SMS'e vir 8 Augustus 2019
SMS'e vir 8 Augustus 2019

SMS'e vir 8 Augustus 2019

". . . goudmyn en trots."
Mandy Rittmann
Hoekom is Rehoboth Town Council se kragskuld by NamPower meer as 90 miljoen Namibiese dollars, terwyl meer as 90% inwoners koopkrag het? Eerste minister, gryp in asseblief en is daar nie korrupsie betrokke nie? Ons as inwoners ly daaronder en doen die verantwoordelike ministerie iets daaraan?

?Reho Spa, eens Rehoboth se goudmyn en trots. Die Rehoboth Trust het dan geld uit 'n oord gekry vir opknapping van Reho Spa?

?Mass mussel harvesting: this has been going on since 2017 already! Not inline from the beach but also by pulling 1 meter wide rakes in the seabed. Does that not disturb breeding grounds? The size has been brought down from 38mm to 28mm, does that not deplete the breeding stock? Have the required detailed reports been submitted by Fermar and can they be published please? It is shocking what Namibian resources are being plundered for the government friends Asian market, with government sanctions. What next? Shocking!

?Is dit nie beter as name van operasies soos Kalahari Desert net uit een woord bestaan nie. Dus Operasie Kalahari. Is daar dan 'n ander Kalahari as die woestyn? Wikipedia is nie altyd reg nie, maar sê Kgalagadi (uit Tswana) beteken "waterlose plek". Dit gaan moeilik met die water, maar die hele land is darem nie sonder water nie. Die wetsbewakers tree mense oor hul "kgala" (groot dors) - in verskeie opsigte, maar dalk kan die polisie vir ons vertel presies hoe hulle op operasie se name besluit.

?First time in my life that I saw a traffic officer cleaning up an accident scene. Sweeping in her uniform. Well done, Melise! - J. Goeieman, Keetmanshoop

?Ek het sewe kinders en is baie lief vir hulle. Ek is nie spyt oor een van die kinders wat ek het nie. Ek het ook nie sewe kinders by verskillende mans gehad nie. Ek werk hard om almal deur die skool te sit, maar het nie ekstra geld om vir my seun 'n duur pak klere te koop nie. Ek bedel nie, so as u nie wil of kan help nie, is dit nie nodig om beledigend te raak nie. - Dankie Beulah

?Ek dink Blou Bollie moet meer sensuur in die SMS-kolomme toepas.

?Is tog asseblief dringend opsoek na twee love birds voëltjies vir 'n twee jarige dogtertjie. Kontak my by 081 475 6262.

?Ek bly by die Beukes-flats in Kuvuki, Rehoboth, en die geraas daar maak my mal! Elke naweek is dit net blerrie musiek, 'n gesuip en 'n bakleiery tot drieuur die oggend. Moet ek die cops bel of gaan julle ophou?

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!