SMS'e vir 8 Desember 2020
"Sit die ouens uit . . ."
Graag wil ek die mense wat so traak-my-nie-agtig is met die makers waarsku dit is realiteit. Ek was gister (Sondag) in ’n winkel hier in Windhoek en die bakkers dra hulle maskers om die nek. Nou weet ek nie of hulle deur hulle nekke asem haal nie of wat. Hulle stel nie net hulself in gevaar nie, maar die ander kliënte ook. Vir besighede: julle het sekuriteite by die besigheid. Laat hulle toesien dat die mense hulle maskers dra asseblief. Dit gebeur byna by elke besigheid waar jy ingaan. Sit die ouens uit wat nie die protokol nakom nie.
Governor, pastoor April en raadslid Dausab, in Schlip het ons 'n waterprobleem. Ons vergaan. Help ons asseblief.
Ai, dr. Obholzer. Ek stem saam met alles wat dokter sê, maar bly liewers uit die politiek uit. Al die liberales, dokter inkluis, blameer Trump vir die sterftes in die VSA, maar vergeet dat die coronavirus eintlik van China af kom! Of hoe?
Ronnie Swartz, kom terug Swapo toe sodat ons weer Swapo in Hardap terugbring asseblief.
Twee ellelange, vae, gallerige versugtinge/klagtes van ou Gertjie in Woensdag en Donderdag se Republikein. Asseblief redaksie, moenie u lesers met so-iets straf nie. Covid is reeds erg genoeg! – Pietrossi
Dr. Roux, Pathcare Eros baie dankie vir jou onbaatsugtige diens selfs op ’n Vrydagaand om 22:00. Geen moeite word ontsien nie. Jy is voorwaar ’n ster. Duisend dankies. – Andre
As iemand nie boumateriaal gebruik nie en dit lê rond in die jaarts soos ou sinke, pale en sement, ek sal waardeer as u my kan help asb. – 081 358 3376

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie