SMS'e vir 8 Februarie 2017
“. . . elke dag klagtes oor tenders . . .”
Ek wil graag weet watter soort kriteria word gebruik by die “government” tenders. Mense wat geen toerusting het om die werk of diens te lewer nie, kry tenders. Dan soebat hulle om gehelp te word, maar by betaaltyd moet jy die verskonings hoor: Die “government” het nie geld nie. Dit is langer as ses maande wat ons wag vir betalings van kontrakteurs wat ons skuld. Dan lees mens in die koerant dat daar genoeg geld is. Stop “corruption” en boetieverhoudings dat die land vorentoe kan beweeg. Ons moet ook ons werkers betaal, dan staan Jan Taks ook in die ry.
Oom Calle, jy sê mos julle het geld, so hoekom gee julle die belastingbetalers se geld wat aan hulle behoort, nie terug nie? Maak die staatsdiens kleiner, dan sal Namibië geld hê.
Die (beweerde) korrupte verbintenis tussen pres. Geingob en die baie ryk Chinese sakeman Huang is só deursigtig. Weet u president, ons kan almal groot sakemanne wees met 'n korrupte regering. Hab 1-4: Die wet het nie meer krag nie en daar geskied nie meer reg nie. Slegte mense het die oorhand oor die goeies en so word die wet verkrag. Nie verbaas nie.
Rehoboth-dorpsraad, waarom so stil oor die sny van die krag? Laat hoor van julle. Hou op om mense wat afgelê is te betaal, dan sal daar genoeg geld wees. Meneer spog dat hy lekker boer en salaris kry. Hy is nie die enigste nie. Wat van ons wat krag koop?
Outjo-mense maak beswaar teen Chinese se wettige slagpale. In Noord-Kaap het twee Christen-faksies mekaar aangevat. Een kant sê hulle het gebid vir uitkoms en nou kry hulle 'n inkomste uit hul donkies. En die ander kant sê Chinese gaan horings tussen die velle uitvoer. Verteenwoordig ons nou die liefde of oordeel?
Regarding Merero's fight in Johannesburg on Saturday, if I had the authority I would have forced Nestor Tobias to call it a day. It is unacceptable that somebody who claims to know boxing and boxers deliberately failed to have seen beforehand that Meroro's time in the ring has expired. For heavens sake! Namibia doesn't need this kind of humiliation. You embarrassed the Namibian boxing fraternity. Shame on you! Just quit boxing. Full stop.
Bernadus Swartbooi, ons is baie trots op jou. Ons staan agter jou, ons bid elke dag vir wysheid en sterkte vir jou. Hou vas aan die soom van die kleed van God.
Mens koop elke dag in Rehoboth N$20 se krag en hulle gee jou minder as N$20 se krag. Nou waarheen gaan die geld? Na die winkeleienaar se sakke?
Aan Hardap se plaaslike onderwysbestuur: Gebruik asseblief die gelde vir gereedskap vir M&K en nie vir S&T nie.
President Hage Geingob, hoe kan u sulke uitlatings maak dat boere nie grond in Angola kry nie? Dit sou voedselsekerheid in Afrika verbeter het. Jy sien self kinders gaan daagliks skool toe sonder toebroodjies. By die huis is ook glad nie kos nie. Duisende mense uit Afrika stroom oorsee in bote vir 'n beter lewe in Europa. Pasop dat dit wat in Amerika gebeur het, nie in Namibië gebeur nie. Hou op met politieke propaganda.
Mariental Nampol: My oupa is al die 20ste Januarie gestamp deur 'n taxi en ons het die saak aangegee, maar die ou ry nog sy taxi soos hy wil en maak opmerkings. Moet ons die risiko self vat of hoe? My oupa loop nie meer nie en ek is baie hartseer.
Het die Chinees Jack Huang nou die Guptas van SA in Namibië geword?
Gobabis-munisipaliteit! Maak asseblief die gate in die teerstrate reg wat al so lyk vir jare en net erger word. Dit is 'n skande! Maak die dorp skoon ook. Die belastingbetalers verdien dit om in 'n netjiese dorp te bly. Gee die opdragte, meneer die stadsklerk of burgemeester. Wat van 'n tender as julle nie weet hoe om 'n netjiese omgewing te skep nie. Asseblief tog, kry net lewe.
Wat dink u van leuens? Dinsdag 14 Mei 2013, Suiderland spesiale byvoegsel: “Groot planne vir ontwikkeling” oor Tses se grootste glasfabriek ter wêreld. Wat het van dié plan geword? In die koerant word gesê tot 200 000 inwoners sou in Tses grou. Wat sê u vandag?
Civil servants “urged” to be ethical? Seriously, “urged”? Ethics should be a minimum requirement and standard for civil servants, and ANY corrupt individual should be prosecuted and locked up, but corruption is rife in govt and there are no consequences.
Ek wonder wanneer minister Sophia Shaningwa ook gaan kyk na die inwoners van Windhoek. Ons is ook op die NHE-waglys vir huise en erwe. Dit raak net meer en meer. Die lys gaan aan. Ek hoop julle doen iets daaraan.
Bernardus Swartbooi deserves a standing ovation for being willing to lose everything for truth and justice. We need more leaders of his calibre. Viva truth comrade, you will not be forgotten or despised in history.
Selfs ek wat nie baie van finansies weet nie, kan sien hoe word die land tot in die afgrond bestuur. En hoekom is daar elke dag klagtes oor tenders wat ongerymdhede bevat!
NBC is so terug in die verlede. Een maand op NBC1 en dan volgende maand op NBC3, stoei nou in 2012. Dan huil hulle oor lisensies. Kom nou reg asseblief, dan betaal ons.
Rhino Park-hospitaal. Ek is Dinsdag 31 Januarie opgeneem in die “day ward” en is te alle tye met respek behandel. “Blessed” en span, hou so aan.
Jy wat so oor die kop geslaan is oor Jorras Trading, hoekom het jou familie nie aansoek gedoen nie? Dit was mos oop vir almal om te tender. Ons weet wie jy is. Hou net op met die gat wat jy self besig is om vir jou te grawe, want jy gaan daarin val.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie