SMS'e vir 8 April 2019
SMS'e vir 8 April 2019

SMS'e vir 8 April 2019

". . . skud ek my ou gryse kop . . ."
Mandy Rittmann
Ons is baie trots op die kusbewoners en diereregte-organisasies wat die McLaren-sirkus boikot. Kom Namibiërs, laat ons almal saamstaan om hierdie wrede praktyke vir eens en altyd te verbied in ons land en die res van Afrika. Ons merk toe sowaar ook op dat die McLaren-sirkus se vennoot Yin Yang Investments is. Dankie Republikein dat julle ons altyd ingelig hou. Julle het uitstekende joernaliste! – Diereliefhebber



Swapo Government, as julle koste wil bespaar, verminder julle ministers met die helfte en ook die NDF met die helfte, want hulle doen niks. Speel net op hulle selfone die hele dag. Ons soek 'n nuwe regering wat ons land uit hierdie gemors kan kry waarin Swapo ons gedompel het.



Nama of nie! As Katrina (minister) skuldig is, moet die gereg sy gang gaan. Ek respekteer die Nama wat saam met ander staan. Dis nie 'n eenvoudige saak nie. Sy sê sy is onskuldig, maar klomp mense het getuig dat sy skuldig is. Glo mens een mens se storie of 'n klomp mense s'n?



Gaan president Hage hierdie Easter in Nambië bly, of gaan hy weer met sy vrou na China vir 'n ampsbesoek soos laas jaar?



Ai, die droogte is verskriklik, maar alles lyk so oorbewei ook. Ek het 'n vraag – as dit reën, is daar darem 'n saadjie of graspolletjie wat kan groei?



“Wild vrek op strepe”. Die boer en regering sal kyk hoe die wild vrek, maar dit nie aanbied vir die jagter teen 'n billike prys nie, so ook nie vir organisasies wat die vleis kan gebruik vir minderbevoorregtes nie.



Gun elkeen sy plek in die son. Ag, Republikein, kan ons nie eerder Herr Dominee De Koning se klaagliedere uit die briewekolom los nie? Laat die mense direk mekaar die stryd aansê. Ons land het groter dinge wat ons aandag verg as bitterspu en vuurtonge. Van: 'n Gay man wat nie meer tyd het vir hierdie nonsens nie.



You worry about good, cheep not pumped-up import chicken? Well, your expensive pumped-up chicken makes me sick. And why 2 million Namibians must struggle and pay for extra water, just that you make money.



Die meneertjie en die dame van Schlip wat nou die dag met dagga op julle gevang is, dink daaraan hoeveel families vernietig julle. Jy, meneer, is weekliks op Rehoboth.

Is dit dan nou die voorbeeld wat jy moet stel? Staan op en gaan werk soos ons ander mense as jy nie jou uitgawes kan dek nie. Lig loop!



MultiChoice. Ja, regtig, ons sal dit waardeer as julle vir ons naweke 'n sportkanaal kan gee vir rugby, want nie almal kan die volle pakket bekostig nie. Asseblief, sal so waardeer!



Oor die WhatsApp van Parkstraat op Otjiwarongo. Dis nie al waaraan die munisipaliteit hulle nie steur of net beloftes maak nie. Die dorp gaan agteruit en hulle steur hulle nie daaraan nie. Die geld word seker vir ander doeleindes gebruik en nie om die dorp in stand te hou nie.



To do the right thing. Even when nobody is watching or will ever know about it, is called integrity!



Ja, 'n kind kan sonder 'n vader se naam geregistreer word. Ek het myne 18 jaar terug geregistreer, toe die spermskenker ge-awol het.



Op 5 jaar het ek ook vir die grap-omie in die sirkus gelag. Nou, op 80 jaar, skud ek my ou, gryse kop vir die grapmannetjies in die parlement. – Pietrossi



Wil net baie dankie sê vir 'n mooi, vriendelike suster, Susan Schroeder. U is werklik 'n Florence van ouds. U laat voel 'n mens so kalm daar waar jy wag vir die bus om Okongauri toe te gaan. Wens daar was meer sulke nurses soos u. God sal u seën, want u is 'n juweel. Dankie suster, vir wie u is. Moet nooit verander nie. - 'n Bewonderaar



Een man het drain-tenders, sekuriteittenders en toilettenders gekry op meer as drie plekke. Klaskamers ook gekry en sal nou weer nuwe sekuriteittenders kry. Laat die voorsitter en goewerneur vir ons verduidelik hoe werk sulke goed. Terwyl daar werkloosheid is, word net een man se maag gevoed.



Ek stem saam met Hentiesbaaier oor wat Bank Windhoek vra vir kontantonttrekkings by hul OTM'e. Nee regtig, maak 'n plan, mnr. Chris Matthee.



Na gelang van 'n SMS wat lui "ek is so bly ek is nie 'n Nama nie". Ek is net so bly jy is nie 'n Nama nie, want die eienskappe wat jy daar openbaar, pas nie by 'n Nama nie. Ek wonder watse nasie of ras is jy? Watter slegte eienskappe het jou ras, wat jy nie by ons Namas kry nie? Hou op alle Namas oor een kam skeer. Jy weet duidelik niks van Namas af nie, so bly in jou baan wat ookal jou ras van oorsprong is. Ek hoop nie jy kry eendag 'n Nama se hulp nodig nie. Ek is bly ek is nie daardie lafhartige ras van jou nie.



L. Motinga – kliëntediens moet baie by jou leer. Old Mutual, julle moet hom waardeer. Hy's uitstekend. Dankie, Lewelyn.



Ek soek na iemand wat brei met 'n masjien. Kontak 081 245 2377.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!