SMS'e vir 8 Maart 2019
SMS'e vir 8 Maart 2019

SMS'e vir 8 Maart 2019

". . . looi die hand wat hom voed . . ."
Mandy Rittmann
In die Kavangostreek, noord van Kanovlei, word daar steeds bome gesaag.

Wil net ’n stuiwer in die beurs gooi. CoW looi die hand wat hom voed, die publiek. As gemeenskap het ons seker geen sê in CoW se sake nie. Geldprobleme is ’n jaarlikse probleem. Ek dink dit sal die beste wees net wanneer daar tekorte is word die koei gemelk. As jy klaar gemelk is, word hy op die stêre geslaan. As die koei saamstem, moet ons as publiek saamstaan en net vir een maand hulle se water en elektrisiteit, selfs die levies staak, dan sal ons sien hoe kom hulle klaar. Ag nee a, so kan dit nie aangaan nie! Ons is uitgeput. Dankie CoW.

Keetmanshoop, staatshospitaal alweer sonder kroniese medisyne. Ek was die 1ste Februarie daar om Digoxin hartpilletjies af te haal by die apteek. By die huis gekom, sien ek die pille het einde Januarie verval. Weer hospitaal toe terug, sê die dame ek kan die hartpille vir twee tot drie maande gebruik ná die vervaldatum, want hulle wag vir voorraad van Windhoek. Republikein, vind bietjie uit asseblief. Hartprobleme is mos ernstige sake. 5 Maart nog geen Digoxin pille. – Keetmans

Geingob het vir SPYL ’n lekker pampoen gerol in verband met die anti-Chinese protes.

Graag verneem ek of daar nog sulke goed soos inspekteurs in Rehoboth bestaan, wie werklik weet wat by hul skole aangaan. Die skole behoort mos aan sekere hoofde en niemand kan iets sê nie. Watter prosedure volg hoofde om afgetredes aan te stel? Sekeres mag skoolhou en selfs in aanpassingsklasse sit kinders jare sonder vordering. Voorleggings aan HK en PS ens. is dit deurgaans konsekwent en is inspekeurs en HK bewus hoe sekere onnies oorlaai is met vakke?

Stem saam. Die man op straat sien hoe die Chinese Namibië verneuk, maar die grootkoppe wil dit nie sien nie. Calle, ou maat, o wanneer?

LPM moet een ding weet, in Namibië, Afrika is daar geen normale demokrasie nie. Die meerderheid etniese stam regeer, dan kry jy die meelopers, “joiners”, lekkers wat die vreemde aankleef, wetende dat dit ’n vreemde huis is waar vreemdes vreemd behandel word, behalwe enkeles. Die groot stam glo nie in ancestral land waar hul nie sal baat vind nie. Hulle beheer alles in die naam van “One Namibia One Nation”. Alles is en word vervreem deur majority rule. “Freedom is for children, what can it be for me?” – Namalander

God het gespreek en die skepping was daar. Behalwe toe daar mense gemaak word. Toe het God gesê, laat ons mense maak. Ons? Wonder ek nou in my onkunde, as Hy toe al probleme met die maak van die mens ondervind het, hoe op dese aarde dink die slimmes van vandag gaan hulle die ou spulletjie ooit reg gedokter kry? - Pieti Einstein

P. Ellis. “The milk in my coffee.” Simply stunning story and very true. - J. Malan

Baie dankie P Ellis vir jou baie waardevolle siening in jou brief: “The milk in my coffee.”

“The milk in my coffee” P Ellis. Skitterend, skitterend, skitterend! Sou alle Afrika-lande dit besef, was Afrika ’n paradys!

Aan die slangmoordenaar. As slange so gevaarlik is en gedood moet word, hoekom is daar nie ’n nasionale veldtog om alle slange uit te wis nie? Of alle bye of alle skerpioene of alle spinnekoppe? Glo jy alle mites en bygelowe wat oor generasies oorgedra word? Voel vry om jouself op te voed. Oningeligtes soos jy hou die land terug.

Marelize (rugbypaal) se ma se roepwoord in skrik/nood is vuil en lelik. Dit is Afrikaans vir die globale f**k (soos in luck). Onse mense onner in die Suide het altyd gepraat van n** (soos in raai). Die Bybel praat van hoereer. My woordeboek noem so iemand ’n lecher (one who freely indulges his/her sexual instincts). Kom ons hou ons taal suiwer en ons gedagtes rein. – Pietrossi

Ek is tog op soek na Afrikaanse boeke wat nie meer gebruik word nie. Soos taalgidse of enige boek wat kan help vir ’n taalonderwyser. Kontak my by 081 292 2941.

Ek het ’n skoonpa wat my lewe hel maak! Hy gebruik sy geld om my te verneder en my vrou is so blind soos ’n mol. Help Here help!

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer