SMS'e vir 7 September 2021
SMS'e vir 7 September 2021

SMS'e vir 7 September 2021

"...wortel voor jou neus..."
Mandy Rittmann
So waar kan 'n mens die Walvisbaaise dokter, Y, verkla oor sy aan die wêreld verkondig dat mense wat ingeënt is teen Covid, super spreaders van die virus is?

Die AG djobo ons met Esau se maandelikse en die 2 miljoen pensioen wat sy ingetrek het. Wil komma regmaak, maar ons weet dis net ’n cover, want daai ouse pakkie lê nog stil. Hy wag net. - Suide Baster

Ja, asseblief Telecom. Wil ook graag weet wat gaan aan met ons Callmaker. Dis nou al amper twee jaar. Wat gaan aan?

Driver of Toyota Hilux N 131 352 W with beer advert on doors. Why could you not also fall into the queue on Friday afternoon at 13h50? This was on Mandume Ndemfayo Avenue and Eros Road at the robots. You had to force yourself into the front of the queue. Very bad manners.

Aan die persoon wat vra oor die Banktestament. Die wet sê 3,5% van die boedel, maar jy kan onderhandel vir enige persentasie laer as dit. Selfs tot minder as 1%.

The puzzling question is why the outgoing ECN commissioners are suddenly pressing for full independence and autonomy of this organisation? Some of the people ages at this organisation and should accept the fact of no return. Democracy is not recycling.

Pasop, ek hou jou dop! - JP van der Walt

Telecom, Telecom julle is pateties! Kry ander mense wat die werk kan doen.

Daar is nie toue Namibiërs wat wag vir ’n oudiënsie met Ousie Geingos en Tate Hage van Swapo nie. As mens dié twee se amptelike uitsprake en doen en late van die afgelope ses jaar gade slaan, kan mens die afkeer en verwydering teenoor hulle goed begryp. Liewer dan die tuisbly en struggle op my eie werf. - Peet Venter Snr

Nou wil hulle wortel voor jou neus hou met 1 000 dolar of grondwetlike reg. Wat van my reg dat ek net JJ-enstof sal vat, maar wanneer sal dit beskikbaar wees, want hier kom groooot korrupsie en waar moet die geld vandaan kom. Ons kan nie weer die petrolprys opsit nie, betaal korruptes af, dan spaar ons miljarde en skors sonder pay, dan sal als verander.

Kan die Ministerie asseblief plan maak met die Mathematics onderwysers van 'n sekere skool op Otjiwarongo. Veral die onderwyseres wat heeldag agter die tafel sit en klas gee. Ons kinders druip Mathematics oor haar. Groot asseblief sy hoort nie daar nie.

Maar selfs nou nog, spreek die Here, bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklag. En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die Here julle God, want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid en Een wat berou het oor die onheil. Wie weet of dit Hom nie weer sal berou nie, sodat Hy ’n seun sal agterlaat? ’n Spysoffer en ’n drankoffer aan die Here julle God. Blaas die basuin op Sion, heilig ’n vasdag, roep ’n vergadering saam! Versamel die volk, heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die kinders en die suiglinge! Laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek. Joël 2:12 - 16 AFR53.

Baie geluk, Brian Katjaerua, met jou voorsitterskap by die paaieowerheid. ’n Mens kan sien jy is ’n man wat kan voor vat as ’n mens na al die nuwe paaie kyk. Wil jy nie asseblief staan vir President van Namibia nie?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!