SMS'e vir 8 Junie 2018
SMS'e vir 8 Junie 2018

SMS'e vir 8 Junie 2018

". . .op hulle pos. . ."
Mandy Rittmann
Visvangregte: Sal mnr. Bernard Esau, die minister van visserye en mariene hulpbronne, die regering en opposisiepartye nie tog laat weet dat visvangregte nie verhandelbaar mag wees nie. Dit sal misbruik uitskakel. Regtehouers moet self visvang, asseblief! - Nugter van Windhoek



As die stadpolisie op hulle pos was en die verkeer gereguleer het, soos hulle veronderstel is om te doen, was dit nie nodig dat mnr. Ruiters moes inspring en probeer help om die verkeerschaos te beheer nie.



Verwys na skrywe in die Sun-koerant gedateer 7 Junie 2018 rakende staatstandartse wat nie praktiese opleiding ontvang nie: Dit is erg om te dink so 'n tandarts moet 'n pasiënt se tande herstel, maar ken nie praktiese prosedure nie! Dan is daar 'n volgende groot krisis. Die hospitaal het nie voorraad om tande te herstel nie. So 'n hospitaal is Walvisbaai-staatshospitaal. Wat kan gedoen word om die saak reg te stel?



Sooo! Sy naam is mnr. Nico Ruiters. Dankie Republikein en baie dankie mnr. Ruiters. Ons het veilig, kalm en gelukkig by Tura uitgekom. Ek was een van die passasiers in 'n munisipale bus wat gewonder het wie die gewone man is wat so dapper is om die verkeer onderbeheer te hê. Nee, Sersant Nomboga, neem hom onder u hand en train hom. Hy is goed, beter as sommige gekwalifiseerdes.



Absolute twak! Ek het self deur die stad gery tydens die kragonderbreking en ek was vir 'n lang tyd, veral op kruisings, in die verkeer vasgevang. Nêrens was 'n verkeersbeampte in sig nie. Baie dankie aan mnr. Ruiters wat 'n wonderlike job gedoen het.



Dit is net irrasioneel om te verstaan dat die regering en streekbewoners 'n eensydige besluit vir Namibië neem en volg wat tot algehele uitwissing van die enigste beskermde kiaatbome van die land sal lei. Was daar insette van Unam, Nust, die opposisie, Nanso en andere?



Nogal opvallend hoe lekker gesels Nelius Becker oor die Workers Revolutionary Party se saak. Gewoonlik is hulle (ACC ) toebek oor sake.



Dit help nie meer om die probleme rondom skole onder die Khomas-direktoraat van onderwys se aandag te bring nie. Alles val op dowwe ore. Die direkteur en die skoolhoofde is ewe hopeloos, maar is vinnig om met leë beloftes na die ouers te hardloop.



Vrotsig! Brave Warriors of is dit dalk Windhoek Favourits? Uit mekaar gespeel deur Bafana Bafana toe begin hul grof speel (Brave Warriors) om die geveg te wen, aangesien hul die wedstryd verloor. Dit is geen nasionale span die nie. Waar is die room van weste, suide en ooste? Fed-up.



Stem volkome saam. Die arme plattelandse skole se eerstespanne moet regkom met nege tot tien 0.16 seuns en dan nog steeds kompeterend probeer wees. Hoera vir Tsumeb Gimnasium, Walvis se Naartjies en Elnatan. Sterk staan, seuns.



Die huidige president is die swakste wat ons nog gehad het. In Nujoma en Pohamba se tyd was alles nie in so 'n vervalle staat soos nou nie. Noem dit: finansies, geboue, voertuie, parke, skole en hospitale. Alles stort in duie! Net die Chinese floreer.



Dade van rowers is niks anders as moord met voorbedagte rade. Ons regering, polisie, howe, ombudsman en menseregtekommissie moet sterker standpunt en optrede verseker teen misdadigers. Neem misdadigers en hul ondersteuners in hegtenis, verwyder hul uit die samelewing. Misdadigers en hul ondersteuners het uit eie keuse hul eie menseregte ontneem, dus verdien hul niks meer voorregte nie. - Medelandsburger



Kan iemand asseblief verduidelik hoekom neem Windhoek Gimnasium nie deel aan die privaatskolenaweek nie? (Die skool is nie 'n lid van die Namibiese Privaatskole Organi­sasie, Napso, wat hierdie byeenkoms aanbied nie. - Redakteur)



Ek wil net uitvind. Ek het nou langer as 'n jaar gelede hoenders gekoop teen N$80 vir 'n hen. Ons kry nie die hoenders nie, ook kry ons nie ons geld terug nie by die landboukantoor te Karasburg.



Wat gaan aan met Vaalhoek, Khomasdal se water. Dis elke week een of twee keer af. Dis nou eenmaal net te erg. City of Windhoek, ruk julle reg!



Rehoboth-polisie, ons sal nie ophou skryf solank julle nie Blok E se dwelmverkopers gevang het nie. Die steenhuise 2de straat. Daar is wat so in die strate rond sit en staan. Hulle waarsku die wat agter die huise sit en rook en die wat verkoop.



Inkomstekantoor se opgawe vir 'n oorlede persoon. Niemand is nog opgelei om name van hul rekenaar af te haal nie. Doodsertifikate en afspraakbesoeke aan die kantoor werk nie eens nie. Ek sukkel al vanaf 29 Oktober 1999 en 8 Julie 2008. As die rekenaar opgedateer word dan sal ons weet wat die stemgeregtige bevolking werklik is.



Liena, net jammer hierdie mense sal nie ag slaan op jou brief nie, want hulle is nie Christene nie en ken dus nie die versoenende liefde van God nie.



Wil net antwoord op die vraag oor inkomste wat nog steeds 'n opgawe stuur na iemand wat oorlede is. Vat doodsertifikaat met als wat gepaard gaan na inkomste en so sal probleem opgelos word.



Mario Guterres, ons mis jou geweldig op die radio 96.1 FM. Rus boeta, jy is net die beste. - Ouma Betty



Mario Beastmaster, jy is 'n groot vermisting op die radio. Jou persoonlikheid, jou grappe en lag. Jy beteken baie vir ons in Rehoboth.



Rehoboth polisie, in oupa liefie se naam! Help tog vir Blok E uit die kloue van dwelms. Erg, erg, erg!



Die burgemeester, wanneer word ons teerpaaie in gemengde lokasie reggemaak? Ons is ook mense, vuil riviere en alle gemors!



Baie dankie aan die munisipaliteit van Windhoek se span wat vandag (Donderdag) begin het om slaggate in Otjozondjou- en omliggende strate in Cimbebasia te herstel. - Inwoner



Environment: Thanks to Minister Pohamba Shifeta for underscoring in Parliament the essence of my SMS! So-called traditional authorities (purposely not capitalised) are simply archaic remnants adding nothing to future generations. They prostitute national resources for immediate and personal gains, such as the teak harvesting and sand-selling granted by the Mafwe and others.



Gaan kyk laasjaar se matriekuitslae dan sien jy die beste. . .



Baie geluk aan Republikein met die erkenning wat julle ontvang het vir die aantal vroulike joernaliste wat vir ons Afrikaanse dagblad werk. Welgedaan en doen so voort. Ek klink vanaand 'n glasie op die span en die hele Evasgeslag.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!