SMS'e vir 8 Januarie 2020
SMS'e vir 8 Januarie 2020

SMS'e vir 8 Januarie 2020

". . . sit sonder medisyne . . ."
Mandy Rittmann
Is almal besig om mal te word? Van wanneer af werk die polisielykshuis se personeel net normale kantoorure?

Ag, jammer dat die arme minister nou hoë bloeddruk gekry het. Ek dink die helfte van die nasie wat nie eens elke dag kos op hulle tafels het nie behoort ’n hoër bloeddruk te hê. Harambee! Namibia we love you.

Nogals opmerklik. Republikein skryf oor Griekwas en Bolandse sorge en Rapport oor die rugbykrisis hierso. Het ons regtig rede tot kommer, want die gedurige beeldpoetsery lyk verdag. Sê maar net.

Kan die privaat dokters en hospitale nie die staatspasiënte help nie, want staatshospitale wag vir medisyne. Die hospitale sit sonder medisyne, arme mens kan nie gehelp word nie. Vanaf 2019 lê en wag sommiges vir operasies.

Ek dink as Paulus Noa hier op Tsumeb gaan kom rond krap, sal hy dalk nog ’n rot kry met vlerkies. Hy kom elke naweek met 'n GRN-voertuig kuier op Tsumeb.

Ek was nou net voor Kersfees weer in Etosha en die paaie om Fisherspan en ander watergate is onbegaanbaar sleg. Die museum by Namutoni is in ’n slegte toestand. Die ligte werk nie, in die hoek van die lesingsaal lê ’n stukkende stoel, die plafon is besig om uit te val. Ja, dit is ’n skande, terwyl die Chinese ons land leeg dra.

Ons is baie dankbaar vir die reën, maar kan iemand vir ons sê: is dit laasjaar se reën wat te laat is, of Februarie en Maart se reën wat te vroeg is? Want diesel raak nou duur.

Ek voel ook soos die leser sê. Ons in Namibië het genoeg om ons mee besig te hou en om oor bekommerd te wees. Kom ons hou ons uit Trump se sake uit. Ons is ’n stippel in wêreld. Ons kan baie verloor.

Dit is nie verbasend nie dat die verlinkse Amerikaanse Demokratiese Party en hulle meeloper die TV-kanaal CNN en ander linkse trawante die uithaal ("taken out") van Soleimani as moord of doodgemaak beskryf. Soleimani was dit nie! Hy was doodgewoon uitgehaal uit die beskaafde samelewing. Trump kan in die oë van die Demokrate en CNN so by so niks reg doen nie, want hulle kan nie vrede maak met die feit dat Trump vir Hillary by die stembus getroef het nie. Trump mag sy foute hê, maar die Amerikaners het almal werk en die Amerikaanse aandelemark blom. Natuurlik deel al wat ’n Demokraat is onbeskaamd in Trump se suksesvolle administrasie.

Net om julle te waarsku. My man het ál die jare bygedra tot Social Security en net omdat hy tot 70 bly werk en nie sy Social Security op 65 aangevra het nie, weier Social Security om dit uit te betaal. Wie se geld is dit dan? Hoeveel ou mense se geld word so gesteel?

Dit is ongelooflik hoe swak die dokters se beplanning en praktykbestuur in Swakopmund is. Die enigste dokter by die praktyk is ook op roep by die hospitaal. Pasiënte moet ure sit en wag. Wie boet konsultasietyd in?

Lyk my hier in ons hoofstadjie slaan die een verkeerslig af, of flikker rooi, die oomblik dat 'n ander uiteindelik weer reggemaak is. Daar by die indraai vanaf die westelike verbypad by die Katutura-hospitaal het ligte ook vir dae vir een span karre rooi gewys terwyl dit hul beurt was om te ry. Maak tog asb. ook die vreeslike gate in John Meinert reg daar by St. George's skool voordat daar ook karre in gate verdwyn. Daai gat in die pad by die een indraai na Maerua Mall is ook gevaarlik . . .

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!