SMS'e vir 8 Junie 2017
SMS'e vir 8 Junie 2017

SMS'e vir 8 Junie 2017

“. . .drink terwyl aan diens. . .”
Mandy Rittmann
Studenteleiers geskors. Watse voorbeeld stel hulle? Swak! Gooi hulle permanent uit Unam. Hulle is opstokers.



Nie net koshuise wat verwaarloos word. Kyk na alle staatshuise/-woonstelle (langs Baines) en op platteland, oral, hoe sleg lyk dit! Hoekom kan die mense woonagtig in die huise/woonstelle nie self iets doen en dit verf of herstel nie? Mens het tog 'n trots in jou. En hul betaal minimaal vir die voorreg.



Munisipaliteit Mariental, ek wil tog net vir u vra wie het die verantwoordlikheid vir die mense wat in die straat op 'n munisipale erf sit en verkoop in die Aimeblaagte woonbuurt, en of hul goedgekeur is?



Rehoboth dorpsraad, vir hoe lank sal die water nog so vuil wees en stink? Los die geldlaaie uit - daar is niks meer om te steel nie - en gaan doen iets aan die water. Groetnis. - Great Uncle



Joos Platt, ek is een van die ouens wat positiewe boodskappe oor jou plaas. Kan jy my help? Ek wil 'n boek skryf oor die laksman en die doodstraf. Dit is deel van ons geskiedenis. Kan jy dalk reageer? Wil weet wie die Laksman van '77 tot '79 was. Asseblief.



Taxi's is openbare vervoer en die tabakwet ook daar van toepassing. Daar mag nie in taxi's gerook word nie. Rehoboth-taxi's geen uitsondering. Kan Rehoboth se verkeers­owerhede kyk na die ding, asseblief, asseblief. En sekere Rehoboth taxidrywers wat Granada drink terwyl aan diens is. Ons veiligheid, asseblief.



Ek stem saam, Otjiwarongo is vuil en die diere verander die dorp in 'n plaas. TransNamib is besig om deur bosse toegegroei te word. Dit lyk baie sleg.



Geagte Namibië, ek wil hê julle moet weet dat ek vreeslik geteister word weens die grondkwessie en dat dit moet in ag geneem word dat die gronde wat deur die Namas beset was nog steeds deur die wit boere van Gochas, Aranos en Koës oorheers word. Wanneer sal julle tot orde kom om die regte dinge te bespreek? So kan ons nie in skulde lewe terwyl ander alleen voorkeur geniet.



Wil net baie graag weet hoekom is daar so baie mense in posisies/werke/poste veral op myne met vervalste matrieksertifikate? Hulle is onbevoeg, ongeletterd, maar hulle is daar, en ons wat wettige papiere/kwalifikasies het, sit sonder werk. Wat 'n skaamte vir ons land.



Weet die regering dat daar mense is wat nou eers by die huis kom? Mense word aangerand, want weet jy dis nou eers 19:00, maar eintlik is dit al 20:00. Jy kan jou horlosie terugdraai, maar nie die son nie. Ministers, dis nie nodig om julle fout te erken nie, maak dit net reg.



Aan almal op die aarde as lewende wesens, weet in u hart die woord is lam. Dit is 'n Arabiese woord en dit beteken om die wreedste van jou sondes te vergewe. Dis nie 'n sekte of dogma, dis die wil van God. Alles word opgesom in Heb. 10 vers 1-18. “Eer jou vader en jou moeder en jy sal 'n lang lewe hê”, anders vreet die aas­voëls jou op. Groete.



Rössing-myn, laat die geld terugkom. Die groot kompleks wat hulle gebou het in Dubai, myn in Australia en die geld in Amerika. Laat die surplus se geld terugkom en betaal die ou werkers uit wat die myn opgebou het. Asseblief



Vorige SMS oor Western Suburbs is in die kol. So gaan kundigheid verlore met administrateurs, jong spelerstalent en selfs afrigters wat nie welkom is nie, want 'n paar diktators klou vas. Wees verseker die wiel draai.



Die persoon oor Suburbs praat waarheid. Ons spelers het ook huise en ouers. Rond jaag en dreig is wat?



Dis goed laat spelers 'n kans kry in die Welwitschias, al verloor ons met groot tellings. Waar anners moet ons spelers "exposure" kry?



Afrika skrik wakker uit jou nomadiese oerslaap. Daar gaan nooit ooit genoeg grond, behuising, mediese dienste, skole, voedsel ens. wees nie. Die aanwas (kinders maak) oor­skadu alles met 101 %. - SAP&H



Ek bly in Cimbebasia in 'n straat waar die regering gerus 'n hondekoor op die been kan bring. Sal graag wil hoor watter mannekoor hulle sal wen. Liewe klaer, ek voel saam met jou.



Dit behoort 'n beginsel te wees dat verkragters nie borgtog kry nie. Hoe baie gebeur dit nie dat hulle maar weer dieselfde doen terwyl hulle op borg uit is nie. - Jan Nel



Otjiwarongo dorp van die jaar. Maak nou nog net asseblief 'n plan met die vuil oerwoud langs die polisiestasie wat as openbare toilet gebruik word. Sies, man.



Government can you please urgently advise this new Notice to Suppliers advertised by all ministries again. So many documents from differ­ent agencies to get eg. Tax Good Standing etc and with a deadline. We as SMEs are busy getting our tax in order before end of July so we are excluded again. Please Government.



Suid-Afrikaanse lorrie-drywers wat so gevloek word. Jammer daaroor. Dink net hoe die beampte met sy huismense praat. Hy hoort nie die pos te beklee. Groot skande vir die ander beamptes.



Persoon wat sukkel met brandvoete saans: Smeer goed in met brandspiritus. Stink bietjie, maar help.



My nommer vir die bed: 081 378 0432. Dankie.



Ek sal ook baie bly wees om so 'n blessing te ontvang soos die van 'n bed. My selno. is 081 269 1594.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!