SMS'e vir 7 September 2020
SMS'e vir 7 September 2020

SMS'e vir 7 September 2020

"Doen of sê iets."
Mandy Rittmann
Ministerie van onderwys. Ek wil graag weet wat nou? Het Maandag my graad 4-kleinkind se werk by die laerskool gaan ingee en ek is soos 'n hond weggewys, want hulle sê hulle vat nie die skoolwerk in nie omdat hul nie weet van watter huis dit kom nie en hulle vat nie kanse met corona nie. Hoe gaan die kinders skool toe as hul nie eens die papierwerk wat soos gesê is teen 31 Augustus moet in wees om nagesien te word, wil inneem nie? Kan die ministerie vir ons asseblief duidelikheid gee hieroor. - 'n Bekommerde ouma van Narraville



Bestaan skoolhoofdeverenigings nog in Namibië? Kan julle nie standpunt inneem teen die huidige chaos wat in onderwys aan die gang is nie? Daar heers 'n doodse stilte van skoolhoofde se kant. Doen of sê iets. Julle kan mos nie net so die goed aanvaar nie.



Liewe mensdom. Dink enige regdenkende mens dat dit vir ons onderwysers lekker is sonder ons kinders by die skole? Dis mos nie ons wat die land se besluite neem nie. Dis mos nie ons wat gesê het die kinders mag nie skool toe kom nie. Hoeveel ouers het aangedring hul kinders moet tuis bly, maar nou is dit daardie ouers wat opdruk dat die kinders skool toe moet kom en humeurig raak met ons onderwysers. Moenie dat enige staatsamptenaar se salaris u pla nie. Ons sit nie en doen niks nie. Ons almal werk al voel u nie so nie.



The City of Windhoek does not need to send out useless surveys. Our once beautiful city is now dirty and neglected.



Does the City of Windhoek still employ people to clean our dirty pavements and roads? If I remember correctly, our rates and taxes were increased to offer this service to Windhoek residents.



Baie dankie aan 'n geestelike sentrum soos Siele vir Jesus Restorasiesentrum wat deur dik en dun ons mense ondersteun wat sukkel met dwelms en drank. Ons as Namibiërs waardeer dit.



Ai mense. As ek so terugkyk die pad wat ons Namibiërs aankom, dan weet mens nie moet jy jubel of traan nie. Gee pluimpies waar dit toekom, soms is dit 'n bietjie seer, maar dit bring jou terug van waar jy kom. Jou lewe is gebou op 'n fondasie en nie los nie, daarom is daar geskiedenis so gering soos dit is. Moenie berge versit nie, hulle sal jou nie betaal nie. Net die stukkie of bietjie wat jy doen saam met jou nagedagte. Gee die grondpassie terug vir oubaas, hy rook pyp en nie zol nie. Wanneer jy op daardie pad ry mense, was dit 'n plesier. Hy rook pyp en dit hang in sy mond nie in sy sak nie. Vat my terug na die die 80's en vêr, vêr terug. Ek kan dit nie beter stel nie. Ek hoop die ouens wat skraap sal by oubaas leer en raad vra.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!