SMS'e vir 8 Desember 2017
SMS'e vir 8 Desember 2017

SMS'e vir 8 Desember 2017

“. . .in watse land. . .”
Mandy Rittmann
Namibië polisie se motorkades jaag soos besetenes vir "die veiligheid van 'VIP' en 'VVIPs'". Is die verkose mense dan bang vir hulle eie mense? Geen wonder hulle is so verwyderd van realiteit en hulle kiesers nie.

19 mense dood op paaie, moord, verkragting, kinders slaan mekaar dood en babas word weggegooi. Half klaar geboue, geen geld om verder te betaal nie en vuil hospitale. Sê my, in watse land bly ons?

Sjoe! Ken die verkeerbeampte nie sy werk nie, of skiet daar ’n tekort by opleiding. Meneer die verkeersbeampte met voertuig Pol 8381 wat Sondag net voor Vergenoeg op die Usakos-Arandis pad voertuie gestop het. Ek aanvaar vir roetine ondersoek. Weet jy, dat jy die oorsaak was dat voertuie amper agter in mekaar vasgery het. Ek myself moes rem aanslaan dat my kar se bande swart strepe gebrand het op die ryvlak. Jy staan so in die pad dat niemand jou kan sien nie. 'n Konvooi voertuie en skielik moet almal rem aanslaan. As julle roetine voorstane doen, trek asseblief die voertuie van die ryvlak af. As jy almal wil stop, trek almal af, maar dit wat jy doen gaan ongelukke veroorsaak, mense beseer of dood. - Bekommerde padgebruiker

How did Angelina Simana Paulo get the NCAA CEO job if the post was never advertised? ACC Director should attend to this issue. Meanwhile, PM should be decisive and not allow ministers to get away with such anomalies. Minister of Works must explain as line minister and Minister of Public Entreprises should also be kept informed.

Verpleegster by Keetmanshoop-staatshospitaal, ongevalle, dagskof loop en staan heeldag rond en doen niks. Ag nee! Die jong mense wat vandag in verpleging gaan, is net daar vir die salaris en nie vir die passie nie.

Minister van arbeid, Windhoek stuur asseblief vir Keetmanshoop bekwame "labour" mense. Ons probleme word nooit opgelos nie, ons sukkel om ons vier maande se agterstallige geld te kry by Nkasa Sekuriteit, dit bly net die regering betaal hulle nie, maar die base en toesighouers "pay", maar Unam en hospitaalwagte van Keetmanshoop pay nie.

The family in Omusati Region with mysterious fires should find out who the arsonist is. It’s not a mystery, it is someone in their family or a neighbour. Get the police to investigate. The fires keep returning not by themselves but because someone is making the fires.

In response to the SMS in your paper on the Director of Heritage Council a brother of the Deputy Bishop. It’s such a pitty that some people are employed in the ministry of jealousy. Thank you for the publicity. – SMA

Kennisgewings in Mandaryns/Chinees op Hosea Kutako lughawe? Hoekom? Die rede dat dit meer Chinese toeriste sal lok, is tog onsin!

Meneer met die wit Range Rover N101W het op Sondag 3 Desember gejaag en onbedagsaam bestuur op die Swakopmund/Okahandja-pad, voertuie in ’n konvooi verbygesteek sonder om ander padgebruiker se veiligheid in ag te neem. As jy nie jou lewe lief het nie, ons ander motoriste het wel ons lewens lief. Leef en laat leef.

Ek wonder op vakansiedae en Sondae waar gaan die baie GRN-voertuie heen. Almal werk of is seker nie op pad werk toe nie. Belastingbetalers betaal daardie brandstof.

Ek wil graag vir ds. Pedro, die kerkraad en bestuur van Rynse Kerk Noord bedank vir die spesiale nagmaaldiens vanoggend. Vir die eerste keer vandat ek ’n senior is het ek so ’n spesiale diens bygewoon en bo alles, so ’n groot geskenk gratis en verniet ontvang. Dit word hoog waardeer. Julle het die kerkdeur vir my oopgemaak en ek voel baie tuis. Die verpakking van die pakke moes tyd geneem het en ook die aankope. Baie, baie dankie. Van ’n lidmaat wat waardering het vir die gebaar. Julle almal is kosbaar. Geseënde Kersgroete.

Speed bumps for Okahandja streets? There are enough speed bumps, but upside down.

Shamefull plundering of tax payers hard earned cash is a shocking daily occurrence. How is it that the newspapers and Deloitte has proof of this and yet, when you’re caught stealing you’re suspended and then just sort of "resign". Stop this nonsense and jail the thiefs without bail. No wonder the public has lost faith in politicians!

Kind van 5 slaan ‘n 2 jarige dood: Kinders volg die doen en late van dit wat hulle by grootmense sien!

Namibia, “Land of the Brave?” Ek wonder darem elke dag. Ek lees net al hoe meer van chaos, ongeërgde optrede deur regerings en semi-regeringsinstansies. (Onbeantwoorde telefone, onbeholpe beamptes. swak maniere, ens.) Chaos by die staatshospitale (jy hoef nie selfmoord te pleeg nie, gaan hospitaal toe). Publieke padgebruikers wat hulle lisensies hoe en waar gekry het. (Onnodige, noodlottige en grusame ongelukke veroorsaak deur roekeloosheid, nalatigheid en arrogansie.) Oor 5 jaar, hoe gaan Namibië, “Land of the Brave”, dan daarna uitsien? Nou alreeds is dit Namibië, “land of destruction.” May god help us.

Kan iemand my tog sê wanneer klappers geskiet word en wat is die doel daarvan?

Ek wonder wat die rol van die opposisie is. Die bedrogkind het binne 27 jaar gegroei van duisend miljoen na biljoen (sic) en is vinnig op pad na triljoen en miljarde! Kan opposisie nie by buurlande kers opsteek nie?

Ek wonder wat sal gebeur as Swapo die volgende verkiesing verloor en na 2030 wat sal verander?

To Mr. President and to the Mayor of Windhoek. As long as u don’t enforce rules re neatness in the country Windhoek will never again become the cleanest city in Africa.

“Landless people”, staan op vir julle regte, staan langs Bernadus Swartbooi. Ons is baie, ons kan vêr verby Swapo se leë beloftes sien. Ons kan vir Swapo wen!

Wil tog net die inwoners van Gibeon vra, ons moet veg vir ons regte. Die skole maak ook nou gebruik van apartheid tussen ouers, ons moet wakker word. By sommige skole gaan dit nou meer na familie. Wat word dan van ons ouers, hoe lank wil ons stil bly? PS, tree in asseblief!

Verstaan nie waarom kruisig almal vir Dippenaar nie. Ja, hy het ’n fout begaan. Ja, daar is mense wat hul lewens verloor het, maar die Bybel sê tog ons moet vergewe. Dit is vir God om te oordeel en nie die mens nie. Los laat die gereg sy gang loop.

Ek is ’n 52 jarige dame en ek soek asseblief ’n bed. Ek slaap op die vloer en my beddegoed word vreeslik vuil. Groot asseblief! - 081 890 3062

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!