SMS'e vir 8 Augustus 2017
“Ek is nie ryk of superryk.”
Die pad tussen Walvis en Solitaire is so haaglik die toeriste ry langs die pad. Sies man, skande!
Ek het geweet daardie hout sal nog probleme bring. Ek het eersteklas ondervinding van daardie hout gekry. Ek het dit self vervoer uit Zambië tot in Walvis, dit het net probleme gegee. Die lorries word oorlaai en die drywers moet wag dat die weegbrug toemaak voordat gery word. Die lorries breek langs die paaie van kan geoorlaai wees.
Drie hoera's vir Botswana. Laat die reg by Botswana gaan leer. Hul president gaan soek selfs saam na moordenaars en smokkelaars. Waar sal jy dit in ander lande kry? Hier jaag hulle met sirenes en druk die arme burgers heel van die pad af. Dis ’n skande hoe dit hier in Namibië en Suid-Arika gaan. Moor, plunder en wat nog is aan die orde van die dag. Laat vlieg Botswana se president in om hier te kom klasse gee in orde. Dit sal een groot en goeie belegging wees vir ons almal se veiligheid.
"Struggle kids" maak soos hulle wil en die "tow-inns" ook, maar wil net praat oor hul regte en onvanpaslike reëls wat teen hulle gemaak word. Toe word die manne gedreig die wet sal toe gepas word teenoor hulle. Hulle sal seker beboet of erger, toegesluit word.
“Ministry of Finance!” Wie gee julle die reg om geld van my bankrekening af te trek? Waar ek julle nie ’n sent skuld nie. Julle is nie net pateties, maar ook korrup. Zimbabwe nommer twee. Wat ’n skande.
Ek wil graag reageer op ’n mening wat in Vrydag se koerant verskyn het, oor die ryk en superryk wat kla oor die N$50 per dag visvanggeld. Ons is nie almal ryk mense wat vis vang nie. Ek vang vis langs ons kus vandat ek vyf jaar oud was. Hengelaars is van alle inkomstegroepe. Ek is nie ryk of superryk. Het ook nie 'n 4x4 nie. Ry met my bakkie tot waar ek kan kom. Ek kom ook net een keer per jaar en is gelukkig as ek tien visse vang. Ek sien uit daarna om te hengel en uit te span na ’n jaar se harde werk. So nou moet ek seker bly waar ek is. Kusdorpe sal nie toemaak, maar kwaai verlies ly. Veral Henties.
’n Vriend wag met harde kontant, want wat is N$30 000? Moordenaar word vrygespreek weens onvoldoende bewyse? Man in tronk weens selfverdeging teen aanvallers op eie bodem. Korrupsie van miljoene en gewone man op straat moet meer belasting betaal om op te maak? Bou van sinkkaia is onwettig, maar ander onbekendes het dorpe en kettingwinkels wat net kwitansies op aandrang uitreik? Ek is tog lekker deurmekaar. Dalk kan deursigtiges leiding gee.
Bejaarde vrou vermoor deur drie mans - wat sê ons geagte staatspresident daarvan? Bring die doodstraf terug. Gee ons die landsburgers die reg om hul te straf vir hul wandade of moet ons belasting die mense in die tronk onderhou?
U wat uitlatings maak teenoor Swartbooi en Seibeb van "Swapo is nie van goedkoop politiek nie". Dink u ooit voor u praat? Die manne weet wat in die binnekringe van die party aangaan. Swartbooi en sy span dink voor hulle dinge aanpak, maar u is vêr van dink af. Sit agteroor en kyk mooi wat aangaan in ons land.
As ons sake mooi bekyk, is dit die waarheid. Daar gaan ’n draak uit die Ooste van die aarde te voorskyn kom en die aarde verwoes. Jaaa, kyk in ons land Namibië.
Chinese tusk smugglers get 30 000 fine. What a joke! They probably made 3 million over years of smuggling. Chinese involved in 3.5 billion scam, one does not pitch up for court, another conveniently dies in China. The others given bail in spite of danger of absconding too and intimidating witnesses. What is wrong with our justice system? Corruption stinks! Why are Chinese being protected and by whom?
Om verskoning te vra is nie sonde nie. Jy leer om iemand te vergewe. Swartbooi, leer jou kinders om altyd verskoning te vra al was hulle reg volgens die Bybel.
Ek verstaan nie hoekom minister Shaningwa nie die Swapo-dorpsraad op Rehoboth afgedank het nie. Na alle diefstalle, geldstelery en onderduimse grondtransaksies bly sit hulle daar. Geseënd is die God en Vader wat die gebied aan die Rehoboth Bastergemeente gegee het. - AJB
What a shocking revelation of Tjekero Tweya's push for a single gateway government controlled system of communicating with outside Namibia. Our people have to wake up to the determined destruction of Namibia’s democracy by self-serving communist, corrupt leaders. For how long can we wait until the country is completely destroyed? We await the final word on this from the President.
Mr President! Do you read the papers and comments from the people? Every single newspaper screams with exposed corruption, especially in Government and you are silent? Nobody held accountable, no prosecution, no consequences! Corruption is the downfall of this country. Your promises to eradicate these practices are empty promises!
Moord by Swakop! Hoeveel van die sieklike moordenaars sit nou al in die tronk of is op borgtog wat weer en weer moorde pleeg? As die doodstraf wettig was, was al die moorde nie daar nie! Hoe lank nog en onskuldige mense!
Geagtes, ek vra asseblief, help my! Hoe lank neem dit as jy uit diens ontslaan is. Ek sit nou sonder betaling. Kla, maar dit help nie.
Mnr. Venaani, jy wil die president sien, dan sê jy weer jy sal nie deur hom iets gesê word nie. President is deur mense gekies. Hy luister en praat. Gaan na DTA en besluit vir hulle.
Struggle Kids! The strongest possible argument in favour of responsible family planning.
Stel reservisverkeersbeamptes aan om die padmoordenaars te help vasvat.
Dit wil my dan voorkom of ons president se onderrok begin uithang.
Swartbooi sê apartheid was goed, Swapo het beloftes gemaak en werk 27 jaar daaraan. Swapo koop plase, gee vir mense huise, skole en paaie word geteer, net om 'n paar te noem. Ek is 'n gebore Damaraseun, maar sien my vandag as “all in one”. Swapo is my DNS. - Chris Ott
Dear Prime Minister, the only structural obstacles to equality were put there by Government not the private sector. Stop telling lies to the Namibian people. Government is responsible for poor education, poor public healthcare and slow delivery of serviced land. Continue with NEEEF and see our economy reduce even further until everybody is equal equally poor.
The Ministry of Finance and the procurement Board of Namibia should investigate the establishment of August 26 company. Who is the owner? Why are they guaranteed the Government jobs? Why is it headed by unqualified old military generals while the qualified youth is unemployed? Who enjoy the benefits? Please explain to the public and do away with organised corruption set ups. Military uniforms can be made locally by any company.
In die goeie ou dae in die bestaan van die Interkerklike Jeugvereniging het ek nie soveel bandeloosheid gesien nie. Ons jeug het morele waardes en standaarde gekweek. Danksy die dinamiese leierskap van Ungle Reggie, Uncle Malcom en Uncle Stan. Ons het regoor die land getoer en konferensies en jeugkampe gehou. Die kersie op die koek was die "sing outs" waar menigte hul lewensmaats ontmoet het en wat vandag suksesvolle manne en vroue is. Dankie Uncle Reggie, jy was en sal my mentor bly.
Goedkoop politieks? Jy wat so 'n stelling aan Swartbooi en Seibeb maak om te gaan waar hulle wil, el wil net vir jou sê dis baie beter dat hulle gaan as om by die korrupte Swapo te bly. Dis twee intelligente manne daardie. Gaan leer by hulle iets. Dan sal jy ook nie sulke snert kwytraak in die koerante nie.
Ministerie van landbou, water en bosbou, Namrights en LAC. Hoekom "investigate" julle nie ook wat in Tsumkwe-Oos en -Wes met permitte gedoen word nie. Of beter, stuur die mense na die Caprivi-staatswoud om die woud vinnig vir julle uit te wis. Teen ’n prys miskien?
Mervin du Plessis van MTC Walvisbaai, baie dankie vir uitsonderlike diens. Ons kan almal by jou leer wat skitterende diens is. Een uit ’n miljoen!
Iemand wat die nommer van Marietta Theunesin het, kan tog asseblief vir ons dit in die koetant plaas. Sal dit baie waardeer.
Die nimmereindigende boodskappe in die koerant oor en van Joos Platt raak nou agtertangs en grens aan die absurde! Waarom word dit steeds geplaas? - Coffeé

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie