié is maar die oortjies van die seekoei!

Ek wil graag weet of Areva-ontsoutingsaanleg nie ook ’n vorm van mynwese is nie – indien wel, die regering besit dan 50% in meeste groot myne in Namibia, Namdeb onder meer, hoekom niks in Areva?

Gesteelde kameras. “Shame”, arme toeriste. Ek verstaan hoe hulle teleurgesteld is dat polisie niks kon vermag nie. Maar hoe het hulle dan gedink? My “laptop” en bybehore ter waarde N$20 000 uit kar voor winkel op Otjiwarongo gesteel. Toe ek die polisie daar skakel en my hartseerstorie aan polisie vertel, was die antwoord: “Nou wat wil jy hê ons moet daaraan doen?”

Dear respected contributors to the NEEEF debate. I fail to see how your personal, familial untested, unverified and unobjective portrayal of your families contribute to the national debate on addressing our future economic dispensation. Please read the well documented account of kaptein Josef Fredericks and what happened at Shark Island and maybe you will understand why we need to take hands and collectively path our prosperity.

John Fredericks, ek moet die grootste dissipline aan die dag lê. Aangesien jy jou skrywe rig aan die wit minderheidsgroep, kan jy net sowel in ons geliefde taal Afrikaans geskryf het. Die wit minderheidsgroep verkies Afrikaans en hou hulle nie “wise” om in Engels te skryf nie. Jy is dalk nie eens ’n Namibiese burger nie? En nou kom spoel jy jou mond hier uit oor Namibiese sake. Byvoorbeeld SA burgers moet liefs hul opinies vir hulself hou en nie kom haat stook in ons mooi land Namibië nie. Ons soek nie opruiers, opstokers en haatdraendes in die land nie. Ek kan aflei dat jy die welvaartskip van die verlede verpas het en daaroor met opgekropte haat sit en nou keur jy diefstal goed in die vorm van NEEEF om verligting te bring.

Promoting NEEEF amounts to misusing someone elses brain power to establish a possibly successful business. Not only is this parasitic but also completely undemocratic. What a totally stupid suggestion.

Hierdie jaar het suiker se prys met 28% gestyg en ’n pakkie soppoeier is 30% duurder as laasmaand. Droogte se voet. Klink meer na inhaligheid.

Ek kan nie verstaan nie. Is in Rehoboth ook ’n watertekort of is dit net in Windhoek? Rehoboth se mense bou dan swembaddens.

Ons as familie van Marius Isaaks weet nog nie eens of die bene (want dis al wat ons oor het) syne is of nie en die hele koerante “publish” sy naam. Julle is monsters. Ek wag nog my oom om huis toe te kom en julle vertel die hele Namibië hy is dood.

Geen verhoging vir onderwysers nie, want is die ouers wat die onderwyser se werk doen soos om boeke en werk na te gaan, te merk en af te teken, dan nie ook geregtig op 5 persent nie. Daar is ook nie onderwysers by sportaktiwiteite nie en ’n onderwyser se sukses moet bepaal word deur die slaagsyfer van die klas of vak. Onderwysers moet ophou kla en bedel en hulle werk doen wat hulle gekies het om te doen of loop soek ander werk.

NamWater billing Erongo towns/Swakop with N$74 million for using their pipe – unbelievable! Use the billions of profit you make and picket NamWater. We are not there to pay for your infrastructure, only the water we use which is rediculously expensive anyway. Actually the constitution says water is a human right and it should therefor be free!

Hoop hierdie mening haal jul koerant, want Wanderers is mos ’n heilige koei in jul oë. Hoekom begin kla Wanderers klaar oor deelname aan Gold Cup? Is dit omdat hul hulself nie opgewasse voel nie of omdat hulle skuldig voel dat die regmatige span nie daar is nie? Na 26 jaar kan hulle nie ’n kompeterende, geïntegreerde span in die veld stoot nie. Is dit as gevolg van voorkeure, of maar net “ignorance”? NRU, raak wakker en stel belang in klubrugby en hul doendinge. As julle wakker word dan het julle nie meer klubs wat belangstel om aan jul pryslose kompetisie deel te neem nie. Net die manne met “proxies” sal daar sit.

Woorde kan pootjie. In die Rukoro-storie word die woord "ontlont" i.p.v. "ontketen" gebruik. Of hoe? – Oompie (77 jaar)

Dankie juf. Hetta Claasen van AA Denk Laerskool Kalkrand! U maak rêrig ’n verskil in die onderrig van die kinders!

Aus, baie geluk met jul skoon dorpie. Hou so aan!

Tendertyd in Gochas is konkeltyd. Dink reg plaaslike rade en stop die bus terwyl dit vroeg is. Optogte is skielik stil, ons almal ken die rede: Dinge is nog in die guns van die tenderaar, roubeklaers kyk as dinge draai. Ek dink dis nou tyd dat dié wat agtergelaat is ook weer in aanmerking kom. Harambee! Stop asb. rade om te maak asof ons ander SME’s nie bestaan nie. Ons het ook ons SME’s teen ’n koste geregistreer, ons almal wil lewe. Wat het die arme werkers wat tot dusver by julle gewerk het? Net trane! Nee wat, gee ook vir ons ander kans en sien hoe word mense behandel. Viva Harambee. Viva dr. H.G. Geingob, “our model President”.

Daar bestaan geen taal met die name Damara, Damara-taal, Damara/Nama, Nama/Damara of #ukhoegowab nie. Die taal se allenigste [sic] oorspronklike naam is Khoe-khoegowab, Nama of Namataal. Die ander se taal het lank terug uitgesterf en het vir meer as 700 jaar tyd gehad om die Nama se taal en kultuur aan te leer.

Die ouens wat ander span wil stig, kom dat ons hande vat en een groot span opbou. Die is ’n Groot Aub-gemeen-skapspan.

Mamma Mia! “Here we go again” . . . Ons soek ’n plek om te huur. Daar word net nie gehelp nie. Ek praat nou van al die duisende agente daar buite. Nee jammer, ek het nie tien miljoen vir jul eksklusiewe produkte nie.

Bekommerde inwoner van Spitzkoppe: Mooi plek vir toeriste, maar vuil! Dit lyk of daar nie bestuurder is nie. Asb., kyk mooi na onse berg, dis ons almal s’n.

“Hon. governor” van Hardap, wanneer sal u Kalkrand weer besoek? Kalkrand-gemeenskap, ou mense en “shack dwellers” trek swaar onder die “CEO” van Kalkrand Council. Dis net krag afsny en erwe afvat. En die nuwe “councillors” dans net volgens “CEO” se snare. – Ontevrede Kalkrander

Wanneer wil Amperbo se mense ons se jong mense van die plek werk gee? Daar is jong mense wat grade 12 het, maar hul word nie werk gegee nie. “Hon. Minister of education” kom kyk tog na Mukorob-skool en hostel.

Ek weet nie hoeveel mense met die probleem sit nie, maar hier in Reho is dit vreeslik. Boukontrakteurs vat ons kinders en manne om ver te gaan werk. Hulle sit in duur huise met borde kos wat ons kinders vir hulle inwerk. Hulle werk van noord tot suid. Ma wag, vrou en “kids” wag ons mense om ook vir ons geld te gee. Hoe lank gaan julle aangaan met julle skelmgeit? Voel julle nie sleg nie? Julle ry met duur karre met ons kinders se geld. Het julle ook moeders of vrou en “kids”? Maar God gaan met julle afreken. Geniet ons kinders se sweet. – ’n Ma wat haar kind wag

Keetmanshoop, hoe op aarde kan jul dorp so vuil wees? Op pad na Marais Lodge aan linkerkant, blikkies dorp, soveel plastiek sakke wat lê soos klippe het ek nog nooit gesien nie. Onderwysers kry jul skoliere bymekaar en wees trots op jul dorp!

On this most opportune time in the God given history to the ELCRN I suggest that leaderhip under bishop sit around round table with at least seven retired ELCRN pastors to discuss the current state of our beloved church. Let us do so before Namibians are hosting the 500 Lutheran celebrations next year. Please bishop, the ELCRN is NOT pulling in the same direction. LET US HARAMBEE.

Ek stem saam met die SMS van Vrydag 2/09/16 oor //Goa-!haob. Hulle is meer erg as kinders. Het nie beheer oor hulleself nie. Het self gaan sien met my oë. Inwoner van KHP

Mariental //Goa! Haob was net 'n gemors. Mense (radio) het net baie gepraat. Soos die persoon in 2 Sep se SMS sien ek rêrig nie iets goeds wat daaruit kom nie. Daar word so baie geld bymekaar gemaak, maar “feedback” (veral oor finansies) word ook nie gegee nie. Hulle trap net op mekaar se tone en dan hoor jy wie het bedank/verhuis.

Gochas-polisie, kan ons ’n jong mens so verloor as julle vandag al iets gedoen het, sal dit nie gebeur het nie. Los die vry meisies en werk asb. Julle het gekom om te werk.

Ek wil net vra julle wat so kla oor “bishop” en waarnemende dekens van ELCRN, hoekom moet julle met alle probleme van ELCRN na die koerante toe hardloop. Daar is mos n kerkkantoor waarnatoe jy kan gaan as jy ’n probleem met die waarnemende dekens het.

Kora scandal / debacle – N$23 million down the drain. This fellow Ernst Adjovi with his alleged high connections must be quite an operator leaving several Namibians with egg on their faces especially Air Namibia who fired a station manager who did not immediately recognise his greatness. You can fool a lot of people most of the time as the saying goes.

Why did government not consider the challenges when they gave an increase to other government officials in the beginning of the year?

Facebook! Mense wat hul persoonlike dinge daar uitbasuin, moet regtig hulp kry. Veral die jonger garde van vandag. Of dit ’n dwarswind is wat pla, rusie met hul eggenote, “baby showers” wat ook al. Weet die eggenote wat hul vrouens daarop vertel, die foto’s ens. uit hul privaatsfeer? Dis mense wat minderwaardigheidsprobleme het, niks anders. Benut jul tyd op ’n beter wyse as om kletsgemors te verkondig. Kry ’n lewe!

Wil tog hoor by die organiseerders van Hart van Windhoek wanneer gaan ons weer ons Suid-Afrikaanse kunstenaars hier in Windhoek kan hê, eg Afrikaans?

Gibeon-polisie doen julle se werk asb. Ons is moeg dat julle net aan sekere mense se sake aandag gee, jul “favourites”. Of wil julle hê ons moet julle se grootbaas gaan sien. Hulle moet bietjie ge-“shuffle” word, want hulle ken nou mekaar baie goed met die gemeenskap

Ek stem saam met die leser wat kla oor die misbruik van sosiale media. Ek het al gesien hoe mense mekaar swartsmeer, beskuldig en verneder. Mense se name ly daaronder. Sosiale media is ’n goeie ding, maar mense gebruik dit vir die verkeerde doel. Iewers moet daar reëls en regulasies deur die owerhede ingestel word teen die nuwe euwel wat kop wys.

Sommige mense van Hardap, die “cleaner” is ook ’n ma, haar man se vrou en ’n leier. Moet sy maar net aangaan om elke keer die gemors skoon te maak? Ons “cleaners” weet ook om ’n toilet toe te hou en dit te “flush” as ons klaar is. - Nog ’n “cleaner”, //Kharas

Ek is dringend op soek na die geestelike rehab-sentrum op ’n plaas tussen Keetmanshoop en Aus se nommer. As iemand dit het of dit van die pastoor daar, kontak my asb. by 081 766 3195.

Baie dankie aan die persoon wat my beursie buite Spar Hentiesbaai gekry het en dit daar ingehandig het. God bless! – George Holl

Die Metodiste-gemeente in Rehoboth sal moet ’n plan maak met die onsierlike vullishope waarvan die vullis teen die heiningdraad vas waai en my jaart ontsier. Hulle het iemand wat weekliks die kerkjaart skoon hark, maar wat baat dit as die vullis nie in vullisdrom ontsorg word nie?

Verskillende inligting word deur die media aan ons bekend gemaak, maar as landsburger moet ek erken dat ’n mens met afgryse, vrees en skok vervul word as jy bewus word van die afgrond waarin ons pragtige land besig is om af te stort en slegs een woord kan dit beskryf: onbevoegdheid. My boodskap aan jou wat jou skuldig maak hieraan is: Daar kom ’n dag wat die Koning van al die konings en hooggeplaastes sal verskyn as Regter en elke oog Hom sal sien om rekenskap te eis van die wat verantwoordelikheid gegee is om te kan heers. Mag God jou genade gee dat jou antwoord vir hierdie Koning bevredigend gaan wees. Ja . . . ook jy, leier van ’n volk en nasie, mag God jou genadig wees, want die volk lei onder verdrukking op verskeie maniere, noem maar op. Trek die skoen aan as dit jou pas.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!