SMS'e vir 8 Junie 2016
SMS'e vir 8 Junie 2016

SMS'e vir 8 Junie 2016

Gerine Hoff
Dat Namibië ’n hidrologiese droogte beleef, is waar, maar wie kyk daarna dat ons ondergrondse bron besoedel word deur sekere myn- en eksplorasiegroepe deur toetsgate te laat boor met rioolwater en kraalmis vir water return by cavities. Wie is aanspreeklik?

Kom vat bietjie my patetiese onderwysersalaris en kyk wat jy met dit kan maak. Ons onnies kry bitter swaar, kan nie eens ’n eenvertrek-blyplek bekostig nie, mnr. George Simataa.

Korrupsie: Moenie korrupsie aan die owerhede rapporteer nie, veral nie as jy 'n sakeman is nie. Jy word so geviktimiseer dat jy later nie meer met jou besigheid kan voortgaan nie. Vra my, ek het eerstehandse ondervinding.

Persoon wat kla oor Ministry of Finance. Dit is so. Geen telefoon word beantwoord nie. Jy sal net deurkom tot by skakelbord, nie verder nie. Ook nie e-mails word beantwoord nie. Wees bereid om in jou kar te klim, parkeerboetes te betaal en te sit en wag om dié of dáárdie te sien om jou probleme op te los. Te veel onbekwame mense werk daar ter wille net van werkvoorsiening.

Die waterkrisis in die sentrale deel van die land blyk nou ’n sirkus te wees. Om water uit Kavango na Windhoek te kanaliseer, bied ’n minimale waarde en duurste, want die dorpe langs die beplande roete sal geen nut daarvan hê nie. Om water uit Ruacana te kanaliseer kan die kus en dorpe soos Omaruru en Karibib ook bevoordeel word wat ook waterbehoefte het.

Namibië in voorsitterstoel by teenkorrupsie-konferensie - baie passend, want in Namibië floreer korrupsie. Ons kan die ander lande nog iets leer!

Die CoW sirkuleer 'n brief waarin hulle sê ons mag nie gryswater (badwater) herlei na ons tuine toe nie. Mag ek dan 'n boorgat insit? Is die gryswater 'n gesondheidsrisiko? Is die muise, miere, slange en termiete ook 'n gesondheidsrisiko? Wat doen die CoW daaraan?

Die Suurlemoensoeker het geval. Iemand wat nie geskroom het om te vra omdat sy dit nuttig kon gebruik nie. Katrina de Koe, mag haar siel in vrede rus en haar familie vrede vind by God. Rus sag. Ds. Jansen en gesin

Wat ek nie verstaan nie, is julle moan en groan oor die oumense se verhogings. Hulle verdien dit! Hou op kinders kry wat se pa's weghardloop en staan op en gaan werk vir jou kind en hou op bedel. Julle is gesond genoeg om te werk!

Dep Minister Clinton Swartbooi, congratulations on "I won’t be silenced" in misplaced priority of new government building. I am proud of you! If only we had more government officials like you!

Hier in Block A dump ons ons vullis in die straat en gee nie om in of voor wie se erf dit waai of verder gestort word nie. Asb. inwoners, kom ons wees trots op ons buurt en stort tuinvullis op die vullisterrein en ons kombuisafval in ons vullisdromme.

Geagte pres. Geingob, wil u tog nie asb. ons dorpie Koës kom besoek nie dat u sien hoe dit lyk van die sinkhuise. En dan word ons nog krag voor ingesit. Kry ons jammer asb., want ons kan nie uit ons eie sakke bou nie.

Wil net waarsku, pas op vir streetkids, baie gevaarlik. Omgewing van Swamed-gebou. My seun aangeval oor sy skoene, baie lelike ongeluk veroorsaak. Ons moet nou betaal omdat hulle nie geken word nie. Wees op jul hoede.

As ’n tienermeisie op skoolbank swanger raak, klaar geboorte skenk en terug gaan skool toe, is sy ’n kind of ’n moeder?

Ons soek hulp. Waar en hoe kan ons Rössing sue vir die pyn en lyding wat ons oorgekom het vir die jare. Vir jare het ’n opregte company vir ons verneuk, gelieg en bedrieg. Hoe kan ons maak?

Wil net graag vir die nuwe councillor by mnr. Diergaard se kantoor sê jou foon word ingeluister en alles wat daar gepraat word, lê op straat. Jy het nie eens ’n kantoor nie, want Theo het al die dokumente ens. saamgeneem en nie eens die governor van Hardap region kan iets aan hom doen nie. Skrik wakker en doen iets. Jy het mos met 500 stemme gewen.

Ek is baie dankbaar dat die wêreld gesien het watter tipe leierskap ons het in die persoon van Johannes Barman wat vir Gustav wat sy plaas Jerusalem het, help om nog grond te bekom terwyl ek wat in sy authority area bly en ook aansoek gedoen het vir hervestiging, nog steeds wag en hoop dat my aansoek suksesvol sal wees.

Beverley Eksteen gebore in 1984 se ID en election kaarte is by die mobiele polisiekantoor oorkant Metro in Kleine Kuppe.

Inspekteur Wantenaar, die enigste persoon wat Blouwes-skool sal red, is juf. Vries. Ek is seker sy sal daai skoolhoofpos volstaan. Sy sal ver beter doen as die vorige skoolhoof. Dink daaraan as jy die kinders wil help.

Ons bly in Afrika, maar sidder en beef wanneer koloniale “base” van Westerse graderings (Fitch en Standard & Poor's) gebruik maak om ons te diskrediteer. Sal ons Afrikane die juk van die witman dan nooit ooit kan afskud nie? - Skandalig!

Wonder wat het van Kalkrand se tender geword? Het dit ooit klaargekom? Die kontrakteurs wat kwalifiseer vir daai werke kry dit nooit nie. Die kansvatters en vriende kry dit! Soek ’n antwoord!

Sterftes in staatshospitale en klinieke, dood op ons paaie, moord by sjebeens en huisbrake is seker die regering se weergawe van ’n bevolking-besnoeiingsplan. Of is dit viktimisasie?

RCC, wat gaan aan? Betaal die manne uit of gee ander werk of het julle die geld opgeëet?

Onverhoude oomblik. Wat 'n woord? Wat beteken dit?

Hoekom maak jy dit jou probleem omdat dit ’n soekblad is?

Kan polisie asb. patrolleer veral in oggend in Freesiastraat, Khd. Jong kinders erg met drugs en probeer by huise inkom.

Vir kykers met nbc DTT probleme skakel gerus 061 291 3205/6. Ek het flinke diens by die nommers ontvang.

Kan Cheryl-Ann (Leukes) Diergaardt dringend met my skakel ASB. Dankie EGP.

Geen wonder onderwysers doen net wat hul kan doen en niks ekstra nie! Die arme mense kry swaar. Kyk hoeveel van hul bly in sinkhuisies. Betaal die mense, gee hulle die agt persent wat hul soek. Ek glo dan sal elke onderwyser uit die pad gaan vir ons kinders.

Los Karanas se grondeienaars uit. Wat het jy al vir die gemeenskap gedoen? Staan op en beteken iets, dan kan jy ook iets sê!

Keetmanshoop-hospitaal se manne (cleaners) is elke dag dronk op die dorp. Hulle gaan nie eens werk toe nie. Daar’s van hulle wat van einde Mei af nog nie by die werk is nie. Environmental health se manne doen private werke as hulle aan diens moet wees. Al hierdie manne werk daagliks net 2 ure, dan raak hulle weg. Die supervisors weet hiervan, maar hulle is onbevoeg om die manne reg te ruk. Dis die reine waarheid. Kom kyk self. Daai manne sal niks oorkom nie. Dit gaan al jare so aan.

In die llKharas-onderwyskantoor sit ons met 'n dame wat lyk of sy meer in beheer van die kantoor se aktiwiteite is as die direkteur van die streek. As die direkteur sy goedkeuring vir enige voorlegging gegee het, is dit nou 'n gewoonte van die dame om dit te bevraagteken soveel so dat sy die direkteur op sy selfoon bel en konfronteer. Wat steek agter die optrede? Direkteur, doen ons 'n guns en stop hierdie dame!

Mens kla so maklik oor gemorspos, maar elke winter vind ek hierdie gratis verbrandingshulpmiddel kom handig te pas in die kaggel. Die hoë glans bladsye sukkel om aan die gang te kom, maar hulle brand die lekkerste. Ja toemaar, die steenkool en as gaan in die tuin in om die grond soet te maak, so daar word herwin ook.

Help! Die meme waar ons huur vra N$450 sonder krag, ons maak waterkaartjie self vol. Ons het ook nie ’n toilet nie. Ons is 8 huurders wat daar huur. Toe ek praat, sê sy ons moet iemand soek vir toilet en betaal. Wat maak sy met die N$3 600 wat sy kry elke maand? En sy bly in ’n ander buurt en ons bly in 8ste Laan.

Kan mnr. van Windhoek wat kankerbos cream en kankerbos kruie verkoop asb. weer sy nommer in Republikein publiseer?

Ministry of health, why must state patients wait up to 3 days at Keetmans state hospital for a 3 month prescription for the same medication? 3 doctors for Keetmans, Bethanie, Aroab, Koës, Berseba, Tses and surrounding communual places? These 3 doctors are overworked, totally outnumberd by the masses. Karas, the richest region with the poorest people. It's riches are being pumped into other regions. When will Keetmans state hospital be upgraded and become a referral hospital so southern patients don't have to be transported year in and out to Windhoek state hospitals? Please give hospital senior staff nurses and sisters permission or the right to give prescription medicine to state patients. They are experienced and equipped to do so while lifting the workload from medical doctors. Axaro

Weet julle verantwoordelikes onder watter sielkundige druk en vrees julle die bevolking plaas? Logies is tog dat as die inwoners van Windhoek verdriedubbel het, ook 3 maal meer skole, hospitale, klinieke, tronke, polisiekantore, huise, paaie. Waterreserwes moes lankal gebou gewees het. Moordenaars loop tussen ons, want daar is nie bykomende tronke gebou nie. Nou verstaan ek hoekom alles in Windhoek so agteruitgaan! Vreedsame, hardwerkende belastingbetalers is moeg en opstandig, want hulle moet sweet en betaal, maar kry swak diens en moet in angs lewe.

Ek stem saam met die vele klagtes oor RHB se paaie. Dis mos nie paaie nie. Dis riviere en diep dongas en slote. Wat te erg is, is darem net te erg. Ek betaal elke maand my eiendoms- en erfbelasting. Hierdie fondse is mos daar om die paaie en ligte in stand te hou. Maar die werkers het mos almal by die dorpsraad sulke hoë naam poste en die salarisse is daarvolgens. Rêrig, ons is moeg vir stof-gemors paaie.

Wat gaan aan met die bostoelae se uitbetalings? Hoe lank moet ons nog wag daarvoor? Doen jy navrae kry jy verskillende antwoorde!

Kan die president van Namibië tog op Klein Aub kom en die lewe van die plek kom kyk? Daar is nie werk nie, maar raak net swaarder en swaarder. Arme ou mens moet ook die huise betaal en as hulle nie betaal nie, kry hulle nie krag of water nie. Daar is ook nou koopwater ingesit sonder om die mense te sê. Ons beplan so iets. Klein Aub se mense kry swaar.

Ek dink daar moet eers ’n teerpad van Walvis na Swakop gebou word agter die duine. Vanaf 4 uur die nag dreun die vragmotors met hulle uitlaatbrieke verby ’n ouetehuis of deur ’n woonbuurt van Swakop. En dit word al hoe erger. Ons as belastingsbetalers het seker ook ’n reg op ’n rustige nag.

Ek wil vandag ons verkeersmanne op RHB bedank vir die diens wat hulle lewer. Laatnag bees van die pad weggejaag. Ons waardeer dit. Gereelde pendelaar

Kan munisipaliteit nie asb. humps in Tollastraat Greenwell Matongo insit nie? Want die mense ry asof hulle by Tony Rust ry.

Het ’n probleem met Transnamib se treine wat Suide toe ry en vanaf Suide Windhoek toe kom. Ek verstaan die lokomotief het 29 Mei die Sondagaand gebreek en ons die Maandag so laat hier in Windhoek aangekom. Hoekom hou hulle nie by die tyd wat hulle vir ons op die treinkaartjies skryf nie? Nou ry hulle te laat uit Windhoek uit en kom ook te laat in Windhoek. Hulle moet net weet dat ons is werkers wat daai trein klim. Asb., ons wil ook vroeg by ons werke wees.

Usakos munisipaliteit moet skoongemaak word. 26 jaar na independence en daar is geen ontwikkeling op die dorp nie. Die hele raadslede is vrot.

Kan iemand asseblief help met ’n kontaknommer in verband die Rössing pensioen surplus? My nr. is 081 310 9314.

Rehoboth-polisiemanne so korrup! Hulle vat dwelms vir gevangenes in, want hul gebruik dit ook en die wat nie rook, kry geld. Het dit self gesien, ken ook hul name. Wat staan my te doen? Hul chief doen niks aan die saak nie, want ek moet glo bewyse het.

Net ’n algemene regstelling. God se naam is Jehovah, nie die mense nie. Hulle is die Jehovah se getuies. Hoop dis duidelik. Hou op praat van die Jehovahs.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!